Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -6 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -7 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -9 hours ago

Braai Burgers

Pretoria Tuine
Profile picture for user DK
Submitted by DK on
Forums

1) Enige Maalvleis en geur na smaak.

2) ''SLEGS' 'n LEë'' Bierblikke (Vol bierblikkie, beteken jy het genoeg gehad).

3) Repies Spek.

4) Enige vulsel na smaak.

5) Kaas (Ek persoonlik verkies Moserella.

Metode:

Vorm die maalvleis in ronde balle.

Druk in die middel van die maalvleis met ''leë'' bierblikkie.

Maak 'n stewige vorm om die blikkie en laat toe dat die maalvleis bodem ook redelik stewig is.

Draai die repies spek om die maalvleis om die uitmekaar val te voorkom.

Verwyder die blikkie versigtig.

Vul met gegeurderde vulses en kaas.

Plaas die ''burgers'' op die rooster (Die vuur moet nie warm wees nie)

Illustrasie Fotos:

1) 

1

2)

2

3)

3

4)

4

5)

5

6)

6

7)

7

Wees ''Vreedsaam''

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 13/04/2017 - 18:06

Ek is nou sommer honger, dit lyk lekker en maklik,  gaan bietjie toets.?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 15/04/2017 - 13:42

Ons kan dit doen.  Ek was nog nooit suksesvol met maalvleis op 'n rooster nie.  Sit altyd vas en val deur die rooster kole toe.   'n Hamburger pattie werk darem.  Miskien as mens die bacon onder ook sit?  

Ons gaan koud kry in Plett.    Hoe klink  beesstertpot, kerrie en rys, afval, pap en sous, boontjiebredie? laugh   

0

Ek noem eerder oom Koos, dit is baie makliker as die nuwe alfabet naamangry.

As die kole mooi afgekoel het, werk hy mooi. Hulle word stadig gaar en deeglik. 

@ Tannie Freda, as die vulsel loperig is, is die kaanse goed vir uitmekaar spul.

Terloops, ek het gister ń Oxtail pot gemaaklaugh.

Oom Koos of Alfabetlaugh, verander jou naam en maak dit makliker uitspreekbaaryes

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Sat, 15/04/2017 - 20:42

In reply to by DK

Met verwysing Na Dennis se kommentaar hierbo oor Johan Viljoen se gebruik van voorletters, en sy selfgekose naam van Oom Koos op die ander forum, en sy vraag oor prentjie (profiel) op ander draad, het Ek sommer grappenderwys " koos" prentjie geplaas, en gevra wat van so_iets, en dit was toe gebruik as profielfoto. Ongelukkig was dit verkeerde indruk wat Ek geskep het, en vra om verskoning daarvoor. Indien dit dan sou komplikasies veroorsaak, en die persoon sou geaffronteer voel daaroor, wil ek derhalwe vra dat Ek eerder van die forum verskoon word, instede van Johann dalk wil weggaan hier. Ek kon ongelukkig nie weer op daardie draad uitkom waar Johan vra waar die "koos" of pot vandaan kom nie. Ek sou Dan daar my verskoning aangebied het. Jammer Johan, dit was my skuld. 

Ek groet voorlopig. 

Dennis, jammer vir kaping van die draad, maar gebruik maar jou plasing om verdere moontlike probleme te voorkom.

 

 

 

 

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 15/04/2017 - 21:15

In reply to by Frans Pretorius

JPJS - Koos se prentjie

Frans hier is die inset met die prentjie aanmerking:  JPJSSat, 15/04/2017 - 12:26

As daar 'n verkeerde indruk gestel was dan is dit my skuld, want ek het die profiel prentjie geplaas.  Het ook die reaksie van JPJS gesien en toe gesien die profiel prentjie is weg.  Ek het toe maar gehoop daar is nie "bad" feelings nie -  maar toe sien ek darem JPJS gesels weer saam vandag en.

In elkgeval, julle moet maar 'n ogie oor my hou, ek rafel so nou en dan bietjie uit en raak dan sulke dinge kweit.  Jammer JPJS oor die pot prentjie wat ek onder jou profiel geplaas het, maar die profiele sonder prentjies lyk vir my partykeer so leeg en dan soek ek ietsie om daar te plaas...  devilangel

0
Bloemfontein
Profile picture for user OOM JEEP

OOM JEEP

Sun, 16/04/2017 - 07:25

Kom kom

Eks n ou oom wat glad nie grutshes dra nie. 

Verby. Vergete en en en en 

Weet julle wat.

Vandag is die eerste dag vir die res van my lewe. 

Vandag, duisende jare terug., het Jesus, die Koning van alle Konings die pad oop gemaak na die ewige lewe.

Hyt gesê. Die wat in My glo sal in der ewigheid nooit sterwe nie.

Kom almal 

Ons lewe die dag voluit.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 16/04/2017 - 07:39

In reply to by Frans Pretorius

Ag nee, Voortrekker moet sommer asseblief hierdie inset van jou verwyder Frans.  Wat jy daarin sê wil ek gladnie hoor nie en ook nie weer lees nie.  Daar is nikse geskuld deur enige iemand nie, dit was bloot 'n onskuldige grappie.   Jy word gladnie verskoon nie en bly net hier. Ons is te lief vir jou.heart

0

Jy doen alles om ons tevrede te stel en verdien net lof daarvoor.  Almal is maar soms fyngevoelig en kry bevliegings oor dinge, maar dit waai sommer weer oor.  Ons hoef nie 'n ogie oor jou te hou nie, jy beter ons net watch!!  Gaan jou nog gryshare gee en jy het juis so 'n mooi bos donker hare. wink

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 01/12/2018 - 16:09

Hier die lyk nou lekker ?

Op fb gesien.

video
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus