Môre vriende
Ek sleep môre so bietjie Manyane toe. Dit is my beurt om so bietjie leeg te lê en hopenlik diere te kyk.
Hopenlik onthou ek die keer die kameras en om paar fotos te neem. Ek het juis 'n poolnoodle opgesny om oor die venster te plaas sodat die kamera daarop kan rus. Mens kan nie die goedjies vashou. korrel en zoem, sonder om te bewe nie.
Groete
Wessel
Pensioenaris tariewe
Middag vriende
Ek kan binnekort die voordeel van "afgetree" begin benut.
Gister uitgevind dat Manyane oord 'n mid-week tarief vir ons werkloses het. Dit beloop R285/aand vir 'n krag-staanplek. Hulle mid-week is vanaf Sondag tot Vrydag, in die loop van Vrydag moet mens verkas.
Tesame met die kort afstand soheentoe, sal ek nou meermale daar gaan rondlê. Dis net jammer van die sporadiese onluste, klipgooi en spykers in die pad, veral na donker.
Wessel ..
... jy't meer "guts" as ek om onder die omstandighede wat jy in jou laaste sin noem, steeds Manyane te oorweeg.
Maar ek dink ek het dit al in 'n vorige inset (dalk op 'n ander draad) genoem dat Pilanesberg om een of ander rede nog nooit onder my vel kon inkruip nie - amper soos Addo.
Nietemin - geniet dit wat vir jou lekker is. Ander ouens kan hulle weer nie indink om vir 2 maande by Eiland Spa te oorwinter nie. Ek reken weer dit is die spreekwoordelike hemel op aarde.
Daar gaan die pensioenaris....
Middag vriende
.... vir sy 1ste kampering as volwaardige "oumens". Ons is bespreek vir 'n mid-week vanaf komende Sondag tot volgende week Vrydag. Dit gaan baie vreemd wees om op 'n Sondag daar aan te kom, maar daar is altyd 'n 1ste keer.
Ons het vanmiddag ons Corolla by die paneelklopper gaan haal, heel netjies ontrimpel nadat 'n stommerik dit gestamp het terwyl ons met inkopies besig was.
Waar Wessel ?
Moet nou nie oumensstreke so vroeg uithaal nie, waar gaan julle kamp ? Ek raai by Manyane by Pilansberg.
Ns. Jammer Wessel, ek sien nou eers die opskrif van die gesprekslyn.
Ai dit gaan mos 'n fees wees…
Ai dit gaan mos 'n fees wees, geniet dit Wessel.
Toerverslag
Lekker vooruitsig! Ek ruik ‘n toerverslag. Dalk is dit die eseltjie se laaste toer. Daar is mos ‘n blink nuwe speelding oppad van Toyota se hoofkantoor af.
Eseltjie
Middag Chris S
Inderdaad is dit hopenlik eseltjie se laaste boswa sleep vir my. Ek gaan die ou donkie wragtig mis, seg ek jou. Daai "free flow" roggel soos mens deur ratte gaan, was nogal mooi om te hoor.
Ek dink ek gaan in ongeloof omslaan as die handelaar laat weet die nuwe trokkie het opgedaag.
Ek sal sekerlik 'n paar fotos kom deel hier.
Mooi ry Wessel
Eseltjie se hoofstuk word gesluit vir iemand anders om avontuur te begin geniet Manyane en nuwe trok sodra jy hom het![]()
Iemand is darem oppad
Terwyl die res van ons ingeënt word of daarteen skop, gesels oor geloof en spekuleer oor politiek weet ons darem een forum lid is besig om voor te berei om môre te haak en sleep. Geniet dit Wessel!
Manyane Pilansberg ...
En ek glo dit gaan lekker wees en hulle gaan dit voluit geniet. 👍🏕🔥🥩🥃
Wag vir die reis verslag.
Die klaar maak
Middag vriende
Dankie, ek waardeer julle goeie wense.
Aangesien ons môre inboek, wil ek nie so vroeg [voor 10hoo] daar aankom nie, om die mense wat moet huistoe gaan, kans te gee om van die lekker staanplekke te vertrek.
Ek beplan om ongeveer 13hoo te vertrek, dan kom ek daar ongeveer 14h15. Hopenlik is die koeltebome dan beskikbaar. Hierdie mid-week kampeerdery is 'n nuutjie vir ons.
Die voorbereiding gaan lekker rustig, soos pensioenarisse betaam. Die groot goete is meestal klaar gepak op die trokkie, die drinkgoete soos melkies
ensovoorts is gepak, water tenk is ge-Milton en volgemaak. Vrieskas staan gepak met vleise, poedings en roomys bedryfsgereed op -12C. Môre laai ek dit netso op ou eseltjie se rug.
Hopenlik as julle weer van my hoor, is dit vanuit Manyane, mits die sein dit toelaat.
Pasop vir te laat opdaag
Netnou vat die meer ervare afgetredenes wat ook vir mid-week daar is al die lekker plekke voor julle daar aankom!
Môre Wessel veilig ry en…
Môre Wessel veilig ry en lekker kamp die week.
Geert +Chris....
baie dankie, sal dit beslis onthou.
Chris S: Moet nou nie my senuwees op loop sit nie man. Eseltjie sal dan maar hulle moet afsleep![]()
Vergete vriende ?
Wessel, het jy van ons klompie tuisblyers vergeet ?
Afgelope week
Môre vriende
Nee, nie vergeet nie, maar die internetsein daar is net so min as die diere. Ek het vandaar probeer gesels, maar kon netnie hond haaraf maak nie.
Ons is veilig uit en tuis, maar het goed warm gekry. Sommige dae het die temperature op 35C gedraai, en daar is weinig koeltebome. Dit het nog nie gereen nie en dus het bome nog nie blare gestoot nie.
Ek sal later fotos laai, mooi serverkat, leeus, renosters en selfs buffels raakgery.
Môre Wessel, bly julle is…
Môre Wessel, bly julle is veilig, al was dit so vinnig verby. Oor die algemeen vlieg tyd, maar as jy kamp, eish, dit is soos 'n vet gesmeerde blits.
Ek wag vir die fotos![]()
Week se raaksien
Middag vriende
Soos genoem, ons het darem 'n paar mooi diere fotos geneem.
Die kamp is maar vaak, droog en weinig koeltebome. Ons het teen ablusieblok C aan die dames kant gaan inkruip onder 'n boom.Genadiglik het Kavango 'n lugreelaar, wat middae gewerk het.





Wil nog graag daar gaan kamp…
Wil nog graag daar gaan kamp opslaan.