Ek toets vanoggend my wa se inloop rem skokbreker (as dit nou die regte naam is?) en my vermoede is dat ek die ding sal moet vervang.
As ek daarteen druk, dan druk dit redelik maklik terug, en na so paar keer se terug druk voel dit of die skokbreker meer weerstand begin gee?
Nou het ek die slim mense se advies nodig, is dit iets wat 'n ongekwalifiseerde ou soos ek self sal kan doen, of moet ek liewer hulp soek?
Die bed se gas lifts was maklik, maar die ding lyk baie meer ingewikkeld?
Julle insette sal baie waardeer word.
Baie oulik gedoen Chris ! …
Baie oulik gedoen Chris ! Lyk of alles werk soos ek dit gehad het.
Ns. Ek ys as ek dink jy het in jou stuitigheid oorweeg om daar te sit en kyk !
Ek dog dit was Chris se vrou…
Ek dog dit was Chris se vrou wat agterop gesit het met die foon?
Sitplek
Daar is nie sitplek op die A-raam nie, ek sou moes staan. Ek sou darem nie van Salomien verwag het om so iets te doen nie. Mens weet ook nie altyd hoe is ‘n vrou se bui op ‘n gegewe tydstip nie, en dit maak die risiko van self daar staan terwyl sy bestuur soveel groter!
Uit die video ly ek af dat…
Uit die video ly ek af dat die skokbreker, en dus die inlooprem heeltemal indruk waneer jy remtrap. Maw daar is nie iets in" reserwe" as jy in n pletterstop uitvoer nie. Dus moet jou wa se remme perfek gestel wees, anders gaan dit of sluit elke keer as jy rem trap vir n stopstraat, of die anderkant, bokkerol doen.
Skokbreker wat heeltemal in druk
die skokbreker, en dus die inlooprem heeltemal indruk waneer jy remtrap.
Dis een van die redes waarom ek die video gemaak het; om te sien hoe werk die nuwe swaardiens skokbreker. Neem in ag dat die wa voorheen die dunner ligte diens skokbreker gehad het. Die een in die video is sover ek weet die sterkste beskikbaar.
Mens kan seker nie verwag dat so ou skokbrekertjie die momentum van ‘n 1,6 ton vrylopende karavaan in geheel moet stuit nie. Ek is geen fisikus nie, maar dis mos die inloop-remme se werk om die momentum te verminder sodat dit nie die sleepvoertuig se remme ooreis nie? Die skokbreker keer bloot dat die wa se sleepstang teen die wa se remme se hefboom stamp en elke keer die remme ten volle aktiveer. Verder keer dit dat die sleepstang weer vinnig uitpluk wanneer die sleepvoertuig spoed optel. Dis hoe ek dit verstaan?
Ek het die wa se remme gestel nadat ek die skokbreker vervang het, sodat die wiele vry loop as die remme af is en die wiele sluit wanneer die handrem heeltemal opgetrek is. As die wa se remme hard genoeg rem, trek die sleepstang weer uit en druk dit nie meer so hard teen die remme se hefboom nie. So ewenaar die wa se remme om nie te hard te rem nie. Dis wat my leke logika me vertel.
Wonder ook...
More Chris S
Ek is nie so tegnies soos julle ouens nie, maar sal tog 2 keer dink oor wat neef Herman noem.
Ek is geneig om te dink dat die rem stelling moet sorg dat;
1] die handrem die remme kan ordentlik vastrek
2] die volle inloop van skokbreker die remmeblokke moet laat kontak maak, soos vir baie hard[vinnig] rem, kan nie meer druk toepas
3] maar dat die normale remaksie so bietjie gouer moet begin gebeur, sodat jy reserwe het.
Ek hoop my opsomming is verstaanbaar, maar mag dalk tegnies minder korrek wees
Hier is hoe ek die inloop remme verstaan
Ek het dalk ook nie mooi verduidelik hier bo nie. Ek het dit getik terwyl ek vleis gebraai het gisteraand.
Wanneer mens die remme stel gee jy skiet aan die kabels wat van die stang af kom wat trek aan die kabels wanneer die remme se hefboom op die A-raam terug gedruk word. Die stang strek van die A-raam af tot by die as, waar die kabels wat na die twee wiele toe gaan aan die equalizer bracket op die agterste end van die stang vasmaak. Die stang word deur die hefboom vorentoe getrek as jy rem (die vorentoe beweging is sigbaar op die video - dis die silwer kleurige stang met ‘n silender aan die onderkant van die video raampie). Dan stel jy elke wiel se remme op tot die wiel nie meer kan draai nie. Daarna stel jy dit af tot die wiel kan vry loop. Dit doen jy klik vir klik tot jy voel daar is geen weerstand van die remme op die skyf van die wiel nie. Dan maak jy die boute vas op die equalizer bracket wat die kabels aan die stang wat van die A-raam af kom vasmaak. Op die manier gaan die geringste beweging van die stang (en dus die hefboom wat agter die koppelstuk sit) die remme aktiveer. So weet mens jou remme gaan betyds begin aktiveer.
Ek vermoed die stelsel is verder so ontwerp dat die stang van die koppelstuk net lank genoeg is om die rem hefboom terug te druk tot net duskant die punt waar die remme sluit. Om dit reg te kry (dat die remme heeltemal sluit) moet jy die handrem tot heel bo optrek, en dis net om te keer dat die wa vorentoe loop wanneer dit afgehaak is. As jou remme te hoog gestel is, is daar seker ‘n kans dat dit kan sluit wanneer jy hard rem. Maar dan sal die remme nie heeltemal ontsluit wanneer jy nie rem nie (omdat die remme te hoog gestel is) en gaan jy die remskoene afslyt (en dalk oorverhit) en brandstof mors.
Ek hoop die verduideliking maak sin. Weereens is dit nie tegniese inligting nie, net my leke logika. Die doel van my video was tweeledig. Ek was nuuskierig om te sien hoe werk die stelsel in praktyk. Verder wou ek seker maak die swaardiens skokbreker is nie te styf nie. M.a.w ek wou seker maak die momentum van die wa kan dit al die pad indruk sodat die remme tot op sy maksimum kan aktiveer. Ek is tevrede met wat ek gesien het. Aan die einde van die video rem ek taamlik vinnig teen ‘n afdraende, en die kombinasie het maklik tot stilstand gekom. Die stang van die koppelstuk druk ook duidelik die skokbreker so ver in as wat dit kan beweeg.
Jy het goed gedoen
Middag Chris
Jy het goed gedoen. Ek het geen aanvoeling vir sulke take nie, dus ontbreek die moed ook om dit aan te pak.
Met my laaste diens aan die Kavango, vra ek die mense om my remme te stel/check, asook die wiellaers. So vertel die man dat hy die eenkant se laers effens losser gestel het. Dit beteken dat die laers se styfheid/losheid, soos gestel die vorige jaar by Kavango dan "verkeerd" was. Tog het ek seker maklik 2000km so gesleep, sonder probleme.
Dit laat die vraag----volgens wie se "aanvoeling" vir stel van remme, wiellaers, ensovoorts, is die korrekste.
Dis soos die storie van die wetenskaplike en die ingenieur. Volgens 'n wetenskaplike kan mens mooit kontak maak met jou vrou vir soen nie, want jy beweeg altyd in diskrete stappe nader, en die gaping kan teoreties nooit nul word nie. Die ingenieur redeneer dat mens op 'n sekere afstand naby genoeg kom, om die soen te maak werk.
Stel van remme ens
volgens wie se "aanvoeling" vir stel van remme, wiellaers, ensovoorts, is die korrekste.
Ek het aan dieselfde ding gedink. Ek is nie ‘n perfeksionis nie, maar is geneig om sulke dinge baie presies te doen. So het ek my Kavango se remme ‘n paar keer gestel en met die handrem getoets tot ek tevrede was dat daar geen wrywing tussen remskoene en remskyf was nie, voordat ek die wa weer laat sak het. Iemand by ‘n karavaan diens sentrum kan dalk nie so puntenerig wees nie, maar mens aanvaar dat jou wa reg is wanneer jy dit gaan haal. Van nou af diens ek self. Dis darem nie kernwetenskap nie, en daar is baie video’s op YouTube wat jou presies wys wat om te doen. Gelukkig is die AL-KO stelsels universeel.
Hoogste prioriteit
Hello Chris S
Ek is ook 'n te swart/wit mens vir die take.
Die belangrikste met remme is sekerlik;
1] dit moet gelyk vat
2] dit moet vryloop as handrem en inloop ontsluit is.
Ek sukkel gewoonlik om 'n vertrouensverhouding met 'n diensverskaffer op te bou, tot waar ek hulle werk blindelings vertrou as korrek.
Geen ekspert
Chris, ek is geen ekspert nie, maar stem saam met Herman. Jou remme vat te lank om te aktiveer. Ek verstaan die werking van die equalizer bar en dat jou wiele moet vryloop om oorverhitting ens te verhoed. Uit jou video lyk dit of jy te veel speling op die remstang het voordat dit die remme aktiveer. Kyk op :50 hoeveel beweging op die skokbreker is voordat dit die remstang begin beweeg. As jy die remstang met die hand vorentoe trek terwyl die skokbreker heeltemal uitgetrek is moet die afstand tussen die remhefboom ( brake lever ) en die "pyp" wat die remhefboom aktiveer 10 - 15 mm wees. Onthou dat die remstang maar net n baie lang stuk roundbar is wat hang. Die "slack" moet ook eers opgeneem word voordat dit die equalizer bar begin beweeg wat dan die remme dmv die remkabels begin aktiveer. Op 1:04 en 5:20 op jou video kan jy hoor dat die skokbreker deurstamp as jy rem. Op daai tydstip moes jou wa se remme gesluit het.
Die skokbreker moet help dat die remme egalig aktiveer tydens die inloop aksie. As die remme nie vinnig genoeg begin aktiveer nie werk die skokbreker te hard omdat dit dan die wa moet probeer rem ipv die remme. Dit veroorsaak dat die skokbreker sommer vinnig weer "pap" word en vervang moet word. Ruk en pluk van die wa tydens stop en wegtrek is gewoonlik n teken dat die skokbreker gedaan is en / of die remme nie reg gestel is nie. Dit veroorsaak ook dat jou sleepvoertuig nou die hele kombinasie moet probeer rem wat gevaarlik is en ekstra slytasie tot gevolg het.
Hou ook in gedagte dat die handrem 90 grade opgetrek moet word om die remme vir tru / agteruit te aktiveer en slegs ongeveer 45 - 60 grade nodig is vir vorentoe sluit. Die inloop rem sal nie die remstang so ver vorentoe kan trek soos die handrem nie. Dit is om die agteruitstoot met jou sleepvoertuig te akkomodeer.
Soos ek sê, ek is geen ekspert nie maar dit is soos ek die werking van die stelsel verstaan en my Slipstream s'n gestel het. Nou wel nie 1600 kg nie, maar ek is darem al 2x Wildtuin toe en terug sonder probleme. Dalk is ek maar net gelukkig.
Jammer vir die boek, maar ek kan dit nie korter verduidelik nie.
Ek stem saam
Pieter
Dankie vir die waardevolle inset. Ek stem saam met jou. Ek het my drade effens gekruis, so jy het waarskynlik nie die plasing hier onder op my Smalle se Groot Trek draad gesien nie. Ek moet dit nog doen, nuuskierigheid het net die oorhand gekry en ek moes die video maak voor die fronte wat sedert gister en volgende week hier deurbeweeg.
Ek wil nog net die gaping tussen die remme se hefboom en die koppelstuk se stang stel. Nou die dag soek ek iets anders in die handleiding en sien toe daar is ook ‘n bladsy wat verduidelik hoe om die remme te stel. Dit stem ooreen met die video van Conqueror wat verduidelik hoe om die remme te stel en wat ek gevolg het toe ek die Kavango s’n gestel het, maar beduie ook dat die gaping tussen 10 en 15mm moet wees en hoe om dit te stel as dit nie is nie. Die gaping op die Kavango is te groot.
Eers later gesien
Ek het dit eers gesien nadat ek reeds geplaas het, duidelik het jy alles onder beheer! ![]()
Kgalagadi besering
Ons het gister iets gedoen wat ek haat na ons 16:31 vetrek het uit Worcester om Hartenbos toe te sleep. Die kinders speel môre hier rugby en netbal, en ons het besluit om ‘n naweek daarvan te maak. Ons staan in die E-blok op 47 en 48. Ek moes die laaste twee ure in die donker sleep hierheen (dis wat ek haat), maar ons het dit veilig gemaak en die Prado het weer vrek lekker gesleep.
Toe ek spoed verminder om af te draai van die N2 af, voel ek die wa my stamp. Met elke versnelling (vinniger of stadiger) daarna, het die wa met ‘n ruk en ‘n klapgeluid gevolg. Gelukkig was dit nie meer ver nie en ek het stadig gery.
Toe ek die sleepstang van die wa inspekteer nadat ons opgeslaan het kry ek vinnig die probleem. Die bout wat die inloop rem skokbreker aan die sleepstang vasmaak het losgeskud (natuurlik in Kgalagadi) en uitgeval. Toe ry ek sonder ‘n skokbreker. Genadiglik het die kabel met ‘n BH prop vir as mens die wa 12V wil gee terwyl jy ry, gekeer dat die bout verloor. Ek kon dit dus vanoggend weer terugsit en vasdraai.
Ek het wel gemerk dat indien ek dit so styf vasdraai as wat ek kan, ek glad nie die koppelstuk kan indruk teen die skokbreker nie. As ek dit so kwart draai skiet gee kan dit weer beweeg. Voortaan maak ek voor elke toer seker dit is vas. Ek het gelukkig (onder andere) ‘n 19mm moersleutel in die Prado se gereedskapstelletjie. Hier is hoe die bout gelyk het voor ek dit weer vasgedraai het.

So gelukkig...
Middag Chris S
Julle was omtrent gelukkig, die skokbreker kon beskadig geword het, as dit op grond gesleep, of vasgesteek het. Weet nie of dit moontlik is nie.
Eintlik moet mens so 'n paar kritiese boute en moere saamry.
Wil my nie slim hou nie,…
Wil my nie slim hou nie, maar kan jy nie moontlik 'n "Nylock nut" (spelling) op sit nie, as daar natuurlik plek is waar die bout deur / anderkant uit druk nie?
Inloop rem skokbreker ...
Is daar nie 'n bus wat moet keer dat dit nie die skokbreker se werking belemer nie ?





Hier is die video
Dit begin waar ek wegtrek by die huis en sluit ‘n hele paar keer se rem in; om spoed te verminder vir spoedhobbels en verkeer sirkels en om dood te stop. Nou weet ek ook presies hoe die inloopremme aktiveer en hoe dit werk.