Laat ons bietjie lag oppie Maandag.
Vraag in vraestel op skool: …
Vraag in vraestel op skool:
Motiveer asb jou antwoord
Skolier antwoord toe as volg:
Kom antwoord, kom ou maat, amper daar, jy kan dit doen!!!
Johann, ek het my nou…
Johann, ek het my nou gebreek vir daai een. Nogal waar, as ons vrouens dit sê, moet jy nie waag om na ons te luister nie.
"Just play dead" - goeie een!
''n Dogtertjie gesels met…
''n Dogtertjie gesels met haar juffrou oor walvisse. Die onderwyseres vertel dat dit fisies onmoontlik vir 'n walvis is om mense in te sluk omdat sy keelgat te klein is.
"Maar juffrou," sê die dogtertjie -". . .'n walvis het dan vir Jona ingesluk en weer later uitgespoeg!"
"Dis sommer 'n storie!" sê juffrou - "Walvisse kan dit nie doen nie!"
"Wanneer ek in die hemel kom, gaan ek vir Jona vra" sê die dogtertjie.
"En as Jona nou in die hel is?" wil juffrou weet.
"Dan..." sê die dogter "... moet juffrou hom maar vra!"
Johann, jy laat my nou aan…
Johann, jy laat my nou aan die storie van die rugby dink.
Onderwysres in Engeland vra die klas wie support die Engelse rugby span. Almal steek hande op behalwe een dogtertjie.
Vir wie support jy vra sy haar toe.
Die Springbokke se sy toe.
Hoekom vra die onderwyseres?
Want my pa support hulle en ook my ma.
Nou as jou pa 'n idioot is en jou ma ook wat maak dit jou vra die onderwyseres?
'n Engeland supporter antwoord sy
Jy is darem met 'n stormer…
Jy is darem met 'n stormer getroud Lolliefie ![]()
Kyk ons Blou Bulle is darem…
Kyk ons Blou Bulle is darem BULLE!
Net jammer julle kan nie Rugby speel nie ![]()
Jy is darem met 'n stormer…
Jy is darem met 'n stormer getroud Lolliefie![]()
Hoe se hulle altyd, die liefde is blind!
Voorie, met so wors hoef…
Voorie, met so wors hoef geen man rugby te kan speel nie!!!
As ek nou moet kies, kies ek…
As ek nou moet kies, kies ek die Bulle se wors. Dik wors is meer juicy en vullend.
Hier in die Baai kry mens deesdae meer dun wors, blykbaar 'n tekort aan dik derms. Het julle dieselfde probleem of het julle nog genoeg dik wors bo in die land?
Enige leek kan sien dat…
Enige leek kan sien dat daardie pakkie Bulle-wors is sommer so n slapperige ding terwyl die Stormer-wors duidelik lekker styf gestop is.
Chris, jy speel lekker met…
Chris, jy speel lekker met die woorde ne, kan daai lees net soos jy wil.
Ek wou net vir die Tannie geluk wens met haar keuse van dik wors wat dan so lekker is, toe kom jy met jou slapperige wors!





Predikant wat huisbesoek…
Predikant wat huisbesoek doen by 'n plaas gemeenskap. Die plase is nogal ver uitmekaar. Dit was laataand toe hy by die laaste een klaar is.
Plaasboer vertel vir die predikant as gevolg van al die wild wat daaityd van die nag op die paaie wei is dit lewensgevaarlik om op die pad te wees. Hy, die predikant, moet maar oorslaap tot die volgende oggend en aangesien hy, die predikant, nie getroud is nie sal dit mos nie 'n probleem wees nie.
Ongelukkig is die enigste oop bed in die kamer saam met sy, die plaasboer, se vyf jarige seuntjie.
Predikant sê dat dit nie 'n probleem is nie.
Net voor die predikant gaan slaap staan hy langs die bed op sy knieë en prewel sy gebed baie saggies. Die seuntjie het hom so bekyk en skree toe kliphard. "Pa, kom kyk, dominee is besig om die komberse op te eet"