Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -2 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -3 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -3 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -4 hours ago

Ford en ratkaste

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on

Ek wil nie graag 'n bek-geveg begin nie, maar wil tog graag sinvolle kommentare oor die onderwerp verneem.  Ek is nie van plan om my Nissan Pathfinder te vervang voor ek my karavaan-kamp-skoene oor 'n klompie jare ophang nie, maar ek dink dikwels daaraan wat sal ek doen as my P/F gesteel of om een of ander rede vernietig word.  Ek wil graag steeds 'n SUV hê en hou baie van die Ford Everest en die Toyota Fortuner.  My dogter en haar gesin het 'n Ford Ranger 3,2 diesel en my seun en sy gesin het 'n Fortuner, V6 petrol.

Op sosiale media lees 'n mens dikwels van Fords met ratkas probleme, maar in die onlangse verlede het ons hier op ons forum ook van Ford ratkas probleme verneem.

  • Ek weet Koos Mol ry 'n Ranger 3,2 en is tot vandag toe baie tevrede, maar hy het eendag in die Wildtuin met sy Ranger se ratkierie wat losgekom het, in die hand gesit
  • Ons ken almal Willem se Ford Terry se duur ratkas herstelkoste
  • So-pas verneem van ChrisWH (oppad Wildtuin toe) se Ford Everest se ratkas wat oorverhit het en olie-druppels onderaan die onderstel
  • My dogter en skoonseun se Ford Ranger staan nou al vir twee weke waar die voorste deel van die "transfer casing" vervang moet word as gevolg van 'n ernstige olielek. Hierdie Ford het maar 40 000km op die klok

Al die Fords hierbo sleep karavane.

Is dit wel 'n algemene probleem dat Fords ratkas-probleme ontwikkel as gevolg van karavaan-sleep ? 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 26/07/2021 - 19:37

Ek ry nou my derde automatiese sleepvoertuig. Die eerste was 'n 4-spoed ratkas en die laaste twee 6-spoed ratkaste. Ek sleep teen 90 kpu (GPS spoed) - dit raak-raak so aan die 100 kpu op die Hilux se speedo. Ek gebruik my "speed control" die grootste gedeelte van die pad.

Daar's altyd 'n eerste keer, maar tot dusver het ek nog nooit ratkas-probleme ervaar nie. Die Hilux weet wanneer om oor te skakel. Ek het nog nooit opgelet dat die RPM's onder die optimale wringkrag val as ek dit met "speed control" ry nie.

Ek wil nooit weer met 'n handrat-voertuig sleep nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 26/07/2021 - 20:02

Chris, ek sleep ook vir kilometers aanmekaar met my "speed control", maar as die enjinrevolusies dalk naby 2000 rpm daal, skakel ek terug en dan kanselleer die spoedkontrole outomaties.  Sodra die pad en spoed weer gunstig is, aktiveer ek net weer die voormalige spoedkontrole met die druk van 'n knoppie.  Volgens jou verduideliking aanvaar ek in jou geval die spoedkontrole bly geaktiveer selfs al verwissel die outomatiese ratkas van rat.

0

My Land Rover Discovery doen dieselfde met die spoedkontrolle aan sal die ratkas self na n laer rat gaan sonder dat ek enige iets moet doen .Die Cruise Control beheer alles .

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 26/07/2021 - 20:26

Selfde met my Kia, (outo / sport kas) die spoed beheer skakel net af dmv rem of die kanselleer knoppie.

Welkom Willie, lekker omweer hier van jou te verneem👍

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 26/07/2021 - 20:39

..... dit is my ervaring ook - die "speed control" beheer alles. Dit sorg dat ek nooit onder optimum wringkrag ry nie (natuurlik met 'n automatiese ratkas).

0

Die nuwe generasie automatic ratkaste is nogal slim .Maar nie so slim soos my vrou sy is amper soos "Siri " ,Willem jy jaag nou of die enjin loop te hard en stadig daar staan n speedcop .wink

0

Môre vriende

Ek kan sien dat ek myself moet "rat " vir 'n aanpassing. Die eerste paar slepe gaan 'n lekker eksperiment wees.

Byvoorbeeld, as die slim brein self ratte kies, en afrat, maak dit steeds gebruik van die 5de rat, of gaan dit direk na die 4de rat en dan laer?

'n Goeie stukkie pad is terug van Nelspruit af, tot by Milly's, met spoedbeheer op 110km/hr.

 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 27/07/2021 - 08:47

Môre Wessel, as jy in sport mode is en jy gebruik die spoed beheer, kan jy self af rat, my kar vat bietjie te lank (net vir op rat) na my sin. In "full auto" is dit geen probleem nie,  die rekenaar rat self op en af maar dan kies dit ook hoogste rat waar dit geregverdig is volgens die rekenaar.

 

Dit is nou ek en die Kia, ander make / bestuurders mag sekerlik verskil?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 27/07/2021 - 10:40

Die ST se 6 spoed is ook lekker en met die ST wat die wring krag van die petrol enjin aansienlik op stoot en die maks toere af bring na so 2,100 RPM.  Maar as jy die spoed beheer aan sit en dan oorskuif na Sport bly hy in Auto, as jy eers die ratkas in Sport sit dan werk die spoed beheer nie.

Wat ek altyd gedoen het terwyl ek sleep het ek gewoonlik kort voor die laagste deel van die dip oorgesit na Sport en hom dan af gerat na 5de en dan die hefboom terug gesit in "D"

0

Middagvriende

Nadat ek al die bostaande insette weer gelees het, veral die van Chris B, omdat dit betrekking het op 'n Hilux, wonder ek;

1] is die sleep in snelratte, byvoorbeeld die 5de en 6de, deesdae nie meer problematies nie? Ek kom nog uit die skool waar die persepsie gevorm was, dat snelratte vir swaar sleep liefs vermy moet word.

2] volgens Chris B se omskrywing, laat 'n Hilux se spoedbeheer en ratkas dus toe dat die snelratte wel ook ingespan word tydens sleep.

3] dat dit nie meer nodig is om in bergwereld slegs in handrat seleksie te sleep, om doelbewus die snelratte nie te gebruik nie. 

Wat ek wel verstaan, is dat "hunting" tussen ratte, wel verhoed moet word omdat dit lei tot oormatige verhitting van die ratkasolie. Dalk was dit die probleem wat Chris S ervaar het..   

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 27/07/2021 - 12:13

..... ek het nog nooit gesien (wanneer sleep) dat die Hilux in 6de rat sleep nie. Die mees algemene rat tydens sleep is 4de. Dit is selde dat dit oorskakel na 5de - slegs onder baie gunstige sleeptoestande. My seun ry op dieselfde manier met sy Hilux 2.8 (4x4) wanneer hy sy Penta sleep. Hy sleep net heelwat vinniger as ek. Syne wissel grootliks tussen 3de en 4de. Maar jy kan dit sien aan sy brandstofverbruik. Myne (tydens sleep - @ 90 kpu) is selde onder 8.2 km/liter. Hy sukkel om 6 km/liter te behaal.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 27/07/2021 - 12:35

is die sleep in snelratte, byvoorbeeld die 5de en 6de, deesdae nie meer problematies nie? 

Nie as jy met 'n Nissan sleep nie ! 

0

Middag Chris B

Dis nou interessante inligting. Die Hilux se beheerstelsel vermy dan ook grootliks die snelratte tydens sleep toestande.

Lyk my die persoon wat die programering gedoen het, is ook ouskool en glo aan dieselfde ouwyfse fabels, as ekkelaugh

Die Hiluxe is nou skaarser as hoendertande, ek wag steeds, en blykbaar kan ek myne moontlik in Oktober verwag. Ek het middel Maart bestel.crying

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 27/07/2021 - 12:50

My Ford vat ook baie langer om oor te skakel as hy in "S" is maar dan werk die Spoed Beheer nie, dit is hoekom ek met Spoed Beheer aan oorskakel na "S" en dan self terug skakel na 5de en dan weer "D", die ratkas besluit dan wanneer om oor te gaan na 6de.

0

Die onmin met ratkaste en koppelaars gebeur maar, my magtige, onvernietigbare Hilux 3.0 D4d 4x4 het ons gedrop in Plett met n koppelaar wat gekalf het op 95000 kilos.

Net om aantesluit by Chris hierbo, ek sleep in 5de rat met die 2.8 en ons karavane is tydgenote en dieselfde gewig min of meer.

Vierde rat voel vir my soos n overkill met daai size karavaan en ek sleep so gemiddeld 110km/h en die brandstof verbruik is ook baie goed.

Ek lees nou die dag op 4x4 Comunity dat daar n man is met n Ranger wat nou sy derde nuwe enjin in het op 60 000 kilos. Daar is dalk n betroubaarheids duiwel wat rondhang in die fabriek.

0
Irene

Grootwind

Wed, 28/07/2021 - 09:18

Ek koop moeilik daai storie oor 3 enjins in 60 000km! Maar dalk is dit een van die mense wat sewe wit duiwels uit sy voertuie uit jaag, of dalk is dit een van die "lemons" waarna die Yanks verwys...daai sg. "Vrydagmiddag net voor 17h00" gebou modelle waar alles net eenvoudig aanhou breek...hoekom so iets gebeur dink ek is een van die heelal se groot "mysteries"! Ek het so 'n Audi A4 (die wat destyds met die 2.4l Quadcam V6 gebou was) gehad. Nuut gekoop en fantasties tot sowat 65 000km op die klok en toe begin alles groet, eers die waterpomp, toe die klimaatbeheer se waaier binne, gevolg duer die kragstuur se hidrouliese pomp, alles binne 'n paar 1000 km. Dalk was die in dieselfde fabriek gebou as daai 4x4 Community ou se Ranger? laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus