6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -3 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -5 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

Kgalagadi avontuur April 2023

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Weens die ewig stygende koste om Kruger wildtuin toe te sleep, het ek min of meer besluit ons toer van 29 Junie tot 19 Julie vanjaar is vir eers ons laaste daarheen. Toe mis ek SANPARKE se oopmaak van besprekings vir April 2023, en kon nie plek kry aan die SA kant van Kgalagadi nie. Oor die afgelope paar weke het ‘n agent in Botswana vir my plek probeer kry by Rooiputs en Polentswa. Vandag het sy vir my gestuur wat sy kon kry, en ek het gevra sy moet dit bespreek. 
 

Ons toer lyk so:

31 Maart: Kakamas Palmhof Chalets

1 & 2 April: Kalahari Sands (kampeer)

3 & 4 April: Polentswa (kampeer)

5 - 8 April: Rooiputs (kampeer)

9 April: Kenhardt hotel

10 April: Worcester 

Worcester

Wildehont

Thu, 23/06/2022 - 14:22

Mnr Boucher, ek is so bietjie verward (of dalk het ek nie mooi gelees nie?). Gaan julle twee keer Kgalagadi toe volgende jaar? Daar is eers TR, Mata-Mata en dan weer TR en dan Mata-Mata uit Namibië oppad terug van Henties af?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 23/06/2022 - 15:05

.... nee - ons was aanvanklik vanaf 13 Apr vir 7 nagte in Kgalagadi bespreek (net na die skoolvakansie) - 2 nagte in Twee Rivieren, 3 nagte in Mata Mata en die laaste 2 aande weer in Twee Rivieren.

Nou gaan ons vir die skoolvakansie saam met sy gesin in Henties hengel. Sondag, 9 April (die Sondag van Paasnaweek) vertrek ons vanaf Henties. Hulle slaap op die grens (Noordoewer) en ry die volgende dag huistoe. Ek en Ralie beplan om die Sondagaand oor te slaap in Windhoek en die Maandagaand op 'n gasteplaas naby Gochas. Dan Dinsdag, 11 April in by Mata Mata, maar ry dan Twee Rivieren toe waar ons nou 4 aande gaan bly i.p.v. die oorspronklike twee. Na die 4 aande verskuif ons Mata Mata toe volgens die oorspronklike bespreking (3 aande) en keer dan terug Twee Rivieren toe vir die laaste twee aande.

Ons is dus nou 9 aande in die park i.p.v. die oorspronklike 7.

Jammer as ek jou verwar het.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 23/06/2022 - 15:31

Dankie, nou verstaan ek ook. Gelukkig is die pad tussen TR en Mata-Mata nie te sleg nie. Dis net die brandstof koste wat my deesdae skugter maak vir ry…

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/06/2022 - 12:11

Middag vriende

.... is dit darem nie te erg nie. Mens sal net oor die sielkundige hekkie moet kom, erens moet almal 'n wegbreek van die roetine alledaagse lewe, neem.

Ek sukkel met die gedagte dat ek 'n woonwa het, en dan "duur" betaal om in alternatiewe verblyf te oornag. Ek is steeds van mening dat die ekstra brandstof maklik verdiskonteer kan word deur veel langer goedkoper te kampeer. Wel, ek weet dat dit so uitwerk in die wildtuin, maar ek is net 550km van die Kruger af.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 26/06/2022 - 14:11

... jy's mos nou 'n professionele leeglêer. Wat verhoed jou om vir 'n maand of twee in die wildtuin, of waar ookal, te gaan kamp.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 27/06/2022 - 07:56

Ek het Vrydag die vouchers van ons besprekings by Polentswa en Rooiputs en die nommers van die staanplekke wat toegeken is ontvang. Dis nie soos ‘n gewone oord waar staanplekke langs mekaar is nie. Hulle is ‘n ent uit mekaar, en by Polentswa is daar net drie. Ongelukkig het ons drie aande by nr 2 by Rooiputs en die laaste aand by nr 3 gekry. As ons nie iets kan uitwerk met die mense wat inkom op nr 2 vir ons vierde aand by Rooiputs nie, sal ons maar skuif na 3 toe en net lig opslaan. Dan is dit minder oppak werk die oggend wat ons die park verlaat. Hier onder is die beskrywings van die staanplekke wat ons gekry het. 
 

A
 

B

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/06/2022 - 09:41

Môre vriende

Met my geluk sal ek in 'n katjie vasloop en dan... drop dead voor ek by die long drop uitkom.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 27/06/2022 - 11:15

So nagtelike ontmoeting met ‘n vuilbaard sal die rioolwerke gou aan die gang kry. Gelukkig het ek mos my kamptoilet wat ek snags gebruik en in die tent ‘n porta vir Salomien en die kinders. 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 27/06/2022 - 12:07

Ek het die wenke van ‘n ervare besoeker op die 4x4 forum gekry. Gelukkig stort ons in die Kavango. Ons sal net die kinders mooi dophou en hulle snags eerder in die wa hou. Gelukkig gaan slaap hulle nie laat nie. 
 

  • Shower in the heat of day when the lions are more visible and often are lying up in shade and less mobile. Here we work in pairs with one on the lookout and the other within the wooden stockade/shower. Just make sure they are not sharing your own shade. Take along your own collapsable "bucket" shower with rope as at times they are broken or missing. A midday shower between game drives is so refreshing. Also best in the cold winters. Try not to leave too much of your draining shower water lying about on the sand and some drainage spade work may be required. Pools of water might attract lions to drink in the arid Kalahari. Also no dripping taps or basins of water "for the birds". Most of the lion visits for water are when darkness approaches and visibility is poorer. The walk in daylight to the nearest ablution facility is usually not too far.
  • Never leave out any food for lions or hyenas, even the odour could attract them into camp when your guard is down or visibility poor.
  • Braai early in the evening whilst your all-round visibility is good and any predators attracted by the smell can be tracked.
  • Pack all camping items into a closed vehicle, especially if they carry a food odour of any sort. No food or cooking utensils to be stored in a ground tent.
  • Do not throw any bones or scraps into the surrounding bush.
  • Night vision is a very important factor and too much light pollution leads to relative night blindness and could enable a lion to approach closely to you before giving you a nasty fright. In camp we only work with off-and-on headlamps and then have a couple of lamps on the edge of the camp to increase our field of vision and possibly to deter unwelcome visitors.
  • Camp setup. We always plan this logically as a routine. The vehicle at our back also screening the most open section of the camp, vehicle seats empty for rapid refuge and vehicle doors unlocked. Fire between the outside bush and where we sit with our backs to the vehicle, close-by. Some use the foldup windscreens on poles as a further barrier to the one side, but with my night vision I prefer a clear field of vision. We have never used electric wires or motion-detecting lights.
  • Someone will always be on the lookout, not obsessively but when one is busy with a camp chore the other is better if not too preoccupied. These sort of things become a routine and need not be a paranoid pain in the butt.
  • If in a rooftop tent and lions are about and inquisitive, it might be best to lift the vehicle bonnet to make it less attractive for them to climb onto the vehicle and explore. 
  • If in a ground tent and lions enter camp, best to remain completely silent, motionless and calm. Best to lie down so that either your silhouttes or yourselves cannot be seen (through the gauze). Always zip up the tent securely before sleeping and leave only as much gauze open as needed for decent ventilation.
  • When answering a call of nature in the dark, from a ground or RTT, or a vehicle campervan, this must always be done in pairs with a strong torch. The eyes of cats show up very brightly in the dark. Others may require a She-wee device or in fact a broad-necked screw top bottle such as HTH where the chlorine drowns any odours. Others devise some sort of chamberpot or even a portaloo.
  • If lions are spotted in the vicinity, be especially aware as darkness approaches, as many Kalahari lions have become somewhat human habituated and often do an exploratory circuit of campsites before setting off for the night. Be particularly aware if there are subadult lions present, they are particularly mischievous and inquisitive. Never leave out food or water.
  • At night cats become far more mobile, inquisitive and predatory. Just observe how the personality of your sleepy domestic cat changes at night to become a fierce hunter.
  • Lions are particularly stimulated to hunt by the presence of obviously weak and vulnerable children and even the sounds of ther voices. Next time just notice how caged zoo lions immediately fixate onto children. Thes kids have to be very carefully controlled in lion areas, especially as dark approaches.
  • It is a great privilege to "live amongst lions" and those campers behaving unsafely and causing habituation could bring this privilege to an end, or even cause the death of campers.
0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/06/2022 - 17:22

Naand Chris S

Baie dankie vir die plasing van die wenke. Ek was 'n ruk gelede baie ongewild omdat ek die 2de laaste ene op die forum gedeel het.

Dit daar gelaat, ek vermoed bitter min besoekers gee werklik ag aan hierdie wenke.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 27/06/2022 - 18:56

Wessel

Ek het dit self telkemale ervaar toe ek in toerisme gewerk het. Diere sien selfs ‘n oop wildritvoertuig as ‘n eenheid, nie as ‘n voertuig met 10 mense daarop nie. As daar egter ‘n kind op is en hy/sy praat sal leeus belangstelling toon en selfs hurk asof hulle wil bespring. Dit gesê het ek baie gesinne veilig vergesel op safari​​​​​, en Botswana het nie ‘n ouderdomsbeperking soos SA nie. Dit ten spyte daarvan dat hulle kampe nie omhein is nie. Uiteraard sal ons ekstra versigtig wees met ons spruite by, en hulle ordentlik voorberei. 
 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 28/06/2022 - 07:49

Wil nou nie jou draad kaap nie Wildehont, maar ek dink die gedagte dat leeus n voertuig met mense op as eenheid sien is dalk nie wetenskaplik getoets nie. Daar is te veel  gevalle waar leeus mense uit bome gehaal het, deur hutte se dakke gebreek het om in te kom, en selfs deur die venster van n voertuig probeer trek het.

Gaan lees Peter Hathaway Chapstick se boek "Death in the long grass" dit handel oor waar die mens deur die wilde diere gedood word. Nogaals nie die regte leesstof voor n wildernis trip nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/06/2022 - 07:54

....in die veld/kampeerplek in 'n kat sou vasloop, sal ek so bewe dat ek soos 10 persone vir die gedierte gaan lyk. Van die reuk praat ons nie eers nie.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 28/06/2022 - 08:32

Kyk nou kaap ons die draad lekker.

Herman, jy laat my nou terug dink. Ons laaste keer in Australia, so week voor ons terug SA toe vlieg, kyk ons klomp 'n reeks oor vlieg ongelukke. Nodeloos om te sê hoe benoud my vroutjie was.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 28/06/2022 - 16:24

Tot ‘n mate stem ek saam met Oom Neef. Diere herken egter vir seker die menslike vorm, en natuurlik ruik hulle ons baie maklik. Ons is die top roofdier op aarde, en maak sedert ons begin regop loop het alles dood - selfs mekaar. Diere het daarom ‘n instinktiewe vrees vir mense en vermy kontak met ons as die opsie beskikbaar is. Dit verander natuurlik as mense hulle voer of vir hulle kos laat rondlê, en dit mag tot ‘n mate die geval wees by Rooiputs en Polentswa. 
 

Wat ek weet van interaksie met wilde diere spruit uit my ondervinding met wildritte tydens werk as toer gids in 8 verskillende Afrika lande, 30 drie-dag staptoere wat ek in Botswana gelei het en my verblyf in onomheinde wildernisgebied in dieselfde land van ‘n totaal van drie jaar. Ek was nog nooit ‘n cowboy nie, en gaan vir seker nie kanse vat met my of my gesin en vriende se veiligheid in ‘n onomheinde wildernesgebied nie. Maar nou moet ek eers klaar gaan pak vir môre se toer na die Kruger maktuin toe. Daar is mos heinings om albei kampe waar ons gaan kuier. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 27/07/2022 - 11:14

Die vouchers vir ons ses aande se verblyf in Kgalagadi is eergister deur DHL afgelewer tesame met die papierwerk van Botswana Departement of Wildlife and National Parks. 
 

Ek moes ander verblyf soek oppad op, want daar word ‘n reuse sonplaas buite Kenhardt gebou en kontrakteurs het al die verblyf vol bespeek. Ek het die toerprogram aangepas in die beskrywing bo-aan die gesprekslyn.
 

Die eerste dag gaan ‘n lange wees, en die verblyf oppad daarheen en terug gaan duur wees. Ek dink nie ons sal volgende Desember weer kan bekostig om Dwarswegstrand toe te gaan nie…

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus