More almal September maand jou lekke ding geniet julle dag vrede
More forum maats
Gaan groot en geniet jou dag selfde hier hoop reen is oppad vrede
Goeie môre almal, geniet jul…
Goeie môre almal, geniet jul dag, ons het darem so 2 mm reen behad en dit lyk of ons nog gaan kry, more kom glo goeie reen.
My arm is vandag effens seer en ek sit met hoofpyn met 'n kwaai moegheid na my tweede spuit gister.
👋 Môre sê Kampforum
Hier het darm so 4 druppels 🌧 geval maar die meter totaal gemis, maar hou duim vas. Ek onthou laaank terug het hulle gesê dit moet eers na oom Paul se verjaarsdag reën, dan is dit 'n mooi reën jaar.
Geniet jou Dinsdag.
👋 Môre sê Kampforum
Die krag is af hier by ons, dit is nie beurtkrag nie, wonder hoekom ?
Lekker koel en bewolk, hoop dit reën 🌧
Geniet jou klein Saterdag. 👍🔥🥩
Môre mense, geniet die dag…
Môre mense, geniet die dag ten volle, of jy braai of nie, of jy werk of nie, of jy niks doen of nie, of jy met pensioen is of nie....
Willem, ek lees geniet jou ..... (klein - gemis) Saterdag en dink, jy is nou te lank met pensioen, lees ek oor en besef, so ontstaan misverstande, mens lees wat jy dink, nie wat daar bedoel word nie![]()
Goeiemore hier vanaf Groenbossies uit die Baai
More hier uit die Baai
Ons besig om te pak vir 2 weke se wegbreek hier naby ons by Van Stadens ,was dit nie vir die Ganse, Eende en ringneke wat nou op eiers sit sou ons weer n draai by Yellowsands gemaak het
EC Groete
👋 Môre sê Kampforum
Neels, julle moet dit gatskop geniet.
Johann, ja dit is waar "mens lees wat jy dink". 🙂
Lekker dag vir julle.
Môre môre mense! Alweer…
Môre môre mense!
Alweer Vrydag! Hier het darem vanoggend al so 7 druppels geval hier by ons.
Lekker naweek vir almal! ![]()
Goeie môre mense, dis Vrydag…
Goeie môre mense, dis Vrydag, maak of julle mal is en doen alles.
Goeie môre almal geneit jul…
Goeie môre almal geneit jul dag , more is dit weer terug werk toe vir meeste mense.
Hier is dit 'n lekker dag, ek sien die ou akker boom op ons sypaaitjie is vanoggend vol pas gebore blaartjies. Dit is altyd vir my so mooi as die bome begin uitloop.
Wessel vertrek van dag Manyani toe, ek wonder wie nog kamp.
Ons kyk tans na Weesgerus vir die skool vakansie om die kleinkinders te vat vir 'n wel verdiende wegbreek. Ek het eers na Konka gekyk, dit sou ons R500 per nag kos, toe na Buffelspoort amper R5000 vir sewe nagte. Heng ek kan dit nie betaal nie.
Ons gaan met my dogter se lidmaatskap kyk of ons R272 per nag kan plek kry.
👋 Môre sê Kampforum
Ja Johann, dit is nie meer goedkoop nie, sterkte.
Geniet jou Sondag.
Goeiemôre almal. Dit is…
Goeiemôre almal. Dit is lekker koel hier by ons vanoggend, so 3 grade laer as gister. Ek dink dit is 'n teken dat dit vandag warm gaan word.
Die skilpad het daarem ook begin kop uitsteek na die winter hibernasie.
Lekker dag en week vir almal!





Goeiemôre almal! Ek is nou…
Goeiemôre almal! Ek is nou op my 2de beker koffie.
Gisteraand was hier darem donderweer en bietjie reën. Ek hoop daar is nog meer oppad.
Lekker dag vir almal!