Net hier naby Cannon Rocks is daar 'n grondpad wat na die teenoorgestelde rigting draai. Tot nou ignoreer ons dit net. Oor die naweek sê iemand vir ons die grondpad loop tot by Alexandria en as jy nie omgee vir grondpad nie, is die natuurskoon nogal mooi. Ons steur ons nie veel daaraan nie, maar vanoggend besluit ons om maar te gaan kyk hoe dit lyk.
Die grondpad is nie sleg nie maar, na die afgelope paar dae se reën is daar heelwat modder op plekke. Die eerste 10 km of so, ry ons verby beesplase. Die mooiste weivelde, met duisende beeste. Dit lyk kompleet of dit die enigste plek in die Ooskaap is waar daar nie 'n droogte is nie, alles is pragtig groen. Dit is ook wat die erge modder veroorsaak, oral waar die beeste oor die pad loop na die verskeie afgekampte weivelde.
Die pad loop bietjie opdraend en ewe skielik sien ons die see. Ons ry vêr met die uitsig van die pragtigste branders en strande wat lyk of dit totaal ongerep is met geen ontwikkeling nie. Voor die see is nog weivelde, met die groenste gras en jy sien net beeste!
Die pad draai weer na die binneland en toe is ons binne in die pragtigste woud. Daar is 'n bord wat aankondig dat dit deel is van Addo Olifantpark. Die grondpad kronkel behoorlik tussen die ruigste plantegroei deur met pragtige groot bome.
Na die woud kry ons berge en dale en nog beeste.
Die pad neem ons toe tot by die kuspad waar ons regs draai na Alexandria.
Die Isuzu sal more gewas moet word maar dit was nou regtig die moeite werd.
Dit klink na 'n lekker…
Dit klink na 'n lekker avontuur Freda. Wat moet mens doen om jou te kry om foto's te neem en hier te plaas?
Voortrekker
Voortrekker, al genade is wag tot Augustus wanneer ek terug is by my huis en my rekenaar. Dan gaan ek probeer, ek belowe.
Grondpad..
Ek en Herry is alby ook lede van die Grondpad en Sandspoor groep op FB. Ek verkies om grondpad te ry en die mooi te sien. Die fotos wat die mense op daardie groep plaas is besoners en besef dan eers hoe baie ons mis as ons net op die snelweg bly.
Grondpad ry ook vir my
As jy eers die lekker van grondpad ry ontdek het, soek jy maklik na 'n verskoning om 'n nuwe grondpad te gaan verken. My gunsteling grondpaaie lê in die Karoo, die Noord-Kaap en die Bosveld - veral die Waterberg omgewing.





Freda, so ontdek mens soms…
Freda, so ontdek mens soms juweeltjies, wat andersins onbekend sou bly!!!