6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het 'n vragie....  Sal… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -8 minutes ago
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -12 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -13 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -19 hours ago

Woonwa agterligte.

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Na my onlangse probleem met my woonwa se agterligte wat gefaal het by my terugkeer van my kamp af het ek begin dink om my agterligte op te gradeer.

Het navorsing gedoen maar kon nie ligte eenhede kry wat in my bestaande openinge pas nie. Het toe begin om my bestaande ligte om te skakel na LED ligte toe. Het na 'n paar opsies gekyk en toe 'n stel sleepwa ligte gekoop en dit gepas in my bestaande houers. dit is hoedat dit toe uit gekom het. Sien foto onder. Het net een flikkerlig aan geskakel vir duidelikheid

Agter ligte

Centurion

Dusty

Wed, 01/11/2017 - 19:35

Anton, dit was nie net n "swop" nie. Dit was n bietjie dink werk ook. Ek het die bordjie waarop die LED's is in twee gedeel en ekstra draad aan gesoldeer. Sal probeer onthou dan sal ek more die oorspronklike liggie se foto opsit

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 01/11/2017 - 19:36

Dusty, dit lyk baie netjies, ek wag op jou antwoord op Anton se vraag, ek het LED gloeilampe gekoop, maar dit was te "dof" na my mening.

Sal graag fotos wil sien van die eenheid as geheel.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 02/11/2017 - 06:51

Is jou sleepvoertuig gelukkig met die LED-omskakeling ?  Party (Frord Ranger ?) hou mos nie van 'n sleepding met LED's nie.

0
Centurion

Dusty

Thu, 02/11/2017 - 07:23

Len, die bedrading van die sleepstang het sy eie module en ontvang net 'n sein van die voertuig se verskillende ligte af. Die sein ativeer die module en dit laat die wa se ligte werk. Ek het al gesien dat daar 'n eenheid is wat tussen die wa se koppeling en die sleepstang se koppeling inskakel wat die voertuie wat daarmee sukkel kan oorbrug. sal kyk of ek 'n foto van dit het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus