Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 minutes ago
Rona Rock View Lodge Nelspruit Johann L -29 minutes ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Geert -29 minutes ago
Skerp reuke Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago

Inloop rem skokbreker

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek toets vanoggend my wa se inloop rem skokbreker (as dit nou die regte naam is?) en my vermoede is dat ek die ding sal moet vervang.

As ek daarteen druk, dan druk dit redelik maklik terug, en na so paar keer se terug druk voel dit of die skokbreker meer weerstand begin gee? 

Nou het ek die slim mense se advies nodig, is dit iets wat 'n ongekwalifiseerde ou soos ek self sal kan doen, of moet ek liewer hulp soek? 

Die bed se gas lifts was maklik, maar die ding lyk baie meer ingewikkeld? 

Julle insette sal baie waardeer word.

Worcester

Wildehont

Sun, 16/04/2023 - 21:16

kan jy nie moontlik 'n "Nylock nut" (spelling) op sit nie

Die bout draai in ‘n gat in die sleepstang in. Daar is geen moer nie. Ek dink wel ‘n veerwaster kan help om losdraai te verhoed.
 

Is daar nie 'n bus wat moet keer dat dit nie die skokbreker se werking belemer nie ?

 Die bus sit in die oog van die skokbreker waardeur die bout pas. Die inloop rem en sleepstang het vandag weer reg gewerk oppad terug van Hartenbos af. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 16/04/2023 - 22:17

Smeer "locktide" op bout se skroefdraad voor jy vasmaak, dit verhoed om los te draai maar kom wel los met so bietjie ekstra krag uit die arm sou jy weer moet losdraai. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/04/2023 - 07:10

....en as die ou arms se krag gedaan is, sit jy lekker in Jeffreys nê.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus