Die vaksnsie het ek gesien die battery wys nie meer groen in daai ogie nie, ook nie rooi nie en die karavaan se meter wys hy is vol. Toe op 'n stadium moes ek die karavaan meer as gewoonlik met die movers ry as normaal en daar is die battery pap.
Vat hom toe vandag in na Battery Centre om te toets. Hy wys hy is vol op 13.5v, die ou toets hom en sê sy oemf is maar op so 10A.
'n Nuwe een se prys is R 1,900 so nou soek ek rond vir beter prys op 'n 102A/H.
As ek hom vinnig onder die dak kry doen hy dit nog.
Oom Wilsur, ek lees met…
Oom Wilsur, ek lees met graagte oom se insette oor hoe om dinge makliker te maak, Sjoe ek like, en baie van myne is ook daarop gebaseer, gaan nog opsit, al is dit uit die ou dae toe ek nog by oom afgeloer het, nettoe wa gekoop is, al is die goete meer as jaar of twee gedoen, voel dit nog lekker om te sien hoe kamp ek daarmee..
Die Exclusive se Battery 2
Met die dat hulle die water pyp by die huis vervang moes ek noodwendig die Exclusive skuif. So stukkie vorentoe en agtertoe toe staan hy, haal die battery uit en laat hom toets waar ek hom gekoop het. Hulle bevinding is hy het Volts maar het nie Ampere nie en 'n nuwe een kos R 2,000 en dan kry jy R 200 terug vir die ou een. Vat hom eers terug sit hom in maar weer net so 1m toe staan hy, kom toe agter die "remote" is dood en hy wil nie weer aan kom nie. Gelukkig het myne 'n draad wat ek in die beheer boks kan in prop en dan in die hand beheerder en daar werk hy.
Nou wag ek om te sien of die battery genoeg krag gaan hê om hom terug op sy plek te kry as hulle klaar is. Dankbaar ek het nie dadelik 'n nuwe gekoop nie, maar daai ogie wat groen moet wys is dood maar die agent sê dit is nie altyd te sê wat die battery se toestand is nie.
Dit is mos nie normaal vir daai batterye om net 2 jaar te hou nie ? Hy is altyd by die huis op laai en dit is die beste volgens die agent.
Beste manier om battery te stoor
Terwyl ons op die onderwerp is mag ek vra wat die beste manier is om n deep cycle battery te stoor. Ek het ses maande gelede 'n baie duur battery gekoop wat nou net dood is. Wag vir die uitslag op die waarborg.
deep cycle battery te stoor ...
Pro Touch Batteries het gesê dit is goed en die beste om hom op laai te hou maar moet hom nie oorlaai nie.
Rabie, Ek het vit my een van daai laaiers gekoop by 'n kamp vriend van die ander forum teen R200 of R250 wat glo nie die battery oorlaai nie.
Die Exclusive se Battery 2
Ek het nou gesoek en op die "Invoice" afgekom en op hom staan daar "2 Jaar Waarborg" ek het nou vir hulle 'n e-pos gestuur en hoop dit gaan iets beteken want ons was mos in "lock-down" gewees.
Diep siklus stoor
Middag Mnr Rabie
Ekskuus, ek het jou naam vergeet.
Geluk met jou wa wat jy aangeskaf het.
Diep siklus batterye moet verkieslik altyd vol gelaai bly. As jou wa 'n goeie laaistelsel het, hou dit aangeskakel aan jou 220 V. Sodoende sal jou battery altyd vol gelaai bly, maar nie oorlaai word nie.
Tweedens, met sulke batterye is dit verkieslik om sodra dit kapasiteit verloor het, in gebruik was, dit so gou moontlik weer te laai tot vol.
Jy kan dit ontkoppel, maar dan sal dit net langer neem om af te loop.
Groete
Ek glo 'n batery moet altyd…
Ek glo 'n batery moet altyd vol gelaai wees, het my les jare terug geleer met batery wat af loop.
My Penta se huidige batery is meer as 4 jaar oud, en permanent op die wa se Herculus 10 op krag. Gewone "cranking" batery wat ek met 'n diep siklus sal vervang as dit eendag op pak.
Ek ry baie min met my bus en…
Ek ry baie min met my bus en het n smart charger op om gesit. Dit werk vir my.
Het selfs een op my HiLux bakkie. Daar is n permanente punt op wat onder bonnet uithang. Wat ek koppel en ontkoppel,as ek wil ry. Ek ontkoppel ook nie die battery se pole nie. Battery is nou 7 jaar oud. Willard.
Sommer so...
Sommer so 'n bietjie nuus van my battery-ervaring. Met die installering van my PowrTouch "mover" op my Exclusive 4 jaar gelede, het ek 'n 102Ah high cycle Deltec battery voorsien omdat ek twee van hierdie batterye in my huis-inverter het wat nou al vir 6 jaar foutloos werk.
Wanneer ons dan en wan kamp sonder krag, sorg ek deur middel van my National Luna battery monitor dat die volts nie onder 11,5V daal nie. Ek het vanoggend 'n toets gedoen deur al die ligte in die wa aan te skakel (almal is vervang met LED's, down lights en voormalige buisligte). Na 10 ure het die battery net 0.87V verloor en al die ligte het nog ewe helder gebrand.
Om nie met my broek op die knieë gevang te word nie, sal ek binne die volgende paar dae ook die wa met die "movers" uittrek en weer terug trek om seker te maak die battery kan dit ook nog doen. Wanneer ons kamp sonder krag, probeer ek om eerder nie die "movers" te gebruik nie om sodoende batterykrag vir die ligte te spaar.
Willem, moes jy toe al jou battery vervang ?
Battery ...
Len, nee. Ek het gister die battery terug gesit en die karavaan weer onder die dak ingery. Nou weet ek nie of die ding regtig so dood is nie ? Moet wel die remote se battery vervang.
Sal maar eers wag, die volgende kamp sal seker eers Desember wees.
Willem se pappery
Môre Willem
Ek sal eers daai battery ordentlik laai, en selfs laat toets onder las, voordat ek dit sal vervang.
Dalk was dit jou remote se battery wat jou rondneuk.
Groete
Willem se pappery
Wessel ek het hom juis na die ouens toe gevat waar ek hom gekoop het en volgens hulle is hy gedaan. Hy is altyd gekoppel om te laai en daai glasie wat kleur verander is ook dood.
Inskrywing "Tue, 11/08/2020 - 15:28"
laat hom toets waar ek hom gekoop het. Hulle bevinding is hy het Volts maar het nie Ampere nie
Gewone kar battery
My movers se battery het gegroet toe ons in Mosselbaai was. Met navraag het klompie mense aanbeveel om sommer gewone kar battery te koop. Ek het toe Tuinroete Karavane gebel in Mosselbaai en met hul tegniese persoon gepraat. Hy sê hulle self gebruik net gewone kar batterye op hul movers en het goeie resultate...hy het my na n gewone battery plek verwys vir beter pryse....baie nice van hulle gewees
My 102Ah high cycle Deltec battery................
............wat ek in die Exclusive gebruik vandat die PowrTouch "mover" geïnstalleer is, begin nou tekens van gedaan wys. Ek kom agter tydens beurtkrag val die volts vinnig af sonder dat daar krag verbruik word.
Ek het nou 'n prys gekry vir 'n deep cycle Exide 100Ah battery vir R2600 en gaan dit sommer môre vervang voor die spulletjie ons in die Wildtuin in die steek laat.
en gaan dit sommer môre…
en gaan dit sommer môre vervang voor die spulletjie ons in die Wildtuin in die steek laat.
Goeie besluit.
Gewone loodsuur
As mens nie die battery diep ontlaai voor dit weer laai nie kan jy ‘n gewone loodsuur gebruik. Ek gebruik een as die tweede battery waarvan ons Engel 40l in die Ranger loop om ons drankies koud te hou. As ons stil staan by ‘n plek soos Dwarswegstrand is die DC-DC laaier permanent aan die Kavango se 12V gekoppel. In die Krugerwildtuin laai dit tydens wildritte van die voertuig se 12V af met die DC-DC laaier. Daar is dus geen risiko dat die battery sal seerkry nie.
Diepsiklus batterye is ook loodsuur, hulle het net dikker plate wat nie so maklik buig nie. Mens kry natuurlik AGM en gel wat die suur op ‘n ander manier berg as die flooded tipe.
My AGM batery het nie eers…
My AGM batery het nie eers sy waarborg tyd gehou nie, toe ek dit terug vat wou ek niks weet van weer 'n AGM nie, Battery Centre het my toe 'n diep siklus in sy plek gegee. Die een hou nou al meer as twee jaar en geen probleme nie.
Met 'n AGM moet jy seker maak dat die laaier dit kan hanteer anders gaan jy skade kry, dit is natuurlik net my opinie en ek mag verkeerd wees.
Ek het nou reeds ...
... vir etlike jare (ek raai 5 jaar+) 'n Willard diep-siklus battery in my wa wat ek by die plaaslike SupaQuick gekoop het. Die battery staan 24/7 gekoppel aan die wa se batterylaaier - en "touch wood", ek het nog nooit probleme ervaar nie. Ek laat maar elke keer die battery toets voordat ek gaan kamp en dit was nog pal honkie-dôrie.





Gister kontak een van my…
Gister kontak een van my WilSur kampvriende my en sê ek moet Flip by Pro Touch Batteries kontak, sommer hier naby ky in Daspoort (012-379-0790).
Bel hulle toe en praat met die seun, hy sê ek moet vanoggend sy Pa kom sien, doen toe vanoggend so, toets weer die battery en ja hy is vol gelaai maar het nie meer oemf nie.
Besluit toe maar om nuwe een te koop en vra toe vir die beste prys. Hulle weeg toe die ou battery en vra my toe R 1,590 vir hom en hy het 'n 2 jaar waarborg wat ook beter is as die ander ouens.