Lees nou Franslab se storie op Arie se bikers draad en wil nie die draad misbruik nie.
Lees eendag n storie van n man wat by Pienaarsrivierdam gaan visvang.
Het klaar gevang vir die naweek en die vistokke op die Fairmont se dak vas gemaak. Se toe vir sy vrou sy en die kinders moet vir hom by die kafeetjie so n ent vandaar vir hom gaan wag. Hy wil net vir oulaas kyk of alles opgeruim is.
Met die dat die Fairmont draai om terug te ry swaai die gewiggie met hoeke op want die hoeke is nie af gehaal nie. Die een hoek haak toe aan die man se vinger en hy kry dit nie betyds los nie en is toe agterna.
Die een seun kyk toe terug en sê vie sy ma sy moet vinnig ry want pa gaan ons vang en sit versnel toe met hom agterna.
Bly ek was nie daar toe sy later stop nie.
Vliegie vang
Eerste keer begin en geoefen by Drie berge se "dam" gedeelte en mamma en seuna loop verby en daar vang ek n "seuna" vir myself DAREM nie te ernstig gewees net n groot skrik.
Ek dink daar kan klomp mooi…
Ek dink daar kan klomp mooi stories in hierdie saak van visvang uit kom!





Kyk daai hoeke is 'n nare…
Kyk daai hoeke is 'n nare ding.
Toe ek so 'n maand terug vir die eerste keer met my oudste alleen gaan visvang kamp het, toe sit ek nie hoeke aan sy lyn nie, net sinkertjies en wurms. (want hy moet mos leer ingooi met die afere)
Hy het 'n paar keer met groot opgewondenheid vir my geskreeu: " wow, Pappa! - die lyn en sinker het so agter my oor deur gegly toe ek dit ingooi"
.. ek self het ook vele maal gevoel hoe slaan 'n sinker agter teen my rug of kop vas
Gelukkig geen hoeke aan nie!