Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -7 minutes ago
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Pad Umfula Johann L -1 hour ago
Dinokeng Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -1 hour ago
Geert enigiets is moontlik. … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Geert... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Ford en ratkaste

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on

Ek wil nie graag 'n bek-geveg begin nie, maar wil tog graag sinvolle kommentare oor die onderwerp verneem.  Ek is nie van plan om my Nissan Pathfinder te vervang voor ek my karavaan-kamp-skoene oor 'n klompie jare ophang nie, maar ek dink dikwels daaraan wat sal ek doen as my P/F gesteel of om een of ander rede vernietig word.  Ek wil graag steeds 'n SUV hê en hou baie van die Ford Everest en die Toyota Fortuner.  My dogter en haar gesin het 'n Ford Ranger 3,2 diesel en my seun en sy gesin het 'n Fortuner, V6 petrol.

Op sosiale media lees 'n mens dikwels van Fords met ratkas probleme, maar in die onlangse verlede het ons hier op ons forum ook van Ford ratkas probleme verneem.

  • Ek weet Koos Mol ry 'n Ranger 3,2 en is tot vandag toe baie tevrede, maar hy het eendag in die Wildtuin met sy Ranger se ratkierie wat losgekom het, in die hand gesit
  • Ons ken almal Willem se Ford Terry se duur ratkas herstelkoste
  • So-pas verneem van ChrisWH (oppad Wildtuin toe) se Ford Everest se ratkas wat oorverhit het en olie-druppels onderaan die onderstel
  • My dogter en skoonseun se Ford Ranger staan nou al vir twee weke waar die voorste deel van die "transfer casing" vervang moet word as gevolg van 'n ernstige olielek. Hierdie Ford het maar 40 000km op die klok

Al die Fords hierbo sleep karavane.

Is dit wel 'n algemene probleem dat Fords ratkas-probleme ontwikkel as gevolg van karavaan-sleep ? 

Worcester

Wildehont

Sun, 06/02/2022 - 15:29

Ek het nou-nou die nuwe plaat oor die selector opgesit. Was eintlik heel maklik, drie boutjies en siedaar. Sopas toetsbestuur en alles werk soos dit moet. 

A

Die ou plaat se sweis het aan een kant gebreek toe ek dit afhaal. Ek sou definitief nie met ‘n geruste hart kon ry daarmee nie. Die skuur merke van die modder en ‘n klossie modder self sit aan die ou plaat van die impak wat ek glo die breek veroorsaak het.

B

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 07/02/2022 - 07:59

Ek is bly ek kon die plaat vervang, maar ek dink steeds dis ‘n swak ontwerp. Twee van die boute bout vas aan die selector meganisme en die een waar die ou plaat gebreek het aan die pan met die ratkasolie. Dis ook die nouste gedeelte van die plaat. As dit bloot ‘n skerm was vir die selector meganisme was dit een ding, maar die plaat is ook waaraan die selector meganisme monteer, en dis waarom ek nie meer ratte kon verwissel toe die plaat losbreek nie. Die res van die kwesbare dele onderaan die voertuig het lekker dik plate wat dit beskerm. Ek dink voordat ek weer ‘n 4x4 roete aandurf moet ek ‘n plaat van dikker plaat laat maak. Aangesien dit nie vreeslik groot is nie gaan die ekstra gewig weglaatbaar wees. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 09/02/2022 - 20:29

Noudat ek hier bo my happy ending (vir nou ten minste) vertel het wonder ek hoe gaan dit met Willem se Territory. Ek hoop regtig dis gou ook terug op die pad. Dis niks lekker as jou sleepvoertuig staan nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus