Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Daarshy! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Voortrekker -5 minutes ago
bollie vraag gewees Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
Len, Len gaan weer Kruger Wildtuin… Johann L -1 hour ago
Antwoord op Wessel se vraag Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago
Dit is ... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Chris Boucher -2 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -11 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Brackenfell

HennieBo

Wed, 12/09/2018 - 06:30

Dokter sê aan 'n vroue pasiënt: "Jou hart, niere, longe, bloeddruk, pols is als 100%, nou kom ons kyk na die dingetjie wat julle in so baie moeilikheid kry"

Met dié begin die vrou haar onderklere uittrek.

Die dokter stop haar en sê: "Nee, nee. Jy hoef nie uit te trek nie. 

Steek net jou tong uit vir my."

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 13/09/2018 - 06:36

Twee skoolvriende ontmoet mekaar 10 jaar later by 'n "mall". tydens hulle geselsie begin hulle oor hulle eggenote praat.

Eerste een vra toe of die ander een getroud is.

ja antwoord die ander een.

Met wie vra die eerste een.

Met 'n vrou sê die tweede een.

Dit is mos logies sê die tweede een. Weet jy van iemand wat met 'n man getrou het.

Ja antwoord die tweede een.

Wie? vra die eersre een.

My vrou sê die tweede een

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 14/09/2018 - 10:44

Piet vat sy gesin Kaap toe. Sy seun Jannie maak vriende met 'n coloured laaitie. Jy is seker 'n local? vra Jannie, want ek sien jou voortande is uit!!

Die coloured sien Jannie se draaitjies in sy mond en vra, en Jy is seker van Joburg ne'? Hoe het jy dit geweet? vra Jannie.. "Want ek sien jy het LEKTRIEK FENCE in jou bek" laughsurprise

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 15/09/2018 - 12:44

Die lang slanke pragtige blond het 'n afspraak by die Ginekoloog. Haar Giny se spreekkamer is reg bo 'n bakery.

Toe sy nou so mooi le met haar voete stewig geplant in die stibeule en die Dr net so begin kyk, waai die reuk van die varsgebak deur die venster in.

Vra sy "Dr word jy ook lus as jy so lekker  vars koek ruik?"

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 15/09/2018 - 12:47

Moet erken ek het ook 'n groot swak vir lekker vars vanila koek, seker die lekerste lekker wat daar is!

Toe ek dit die eerste keer eet, dog ek dit is Kersfees en al my verjaardae saam tegelyk - so lekker was dit!!!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 17/09/2018 - 11:10

Jannie se ma sê hy moet sy pa by die gholf bel en hoor wanneer kom hy huis toe.  Jannie kom terug en sê vir sy ma 'n tannie het geantwoord en sê Pa is nie beskikbaar nie.   Ma is dadelik opgeruk en toe Pa by die huis kom, gee sy hom dadelik 'n hengse dwarsklap.   "Ag nee man, vir wat klap jy my so?' wil Pa weet en Ma se vir Jannie "sê vir jou pa wat daai vrou vir jou gesê het".  Jannie verduidelik toe mooi:  "The subscriber you have dialed is not available at the moment.  Please try again later".

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 17/09/2018 - 11:53

Hello mede kampers

die storie gaan so;

dominee knoop geselsie aan met Pietie by sondagskool, en vra hom--ry jou pappa nog met sy Hilux?

Antwoord Pietie-- nee dominee, hy het mos 'n werk gekry.

Groete

Wessel

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus