Na die "daag jou uit..." draad, het ek besluit om ook so ietsie DIY op te sit wat ek nog in my 30's gebou het met die aankoop van my Jurgens 6 foet kamp waentjie. Ons het al so 40 keer met hom so gekamp.
Lank gedink en rond geshop het ek op die ou einde besluit om 'n standaard liggewig staal trommel 'n bietjie te modify, en amper die helfte van sy deksel afgesny.
Ek het ook lekker Heavy Duty 900mm bearing rails gekry om die kas op in en uit te skuif.
Aan die binnekant van die…
Aan die binnekant van die waentjie, as beskerming oor die trommel, het ek 30 x 3mm flat allu bar gebruik om 'n hokkie te form sodat ander goed bo-op kan rus en nie die kombuis kas toeval nie.
Binne in die kas het ek kompartemente gemaak en 'n sterk stretch materiaal gebruik om "pockets" te maak waar goed soos borde, lappe, glase ens kan inpas - so bly alles op hul plek en in plek gedurende kamp en ry.
MAAK OOP
TREK UIT
Die boonste gedeelte van die…
Die boonste gedeelte van die trommel deksel maak oop en het dan 'n kassie met eetgerei braai toerusting ens ingebou.
Ek het ook 2 oopvou tafeltjies aangeheg wat baie handig is om borde bekers ens op te pak.
'n Ingeboude Bistro stofie werk baie lekker vir water, rys, groente kook of vir 'n vinnige ontbyt.
Ek moet se die Campingaz stofie werk uitstekend. Hy self ignite met die draai van die gas knop en is die gas stoof wat 'n ketel die vinnigste kook wat ek nog gesien het. Hy is ook baie veilig en "unlock" die gas silinder indien nie in gebruik nie.
Altyd Binne in:…
Altyd Binne in:
12 L water kan, 1L warm water fles, 4 staal borde en glase, groot muskiet afweer kers.
4 staal koffie bekers en staal bakke, 1 Pan, 2 potte , braai rooster, pierings, plastiek bekers, papier borde en houers.
Opwasgoed, Skoonmaakgoed, Gas, Spesserye, Kook olie sout ens, lappe en afdroogdoeke.
4 x Eetlepels, 4 messe, teelepels, vurke, steak messe, Vleis mes en vurk, braai tange. Vliee net, skinkborde, opvou graaf, tafel doek, 2 magneet flitse, Ketel, Koffie, Suiker, Mielie Pap, Rys,.
Baie netjies.
Anton, dit lyk regtig mooi en netjies, reg vir kamp??
Jys oulik Voortrekker.
Ek love die lekker kombuis wat my man gebou het. Dit maak ons kamp sommer baie meer gerieflik en lekkerder. Jys oulik hoor...
Oulike outjie
Oulike outjie, ek is beïndruk - wel gedaan !
Wat pak jy volgende aan ?
Laat ek sommer hier ook die…
Laat ek sommer hier ook die neuskas byvoeg met die 20W son paneel wat die battery agter in die tailgate laai:
Len...volgende
Wat pak jy volgende aan ?
Len, die setup is perfek en kamp ons lekker.
Na drie jaar so kamp, het ek wel gedink om die kombuis kas oor te bou, ek kan eintlik baie meer uit die spasie kry en dan ook 'n wasbak extension en groter tafeltjies inbou.... maar dit mag dalk nooit gebeur nie, want ons kamp so lekker net so!
Baie netjies. Skoon jaloers…
Baie netjies. Skoon jaloers op die manne op die forum met die insig en vermoë om die tipe werkies aan te pak.
Knap gedaanVoorie, maar ek…
Knap gedaanVoorie, maar ek is diep teleurgesteld in jou!!
N ware MAN sou al lankal vir sy vroutjie n wasbak aangebring het!
Nee man, dis mos nie reg dat Lolla moet swoeg en sweet om die skotelgoed op n primatiewe manier staan en was terwyl jy op die forum rond hang nie!
Arie ! My vrou het 'n…
Arie ! My vrou het 'n splinternuwe wasbak gekry vir kamp, dit is net deel van 'n aparte opslaan eenheid (waarvan ek graag sal wil ontslae raak)
Die nuwe wasbak is selfs dieper en groter as die vorige een, 'n vrou se droom!
Darem weer bietjie respek…
Darem weer bietjie respek vir jou gekry, het jy die wasbak vir haar verjaarsdag of Kersfees gekoop.
Petra verjaar November en ek oorweeg om vir haar n goeie stel Geodore moer sleutels te koop.
Mens moet hulle soms maar so bietjie bederf, of hoe?
Daai sleutels is nogal duur, maar hulle, ag ek bedoel sy is elke sent werd!
Nee Arie ek het vir Lolla…
Nee Arie ek het vir Lolla vir haar verjaardag 'n baie nice kamera lens gekoop sodat ek mooi foto's van haar kan neem.
Nee wat ek is nou sommer wer…
Nee wat ek is nou sommer wer heel trots op, jy tree op soos n ware heer.





DIe enigste groot…
DIe enigste groot verandering (behalwe vir die rail se gate) wat ek aan die waentjie moes maak was om die "tailgate" se kettings af te haal sodat dit tot op die grond gaan, ander was daar nie genoeg spasie om die staal trommel deur te pas nie.
Regs onder aan binnekant van die tail gate is my 6ah battery en laaier wat ook 2 kabels voorisen na binne die hooftent en kombuis tent om die 3W LED lampe te dryf.