Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -18 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -18 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -22 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Tweedehandse voertuie ...

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie gespreklyn om raad te bespreek oor aankoop en verkoop van tweedehandse voertuie te deel.

Attachment Size
Used Car Inspection Sheet 189.62 KB

Middag neef Herman

Het jy die Prado verkoop in 'n oomblik van waansin, of het die koppie  geraas, of uitgehak vir 'n milli-sekonde. 

Ek neem kennis met leedwesesad

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 05/10/2021 - 11:49

Die Prado is n uitstekende voertuig, en nog in baie goeie toestand in ag genome dit is n 2003 model met nou 290 000km op. Die rede vir verkoop is tweevoud.

n Buurman sien ek ry n nuwe voertuig, en ek vra omtrent sy 2005 V6 Prado, Seg hy, " pasop vir die enjins sodra dit by 300k kom, dan blaas dit die topgaskets ,en dit kos so ongeveer R40k om reg te maak," die was sy 2de Prado wat dit gedoen het.  Dan die algemene betroubaarheid van n 18jaar oue voertuig is maar bedenklik as jy n 10k trip deur die duine wil aanpak. Ek sal heeltyd regop sit en luister vir geluide. Toe ek nog gewerk het, het ek nie n voertuig verder as 100 000km vertrou nie, en dit vervang.

Op die manier was nog nooit langs n pad onklaar geraak nie. So Wildehont, en Wessel, dit is n kop-ding ook nog. My torretjie wil van sy plankie afval

Hier staan n baie goeie LandCruiser 76 op die werf, met als wat nodig is om die wildernis aan te pak. Dit het nou net by 100k km uitekom. Deesdae moet die 100k limiet maar toegeplak word, gelukkig is dit n baie betroubare voertuig.

 

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 05/10/2021 - 12:17

dit kos so ongeveer R40k om reg te maak,

Ek dink ons het die Prado probleem al elders bespreek. Dit het met ‘n vriend van my se 2003 model ook gebeur (en bietjie meer as R40k gekos) en as ek reg onthou is die gasket onderdeel vervang van die 2006 model rond af aan. Ek vermoed egter dit gebeur voor 200 000km oor die algemeen. Maar as mens se werf so vol Toyotas staan hoef jy seker nie te klou aan een wat ‘n twyfelagtige DNA het wat jou kan laat staan nie. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 05/10/2021 - 15:32

As jy nie iemand ken in die handel wat dit vir jou kan gee nie, kan jy dit hier kry teen R20 per verslag. Vir R100 kry jy ‘n meer breedvoerige verslag wat ook aandui of die voertuig gesteel is en gefinansier is. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 07/10/2021 - 09:05

Sien die een nou op fb.

2008 Toyota Prado 4.0 V6 VX. 310000kms fsh, Very good condition, finance available, trade ins considered, we deliver nationwide. R239900.
Henry 08 2. 87 1 04 1 7

Wonder of hy ook "topgaskets" probleme gehad het ?

0
Worcester

Wildehont

Thu, 07/10/2021 - 09:18

Wonder of hy ook "topgaskets" probleme gehad het ?

As ek reg onthou het Toyota die onderdeel (gasket) wat die probleem veroorsaak het vervang van 2006 af aan.  Daardie is ‘n 2008 model so behoort OK te wees. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 08/10/2021 - 14:20

Ek het die Fiesta wat ek ‘n week gelede vir Salomien gekoop het se geskiedenis gaan naspeur by die plaaslike Ford agentskap. Dis nie omdat ek nie die vorige eienaar vertrou het nie, maar omdat daar ‘n Ford plakker in die deurraam van die bestuurder se deur is wat sê die kar moet voor 12 Oktober gediens word, anders verval die waarborg. Dit was vir my vreemd aangesien dit dan presies ses jaar oud sal wees. 
 

Ford het bevestig dat die waarborg reeds verstryk het, en daar nie ‘n verlengde Ford waarborg of diensplan uitgeneem is nie. Ek bevestig toe sommer die werk wat al aan die voertuig gedoen is. Daar is ‘n katalitiese omskakelaar (eie vertaling) vervang, en die enjin is wel vervang, maar minder as 4 000km gelede. Die volgende diens (die vyfde jaarlikse diens omdat die kar nog lae km het) kos ongeveer R2 500, en dis ‘n klein diens. Ek is dankbaar die waarborg het verstryk, want dis darem vrek duur vir olie en filters (as hulle ooit die olie vervang - die is nog mooi skoon). Die knaap wat my gehelp het sê ewe dis ‘n goedkoop diens, die cambelt diens is natuurlik ‘n duur een. Ek vra toe wanneer dit vervang moet word. Gelukkig is dit eers op 240 000km of 10 jaar. Gelukkig is die enjin nog nie eers twee jaar oud nie, en kan nog 236 000km aflê voor dan. 
 

Wat ek eintlik wou sê met die lang relaas, is dat mens nie moet vergeet dat jy baie oor ‘n kar kan uitvind by die agente. Ek het dieselfde gedoen met die RAV wat ek in 2018 gekoop het. Ek het dit egter gedoen voor ek die kar gekoop het om te hoor of daar groot kostes op die horison of groot probleme voor dit was waarvan ek moes weet. 

0

Hello Chris

Ek verstom my ook aan die pryse van onderdele. My voertuie word nie meer by die agente gediens nie, maar die olie, filters vonkproppe, maw. die minimum onderdele, draai ook maar ~R1700 vir eseltjie. Die besparing kom by die arbeid.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 08/10/2021 - 15:15

Mak brakkie, ek het verstaan dat jy nie meer by die agente hoef te diens vir die waarborg nie?

Dit moet wel net by ń MMI ( of so iets) wetkswinkel gedoen word.

My bakkie laasweek laat diens, nog onder waarborg, by ń plaalike wetkswinkel. Het skriftelik by agente bevestiging gekry dat dit nie die waarborg sal beinvloed nie?

Wat die geskiedenis can ń tweedehandse voertuig betref, ek het oor die jare net oor die 30 (45 as ek my vrou se voertuie bytel) gekoop. Rofweg helfte was tweedehanda en die ander helfte nuut.

Baie gelukig gewees en nog nooit ( begalwe een) ń dud gekoop nie!

Die dud was toevallig wel ń nuwe motor, Mercedes, wat my eindelose probleme gegee het. Moet erken dat Mercedes altyd dadelik reageer het en die probleme uitsorteer. Tot so mate dat hulle my na ses maande ņ nuwe motor gegee het!

 Ek het nog nooit ń tweedehandse voertuig se geskiedenis nagegaan nie? Nie seker wat dit my in die sak sou bring nie?

 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 08/10/2021 - 16:42

Ek het nog nooit ń tweedehandse voertuig se geskiedenis nagegaan nie? Nie seker wat dit my in die sak sou bring nie?

Die enigste kat in die sak wat ek nog gekoop het, was ‘n voertuig waarvan ek die geskiedenis (van misbruik) persoonlik geken het. Maar ek het dit steeds gekoop (by ‘n vriend van my - in ‘n kroeg) en nie omdat ek wou nie. Hy wou dit inruil maar Toyota het hom net inruil aangebied en ek het hom helfte tussen inruil en herverkoop aangebied, in wat eintlik ‘n grap was na ‘n rugbywedstryd op Loftus. Nooit weer nie. 
 

Met die RAV het Toyota in Hermanus (waar die laaste diens gedoen is) gesê die enjin het ‘n lek op die crank pulley seal, maar die eienaar wou dit nie laat regmaak met die laaste diens nie. Seker omdat sy geweet het sy gaan dit verkoop. Hulle het die inligting op skrif aan my voorsien. My betroubare werktuigkundige wat al vir sewe jaar ons voertuie diens, het die RAV nagegaan en vasgestel dit lek nie waar Toyota gesê het dit lek nie. Hy het die ware lekplek geseël amper 30 000km en meer as drie jaar gelede en dit lek steeds nie. Die Fiesta het net die kompressie probleem op silinder twee gehad, en die enjin is vervang. Dit gee my gemoedsrus om te weet daar was geen ander foute (veral wat nie herstel is nie).

0

Môre vriende

Ek dink daar is baie voordele in om 'n gebruikte voertuig se toestand en geskiedenis uit te vind, voordat mens dit koop. Ten minste kan dit verhoed dat mens 'n probleem aaanskaf. 

Daar is sekerlik minder voordele in as jy reeds die voertuig gekoop het. Al wat dan help is om maar net die diensrekord te bekom, sodat jy weet wat wel nie gedoen is nie.

Chris S: Is dit feit dat die "cam belt" eers op 240 000km vervang moet word? Ek vra want my dogter het ook so 'n Fordjie onlangs gekoop.  

0
Worcester

Wildehont

Sat, 09/10/2021 - 08:11

Is dit feit dat die "cam belt" eers op 240 000km vervang moet word? Ek vra want my dogter het ook so 'n Fordjie onlangs gekoop.  

Wessel, as sy die 1.0 EcoBoost het ja. Die enjin se cambelt se onderste rat sit in ‘n bak olie. Ek vermoed dis waarom dit so lank hou. Dis ‘n merkwaardige enjintjie, en het al klomp jare enjin van die jaar gewen in Europa. Hier is ‘n kort video oor die enjintjie. 

video
0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 09/10/2021 - 11:33

Dankie vir die video! Ja soos ek nog altyd sê FORD is die ander darem ligjare voor!

Ek dink die Amakrok bakkie gaan ook baie baat met die wat Ford hulle nou gaan bou!!!

Dalk sal Volkswagen ook nou ń slag ń top kwaliteit produk, wat baie betroubaar gaan wees, op die mark hê.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus