Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -38 minutes ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -40 minutes ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -40 minutes ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -50 minutes ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -51 minutes ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -57 minutes ago

Die Springbokke

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

'n vriend vra of ek weet wanneer oefen die All Blacks in Kaapstad.

Toe sê ek maar Saterdag middag so 5 uur

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 04/10/2017 - 19:17

Ai, Stephan, wys 'n bietjie genade vir die Bokke.  Mense, wat gaan ons doen as dit weer so 'n groot pakslae is?   Dalk is dit beter om eerder nie te kyk nie.......

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Thu, 05/10/2017 - 12:16

Behalwe vir die klompie rêrig Oudstryders hier op die forum.....

Wie kan nog onthou wanneer laas kon ons op 'n Vrydagoggend sonder 'n sweempie bekommernis sê -- die naweek gaan die Bokke darem weer lekker mors met .... wie ookal.

Ek kan nie lank genoeg terug onthou nie. Daai bende saam met Gary Teichmann was die naaste wat ons daaraan gekom het totdat hulle ook heel onverwags hulle rieme teen een of anner bleek Britse Bende styfgeloop het.

Ander gedagte wat ook in my kop ronddraai is -- wie gaan in die 2019 Wereldbeker eindstryd teen die All Blacks opdraf.

Hoe bedoel meneer dan nou ?????

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 05/10/2017 - 12:24

Wel, die All Blacks het klaar die reeks gewen.  Nou kan ons net hoop vir tweede plek, wat heel moontlik nie gaan gebeur nie.   As ons verloor teen die AB en Australië wen die Argentyne, dan is ons derde (uit vier!).

Andre, ja, ek glo nie ons sal ooit weer die rugbykoning wees nie.  My seun het die wedstryd in Auckland gaan kyk (0-57).  Op pad terug in die trein het 'n AB ondersteuner vir hom gesê hulle het gladnie die oorwinning geniet nie.  Hulle het nie gegaan om dit te sien nie.  Hulle wou die "once mighty Springboks" in aksie sien.   Hulle skryf dit daaraan toe dat iets hier nie reg is nie.  Die skrif is aan die muur.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 05/10/2017 - 12:43

Daar bewys Freda dit weer, statiek is 'n baie gevaarlike ding : om derde te kom klink nie sleg nie, maar o hel as daar net 4 spanne is, dan is dit 'n skande !

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 05/10/2017 - 13:33

Trots ontbreek en poletiek meng in sport en poletiek loop nie saam nie

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 06/10/2017 - 12:14

Wanneer skop die Bokke af Saterdag?? Elke 5 minute!!laugh

Welkom op kampforum De Brak -  hoekom lui daar 'n klokkie wat sê brakkies?

 

0
Ellisras

De Brak

Fri, 06/10/2017 - 12:28

Dankie man!Ek weet sommer ek gaan dit saam julle geniet!Jong ek het daai tyd huis toe gejaag na werk om Brakkenjan te kyk.Goeie storie gewees.Nou is ek ouer so nou is dit De Brak.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 07/10/2017 - 19:55

Al wat ek kan sê:   Wat 'n wedstryd!  Ek het nie vir een sekonde my oë van die TV skerm afgehou nie, ek het selfs die advertensies halftyd gekyk.  Die Bokke was die beste span op die veld.   Ja goed, daar was foute, maar die AB het ook foute gemaak.  Dit bewys hul is nie die perfekte span nie.   Ek haal my hoed af vir die Bokke.  Die All Blacks het nie verdien om te wen nie en ek dink hulle weet dit.  Daar was tye wat ons hulle ore aangesit het, veral in die tweede helfte.   Mooi Bokke!   Ek het weer hoop vir die toekoms.  Ons het verloor met een punt teen die beste span in die wêreld en dit maak nie saak nie want wat hierdie wedstryd bewys het is belangriker as die uitslag.  Na die groot nederlaag in NZ het ons weer ons karakter gewys en bewys ons gaan nie lê nie.   

Malcolm Marx moes "man of the match" gewees het!

Whoop, whoop, ek was trots op die Bokke vandag! 

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 08/10/2017 - 10:04

Noem my suur die beste man op die veld wat nie aangewys was nie was daai ref bokke puik julle my stil gespeel

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus