Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -2 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -5 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -16 hours ago

September - 2021 lente, kom groet en drink koffie

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

More almal September maand jou lekke ding geniet julle dag vrede

Vaalpark

Johann L

Wed, 29/09/2021 - 07:10

Goeie môre almal op hierdie laaste Woensdag van September 21, wie gaan braai vannaand?

Ons braai nie, Woensdae aande is ons middel week diens (bybel studie).

Ek gaan vandag weer eens die Penta skoon maak,  ag dit is lekker tyd verdryf. My vrou moet ook sommer die kos pak, klere ens, is permanent in die wa.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 29/09/2021 - 07:31

Lekker Johann.

Ek moet ook die 3B vir die kinderd was want hulle gaan kamp 23 Oktober.

Ja ek braai hopelik vannaand.

Geniet jou dag.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 29/09/2021 - 08:47

Goeie môore !

Ai, wat 'n pa darem nie vir sy kinders sal doen nie !

0

Môre vriende

So het ons elkeen ons eie roetine. Ek sal slegs my wa was, indien dit vuil is na 'n kamp. Ek hou daarvan om dit redelik skoon te berg.

Die Kavango staan ongelukkig onder 'n skadunet, maar toegemaak met 'n pas-oortreksel. Bo-oor dit trek ek nog 'n oortreksel, bloot om sy stert teen die son te beskerm. 

Ek mis my 7x7m afdak van my vorige huis. Die hele wa was die hele dag in die koelte, en die opwipdak kon oop gehou word.

Willem: Moenie joukinders so bederf nie. As hulle 'n skoon wa kom haal, moet hulle dit skoon terugbring.laugh

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Thu, 30/09/2021 - 05:19

Was lanklaas hier met alles wat gebeur het, het darem dinsdag vir my n 3de groot ys masjien gekoop en nou gooi ek ys dat die eskimos skaam kry.

Lekker laaste dag van September vir julle

0
Heidelberg GP

StephanS

Thu, 30/09/2021 - 17:40

Middag se mense. Hoop dat dit goed gaan met almal.

Sal weer bietjie meer gereeld moet inloer maar die werk hou 'n mens redelik besig (nie dat ek kla nie!). Na 'n jaar of 2 van swaar trek begin die son weer aan die einde van die tonnel  skyn.

Help nou in die motor smous bedryf en dan ook 'n maatskappy wat sport bemarking en bestuur hanteer.

Ek is maar die go-for en hanteer ook die webwerf en sosiale media aspekte.

Lekker aand almal.

PS - die wat 'n nuwe/ ander sleep of ryding kort, laat weet gerus devil

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus