Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -7 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -7 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -11 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -15 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -16 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -16 hours ago

Inloop rem skokbreker

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek toets vanoggend my wa se inloop rem skokbreker (as dit nou die regte naam is?) en my vermoede is dat ek die ding sal moet vervang.

As ek daarteen druk, dan druk dit redelik maklik terug, en na so paar keer se terug druk voel dit of die skokbreker meer weerstand begin gee? 

Nou het ek die slim mense se advies nodig, is dit iets wat 'n ongekwalifiseerde ou soos ek self sal kan doen, of moet ek liewer hulp soek? 

Die bed se gas lifts was maklik, maar die ding lyk baie meer ingewikkeld? 

Julle insette sal baie waardeer word.

Pretoria

leeu

Wed, 27/02/2019 - 10:44

Geen probleem Johann, ek dink nie dis nodig om die remme ook te stel as jy die skokbreker vervang nie, al van baie gehoor wat net die skokbreker vervang sonder om brieke te stel. Hoor graag van ander of jy wel die brieke moet verstel in die geval.

0

Ek het toe maar besluit om my karavaan se inloop skokbreker te vervang. Vroeg vanoggend die besigheid afgehaal. Geen plek in Hermanus wat die produk aanhou nie. Skakel toe vir Cara Camp in Somerset Wes. Ek sit nou en wag dat hulle my terug skakel om te bevestig dat hulle wel die produk het voordat ek die pad vat.

0

Hello Servaas

Ek lei af jy is erens onder in goeie Kaap.

Google woonwa-plekke , ek dink amper in Durbanweg moet 'n groot woonwa plek wees, Tygervallei caravans.

Of, hoor by Len wie het rukkie terug sy wa herstel.

Groete

Wessel

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/03/2019 - 11:12

................jy behoort reg te kom by Cara-Camp in Somerset-Wes.

Ek het my rem-skokbreker verlede jaar in Pretoria laat vervang, maar ek weet die remme moet beslis na die vervanging oor ingestel word.  Die argument wat vir my verduidelik is, is dat met 'n nuwe, stywer skokbreker sal die inlooprem harder en dieper-in  gestoot moet word om die rem te aktiveer.  Daarom moet die rem "opgestel" word sodat die rem begin aktiveer met die eerste beweging van die inloop-rem.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/03/2019 - 19:18

Leeu, ek glo nie want Roadque reken jy remme was nie hoog genoeg gestel nie dit is hoekom die skokbreker (nuwe een) kort daarna ook gegroet het ?

0

More almal. Ek het toe reg gekom  by Caracamp in Somerset Wes met 'n skokbreker. Ek het ook sommer 'n nuwe rubber "boot" gekry. Nouja, Saterdag oggend pak ek toe die werkie aan en teen etenstyd was ek eers klaar. Op my karavaan was daar nie boute en moere om los te maak nie. Daar was "staal pins" wat uit geslaan moes word. Dis toe nou nie so maklik en vinnig nie. Veral as jy alleen werk. Maar die job is gedoen en ek is nogal trots op myself. Ek het al die "pins" vervang met boute en sal dit die joppie makliker maak in die toekoms. Die vervanging van die rubber "boot" het die langste gevat aangesien ek die hele "shaft" moes uitkry om die nuwe boot oor te trek. Nou sal ek in elk geval ook sommer die remme 'n bietjie op stel soos wat van die manne aanbeveel.

0
Pretoria

leeu

Mon, 04/03/2019 - 11:15

Dankie vir die inligting, Servaas. Ek het vanoggend gaan Google en gesien dis nie so moeilik om die remme op te stel nie. Bygesê dit moet dieselfde wees as die Alko dromme. Daar is 'n gat, 8mm, wat jy iets moet indruk om hom binne vas te hou en met 'n spanner moet jy die rem skoene heeltemal vasdraai, en dan 1 en half keer los draai. Die as moet in die lug hang vir die oefening.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 28/04/2021 - 19:11

Vandat die Kavango gediens is, hoor ek ‘n klapgeluid as ek hard rem. Al wat ek kan dink, is dat die koppelstuk baie makliker vorentoe en agtertoe gly omdat die ordentlik geghries is tydens die diens, en dat die rem se skokbreker moeg is. As ek die koppelstuk heeltemal vorentoe trek kan ek dit redelik maklik teen die skokbreker terug druk en lg ‘n goeie paar cm indruk met die hand. 

In die video van Conqueror wat Dusty vroeër op hierdie draad geplaas het, lyk dit maklik genoeg om die skokbreker te vervang en my Kavango s’n sit lekker oop. Die ou in die video noem egter niks van die remme stel soos wat ander van julle genoem het nie?

Johan, hier is vir jou ‘n voorbeeld

0
Worcester

Wildehont

Wed, 28/04/2021 - 22:33

Ek het bietjie op die www rondgekrap. Hierdie video wys vir mens hoe om te toets of jou wa se inloop remme se skokbreker nog reg is. En hierdie video wys vir mens hoe om jou wa se inloop remme reg te stel.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 28/04/2021 - 22:53

As die eerste video hier bo reg is, is my skokbreker oor die muur. Dit verg redelik baie moeite om dit al die pad terug te druk, maar as ek dit dan los, stoot dit omtrent glad nie weer uit nie. 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 29/04/2021 - 06:48

Môre Chris, ek stel voor, jy laat dit vervang of as jy dit self kan doen.

Daai klink nie reg niek maar ek is nie 'n kenner nie?

Dit verg redelik baie moeite om dit al die pad terug te druk, maar as ek dit dan los, stoot dit omtrent glad nie weer uit nie. 

Dit moet self dadelik 100% terug stoot na die oorspronklike posisie.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 29/04/2021 - 08:36

Daai skokbreker het beter dae geken koop maar nuwe een dan glo ek jou problem is opgelos Wildehont

0
Worcester

Wildehont

Fri, 30/04/2021 - 07:53

My koppelstuk is ook ‘n AL-KO so ek sal hou by hulle onderdele. Gelukkig werk ‘n vriend saam met wie ons juis die afgelope naweek by Onrus kampeer het by Diesel-Electric hier in Worcester. Hulle het ‘n rekening by AL-KO en hy sal vandag vir my uitvind wat ‘n skokbreker kos. 
 

Op die ander forum het iemand geskryf dat die swaardiens skokbreker se silinder groter is in deursnee. Die oog waardeur die agterste bout pas se omtrek is ook groter. Mens moet dus seker maak dat dit pas op jou koppelstuk voordat jy dit koop. Die betrokke lid moes aan syne en aan die skokbreker millimeters afskuur met ‘n hoekslyper om die swaardiens skokbreker te maak pas. Ek sien nie kans daarvoor nie. 

Hier is ‘n foto van die Kavango se koppelstuk. Die rooi pyltjie wys hoe ver die skag agter uitsteek nadat ek dit teruggedruk het so ver as wat ek kon, en die skokbreker dit nie weer veel vorentoe gedruk het nie. 
 

A

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 30/04/2021 - 08:08

Môre Chris, ek sou dit ook nie doen nie, dit is 'n kritieke werkstuk, en 'n slim ingeneer het dit ontwerp. 

en aan die skokbreker millimeters afskuur met ‘n hoekslyper om die swaardiens skokbreker te maak pas. Ek sien nie kans daarvoor nie. 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 01/05/2021 - 20:04

...dis wie jy ken. My kampeervriend het gister vir my ‘n nuwe skokbreker laat kom uit die Kaap uit en ek het dit vanmiddag by hom gaan haal. Die persoon by AL-KO het vir hom gesê ‘n wa bo 1 000kg moet die swaardiens een op kry. Dis egter presies dieselfde grootte as die gewone een. Die lid op die ander forum wat moes kleiner skuur om die swaardiens een te maak pas het seker nie ‘n AL-KO skokbreker gekoop nie. Hier is ‘n foto van my nuwe een. 
 

A

0
Worcester

Wildehont

Sun, 02/05/2021 - 10:50

Ek het vanoggend die nuwe skokbreker ingesit. Dit was heel maklik. Ek het eers geskrik, want ek kon dadelik sien die nuwe een se barrel, skag en agterste oog is groter in omtrek as die oue. Toe dink ek dat ek dieselfde probleem gaan hê as die lid op die ander forum. Die nuwe swaardiens skokbreker pas egter in, en as ek nou (met ‘n gesukkel) die koppelstuk so ver terugdruk as wat ek kan, stoot die skokbreker dit binne sekondes al die pad uit vorentoe. Hier onder is ‘n foto om die grootte te vergelyk. Ek moes hulle langs mekaar afgeneem het, maar het te laat daaraan gedink. 
 

A
 

Ek kan die oue met die hand al die pad in druk (die nuwe kon ek glad nie) en dan bly dit daar so dit is definitief poegaai. 
 

A

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 02/05/2021 - 11:13

Môre Chris, daai swaar diens skokbreker gaan op afdraendes jou wa se remme baie spaar, 'n pap skokbreker veroorsaak erge en onodige rem op die gesleepte voertuig.

Nou kan jy gerus die pad vat en daai pragtige passe in jul omgewing aan durf.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus