Forums
Na die "daag jou uit..." draad, het ek besluit om ook so ietsie DIY op te sit wat ek nog in my 30's gebou het met die aankoop van my Jurgens 6 foet kamp waentjie. Ons het al so 40 keer met hom so gekamp.
Lank gedink en rond geshop het ek op die ou einde besluit om 'n standaard liggewig staal trommel 'n bietjie te modify, en amper die helfte van sy deksel afgesny.
Ek het ook lekker Heavy Duty 900mm bearing rails gekry om die kas op in en uit te skuif.
Ind...............
Indrukwekkend ! Ek aanvaar egter julle braai buite.
Alles in plek
Nee wat Anton julle setup lyk of julle kan lank staan en kamp like





Julle manne dwing respek af,…
Julle manne dwing respek af, ek het een jaar (voor my vrou kon bestuur) vir haar 'n baie netjiese motor radio gekoop vir haar verjaardag, dit het so mooi gewerk in my kar.
Moet egter byvoeg, ek kry toe 'n blerrie elektriese braaipan vir my verjaardag, eish, vroue kan darem ondankbaar wees.