Vir die was so aanhoudend kla oor ablusie blokke... Gebruik asseblief hierdie stort....
Kragproppe in die stort
Ek hou van die bogemelde kommentaar hoekom die kragproppe daar is, "om litte los te maak", maar jy gaan sukkel om jou ronde vingers in die reghoekige gaatjies in te druk !
Wat my die meeste pla is dat die kragproppe skeef gemonteer is en die draad na die water-verwarmer moes eerder wit gewees het.
Met respek teenoor Freda se Ingelsman : die foto is seker van 'n badkamer iewers in Engeland !
So se Worsie....
Jy <gaan> dans soos n bloomin eier klitser.....
En wraggies, jy sal nooooooooooooooooiiiiiit weer kla...
Ek dink die kragproppe is om…
Ek dink die kragproppe is om te "skeer" terwyl jy stort.
Dit gaan 'n rieldans wees maar net eenkeer.
Daas nie krag op nie. …
Daas nie krag op nie.
Die proppe is net om jou bang te maak ,, te laat rondspring sodat jy kan nat word.
Nee Lennie
Nee Lennie, so Engels is hy nie. Inteendeel, hy het maar min liefde vir die "Pommies". Hy het Engels grootgeword (met 'n Afrikaanse pa) en was altyd 'n koshuiskind by privaat Engelse skole. Dus het hy hul maniertjies aangeleer.
'n Skoolvriend van hom was paasnaweek hier in Boknes en om die twee te hoor praat, sou jy dink hul is opregte Engelse. Ons praat die meeste van die tyd Afrikaans.
...ook maar...
Freda, soos my naam en van aandui, ek is ook maar 'n baster Afrikaner/Engelsman. My ma was weer Afrikaans en my Pa Engels, maar soos jy seker self uit ondervinding weet, vroue druk mos maar hulle stempel af (soos Colin se ma en my ma gedoen het) en ons het weer in die huis Afrikaans grootgeword !
Stort met n skop
So spaar n mens water jy is innie stort en word uitgeskop uit die stort wat n wen wen situasie
So spaar n mens water jy is…
So spaar n mens water jy is innie stort en word uitgeskop uit die stort wat n wen wen situasie
![]()
![]()





Litte Los