More almal September maand jou lekke ding geniet julle dag vrede
Goeie môre almal op hierdie…
Goeie môre almal op hierdie laaste Woensdag van September 21, wie gaan braai vannaand?
Ons braai nie, Woensdae aande is ons middel week diens (bybel studie).
Ek gaan vandag weer eens die Penta skoon maak, ag dit is lekker tyd verdryf. My vrou moet ook sommer die kos pak, klere ens, is permanent in die wa.
👋 Môre sê Kampforum
Lekker Johann.
Ek moet ook die 3B vir die kinderd was want hulle gaan kamp 23 Oktober.
Ja ek braai hopelik vannaand.
Geniet jou dag.
Was van woonwa?
Môre vriende
So het ons elkeen ons eie roetine. Ek sal slegs my wa was, indien dit vuil is na 'n kamp. Ek hou daarvan om dit redelik skoon te berg.
Die Kavango staan ongelukkig onder 'n skadunet, maar toegemaak met 'n pas-oortreksel. Bo-oor dit trek ek nog 'n oortreksel, bloot om sy stert teen die son te beskerm.
Ek mis my 7x7m afdak van my vorige huis. Die hele wa was die hele dag in die koelte, en die opwipdak kon oop gehou word.
Willem: Moenie joukinders so bederf nie. As hulle 'n skoon wa kom haal, moet hulle dit skoon terugbring.![]()
Was van woonwa ? ...
Ek moet maar want en gaan hom Desember gebruik. 😉
Hulle het hom al vuil kom haal. 😫
Goeie môre almal!!
Was lanklaas hier met alles wat gebeur het, het darem dinsdag vir my n 3de groot ys masjien gekoop en nou gooi ek ys dat die eskimos skaam kry.
Lekker laaste dag van September vir julle
👋 Môre sê Kampforum
Moet nog gaan kyk wat is in die reën meter.
Geniet jou dag.
Middag se mense. Hoop dat…
Middag se mense. Hoop dat dit goed gaan met almal.
Sal weer bietjie meer gereeld moet inloer maar die werk hou 'n mens redelik besig (nie dat ek kla nie!). Na 'n jaar of 2 van swaar trek begin die son weer aan die einde van die tonnel skyn.
Help nou in die motor smous bedryf en dan ook 'n maatskappy wat sport bemarking en bestuur hanteer.
Ek is maar die go-for en hanteer ook die webwerf en sosiale media aspekte.
Lekker aand almal.
PS - die wat 'n nuwe/ ander sleep of ryding kort, laat weet gerus ![]()
More Forum en StephanS
Welkom forum geniet jou dag lekke om van jou te hoor StephanS en sterkte met jou motors smous vrede
Goeiemôre! Oppad…
Goeiemôre! Oppad Venterskroon toe saam met my 2 latte vir Voortrekker kamp.
Lekker naweek vir almal!





Geskuif na die "Twakpraat"…
Geskuif na die "Twakpraat" gesprekslyn.