More almal September maand jou lekke ding geniet julle dag vrede
Lapskag
Dan ook die skottels vol koeksisters....
Dit mag julle maar doen! Jy't my skielik daaraan herinner dat daar nog van dáái lekkergoed in die vrieskas is - al die pad uit die Lapskag-kombuis in Bloemfontein. Ons ruk onsself in die bek met daai lekkerste koeksisters wat in die vrieskas is - bang dit raak op. Ralie gee hare so 'n 10 sekonde draai in die mikrogolf. Ek eet myne net so as dit uit die vrieskas kom - so lekker krakerig buite-om en souserig aan die binnekant. Ek sê weer - julle mag maar!
Len se opmerking
Middag Len
Na aanleiding van jou opmerking, of waarneming dat mense verwys na die feit dat hulle goeters klaar betaal is;
ek dink sulke mense wil nie eintlik iemand beindruk nie. Ek vermoed dat hulle dit sien as 'n mylpaal, of dan prestasie wat bereik is.
Ekself is ook baie dankbaar dat ek geen skuld het nie, nie eers na 3 kinders deur universiteit nie. Dit het bloedsweet, spaar en afknyp en opoffering geverg. Ek wonder soms hoe ons dit reggekry het. Daar was tye wat ons as gesin saam besluit het, om nie 'n seevakansie te neem nie.
Ek kyk ook nie neerhalend na jonger mense wat nog in daardie drukgang is nie, want ek was ook daarin.
My opmerking.....
My opmerking was werklik onskuldig, net 'n waarneming dat op sosiale media daar dikwels melding van gemaak word dat "my bate xxx is klaar betaal" of "ek skuld niks op my bate xxxx nie" terwyl die onderwerp handel oor die betrokke bate self en glad nie daaroor of dit kontant betaal is, gefinansier is of afbetaal is nie.
Ek het maar net gewonder hoekom is dit belangrik dat dit soms genoem word. Iemand wat finansiering verantwoordelik gebruik om sy gesin se leefwyse te ondersteun en te vergemaklik (geskikte behuising, betroubare vervoer, mediese onkoste, studente-kostes, gesinsvakansies, ens) sou dit nooit kon doen daarsonder nie. Veral in die geval van jonger mense is verantwoordelike finansiering die boustene van 'n bate portefeulje wat in latere jare van onskatbare waarde kan wees.
Ek weet.....
Middag Len
... dat dit 'n onskuldige opmerking was. Ons gesels mos maar almal saam, lewer kommentaar oor lewenslesse, en leer van mekaar se ervarings.
Ons klomp forumlede moet nou nie so sensitief raak dat dit lekker gesels demp nie. Dit geld vir menige onderwerpe, en beskouings.
Motorhawens toe?
Môre almal
Waar is julle, is julle oppad na die Toyota handelaars??
Hulle het 'n "special" die naweek----bestel nou en ry volgende jaar 'n nuwe![]()
Goeiemôre almal! Julle…
Goeiemôre almal! Julle moet die Saterdag geniet en laat die wiele draai ![]()
Ek het darem vanoggend 52km kon gaan ry met my fiets wat klaar betaal is.
Môre almal wat kom inloer, …
Môre almal wat kom inloer, geniet die dag, lekker bewolk hier en die weer leunaars se, dit gaan so bly die week, verder vertel hulle ook dit gaan Woensdag reen.
Anton brek jy![]()
gaan ry met my fiets wat klaar betaal is.
Ek werk vandag
Ek het al 06:30 begin. Gelukkig werk ek vir myself. Ek brou ‘n pale ale (waarvan die bestanddele reeds ten volle betaal is).
More forumlede. Saterdae is…
More forumlede. Saterdae is my dag om huis maintenance te doen en dit hou nooit op nie. Ek wens baie kere ek is op pensioen en sal baie gedoen kry. Geniet jul saterdag tenvolle !!
Anton brek jy Johann het…
Anton brek jy
Johann het jy al gesien wat fietse deesdae kos? En daar is finansiering opsies beskikbaar by meeste handelaars. Gelukkig in die fiets mark kan 'n mens vorige jaar modelle nuut aankoop teen goeie pryse.
Inelkgeval - ek gaan nou ontbyt maak om weer my liggaam aan te vul nadut ek ongeveer 1423 kj verbrand het. (met worsies, eiers en brood wat klaar betaal is)
👋 Môre sê Kampforum
Vandag is dit Wijan se party by Zwartkops 4 wiel motor fietse vir die kinders en dan gaan die groot mense go-carts aanpak.
Geniet die Saterdag voluit.
Sit die Territory.....
Hello Willem
....deur sy passies om die baan. Blykbaar wil Ford ratkaste so af en toe goed opgeklits word.![]()
Vandag gaan daar vreeslik…
Vandag gaan daar vreeslik gekuier en gebraai word. Goeie drank is op die kredietkaart se budget rekening gekoop, moet die vriende beindruk. Die rekening help darem om n goeie lewens-standaard te handhaaf.
👋 Môre sê Kampforum
Wessel 🙂
Daai go-carts werk nogals mens se arms. Nou besef mens hoe lekker is die "power syeering & booster brakes" in vandag se voertuie.
Geniet jou Sondag.
Goeiemore hier vanaf Groenbossies uit die Baai
More almal ons verlede nag weer reen hier by ons gekry, ons begin weer pak Donderdag Van Stadens toe vir 2 weke
EC Groete uit die baai
Goeie môre vriende, geniet…
Goeie môre vriende, geniet die dag en die week.
👋 Môre sê Kampforum
Neels julle moet die pakkery vir "Van Stadens" geniet.
Geniet julle Maandag.
More almal lekke Neels
Neels geniet hom lekke dag vir almal vrede





Allergie
Oom Len, dis maar hoe ek grootgemaak is. Ek is allergies vir skuld en sien die ding so:
Afgesien daarvan dat dit baie duur is om iets met iemand anders (‘n bank) se geld te koop vanwee die rente, het mens mos eintlik niks geld solank as jy skuld het nie? Kom ons gestel iemand verdien R40 000 na aftrekkings (dis wat in sy bankrekening inbetaal word elke maand), maar hy skuld R500 000 op sy huis en R250 000 op sy motorkar. Dan is sy netto posisie -R710 000 en het hy inderwaarheid nie twee sente (of 10 sente deesdae) om teen mekaar te vryf nie.
Dis hoe ek my geldsake bedryf. Ek koop en betaal net wat ek werklik nodig het elke maand en die res gaan in my huisverband in. Sodoende spaar ek nie net ‘n helse klomp rente nie, maar ek het toegang tot redelike goedkoop krediet as ek dit sou nodig kry. Dis hoe ek my voertuie finansier - ek leen uit my verband (wat ‘n paar jaar gelede so te sê afgelos is toe my ma se boedel uitbetaal het, maar ek behou dit vir die redes wat ek reeds genoem het. Daar is tans ‘n flexi reserwebedrag van R788 184 beskikbaar). Ek het egter nog ‘n voertuig wat nie afbetaal is nie, die een wat ek soms agter die Everest haak. Daarop skuld ek nog R24 114.
Ek sou (as Toyota een beskikbaar gehad het) vir my ‘n nat nuwe Hilux kon gaan koop uit my verband, maar die Everest is nog betroubaar en ek kry nie ‘n klein hartaanval as die kinders daarin mors of dit per ongeluk gekrap word nie. So het elke ou maar sy manier van dinge doen, en ek oordeel glad nie mense wat graag nuwe rygoed koop al is dit op skuld nie. Ons gesin se finansies is van so aard dat ons maar sulke luukshede moet prysgee om volhoubaar te bly.