Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -53 minutes ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Kgalagadi temperature Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Verbeel ek my of het............... Oktober 2026 saam gesels Len Loader -1 hour ago
Herman Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Lekker Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -1 hour ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 18/10/2018 - 10:38

Predikant wat huisbesoek doen by 'n plaas gemeenskap. Die plase is nogal ver uitmekaar. Dit was laataand toe hy by die laaste een klaar is.

Plaasboer vertel vir die predikant as gevolg van al die wild wat daaityd van die nag op die paaie wei is dit lewensgevaarlik om op die pad te wees. Hy, die predikant, moet maar oorslaap tot die volgende oggend en aangesien hy, die predikant, nie getroud is nie sal dit mos nie 'n probleem wees nie.

Ongelukkig is die enigste oop bed in die kamer saam met sy, die plaasboer, se vyf jarige seuntjie.

Predikant sê dat dit nie 'n probleem is nie.

Net voor die predikant gaan slaap staan hy langs die bed op sy knieë en prewel sy gebed baie saggies. Die seuntjie het hom so bekyk en skree toe kliphard. "Pa, kom kyk, dominee is besig om die komberse op te eet"

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 18/10/2018 - 11:15

Johann, ek het my nou gebreek vir daai een.  Nogal waar, as ons vrouens dit sê, moet jy nie waag om na ons te luister nie.laugh   "Just play dead" - goeie een!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 18/10/2018 - 14:02

''n Dogtertjie gesels met haar juffrou oor walvisse. Die onderwyseres vertel dat dit fisies onmoontlik vir 'n walvis is om mense in te sluk omdat sy keelgat te klein is.
"Maar juffrou," sê die dogtertjie -". . .'n walvis het dan vir Jona ingesluk en weer later uitgespoeg!"
"Dis sommer 'n storie!" sê juffrou - "Walvisse kan dit nie doen nie!"
"Wanneer ek in die hemel kom, gaan ek vir Jona vra" sê die dogtertjie.
"En as Jona nou in die hel is?" wil juffrou weet.
"Dan..." sê die dogter "... moet juffrou hom maar vra!"

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 18/10/2018 - 14:26

Johann, jy laat my nou aan die storie van die rugby dink.

Onderwysres in Engeland vra die klas wie support die Engelse rugby span. Almal steek hande op behalwe een dogtertjie. 

Vir wie support jy vra sy haar toe.

Die Springbokke se sy toe.

Hoekom vra die onderwyseres?

Want my pa support hulle en ook my ma.

Nou as jou pa 'n idioot is en jou ma ook wat maak dit jou vra die onderwyseres?

'n Engeland supporter antwoord sy

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 19/10/2018 - 10:36

As ek nou moet kies, kies ek die Bulle se wors.  Dik wors is meer juicy en vullend.

Hier in die Baai kry mens deesdae meer dun wors, blykbaar 'n tekort aan dik derms.  Het julle dieselfde probleem of het julle nog genoeg dik wors bo in die land? 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 19/10/2018 - 11:01

Enige leek kan sien dat daardie pakkie Bulle-wors is sommer so n slapperige ding terwyl die Stormer-wors duidelik lekker styf gestop is.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 19/10/2018 - 12:45

Chris, jy speel lekker met die woorde ne, kan daai lees net soos jy wil.

Ek wou net vir die Tannie geluk wens met haar keuse van dik wors wat dan so lekker is, toe kom jy met jou slapperige wors!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus