Aangesien Auntie Freda nog skottelgoed was sal ek maar n grappie plaas
Die meisie bring haar lang takhaar kerel huis toe vir die eerste keer .Hy het n leer baadjie aan en sulke vieselike oor-ringe .Die Ma en Pa kyk net en se niks die meisie nooi die ou vir aand ete .So sit hulle om die tafel en eet ,toe almal klaar ge-eet het sit hulle net daar die skottelgoed word nie verwyder van die tafel af nie en niemand se n woord .Die meisie fluister in die kerel se oor dat die eerste persoon wat praat moet die tafel afdek en skottel goed was .Hmmm dink die kerel en hy steek sy hand in die meisie se bloes in .Niemand se n woord die kerel staan op gryp die Ma en soen haar vurig .Weer se niemand n woord skielik begin dit te reen en die kerel haal sy Vaseline uit om op die Harley Davidson se chrome dele te vryf sodat dit nie roes nie .Die Pa sien die bottletjie Vaseline spring rats op en kondig aan Okay ,Okay ek sal die damn skottelgoed was .
BLOU
Daar was eendag 'n blou mannetjie. Sy blou wekker maak hom wakker in sy blou kamer op sy blou bed onder sy blou komberse. Hy staan op en trek sy blou slippers en sy blou japon aan. Hy loop na sy blou badkamer toe en skeer sy blou baard met sy blou skeer room. Hy klim toe in sy blou stort en was sy blou lyf met sy blou seep. Hy klim uit nadat hy sy blou hare gewas het en hy droog homself met sy blou handdoek af.
Hy trek toe sy blou werksklere en sy blou skoene aan. Hy sit sy blou horlosie aan en loop by sy blou trappe af. Hy maak vir hom blou koffie in sy blou beker en eet blou pap in sy blou bakkie met sy blou lepel.
Toe gee hy vir sy blou hond blou kos en sê “tata bloues”.
Hy sien toe hy gaan laat wees en gryp sy blou sleutels en sy blou aktetas en sluit sy blou huis, hardloop oor sy blou gras, maak sy blou garage oop en sit in sy blou kar.
Lekker hou ek julle nou besig met n klomp strooi
Hierdie storie is ook beskikbaar in geel, rooi en groen.
Ai maar ek het nou lekker…
Ai maar ek het nou lekker gelag vir wat julle hier kwytraak![]()
As jy vermoed jy het…
As jy vermoed jy het varkgriep, sit jou hand op 'n warm plaat.
As jy bacon ruik, weet jy, jy het vark griep.
MAAR, as jy vermoed jy het voëlgriep, moenie die prosedure volg nie
'n Kerk in Groot-Brakrivier…
'n Kerk in Groot-Brakrivier het 'n baie aantreklike orrelis met groot borste gehad. Hulle was so groot dat hulle gewip en geskud het terwyl sy die orrel speel.
Ongelukkig het dit die gemeente se aandag baie afgelei. Die dames van die gemeente was baie ontsteld:
Hulle sal iets aan die saak moet doen, of iemand anders kry om die orrel te speel.
Een van die dames het haar baie diskreet genader en haar die raad gegee dat sy groen perssimons moet fynmaak en dit oor haar borste moet smeer.
Dit sal hulle laat krimp, maar die perssimons is baie suur en sy moenie daaraan lek nie, dit sal jou mond op 'n knoop trek en jy sal 'n ruk lank nie lekker en duidelik kan praat nie.
Die goedbedeelde orrelis het die raat aanvaar en teësinnig so gemaak.
Die volgende Sondag het die dominee die preekstoel bestyg en gesê:
"Weenth omthandughede buide mui beheur thal daal nie vandag 'n pleuk weuth nie..."
Dankie Johann, lekker lag ek…
Dankie Johann, lekker lag ek nou!
Hier is enetjie, 'n dag na Vrydag.....
Oom Kallie en sy vrou, Hessie, woon daar diep in Namakwaland. Oom Kallie wil baie graag New York toe gaan voor hy doodgaan. Tant Hessie is nie baie lus vir die spul nie want sy verstaan nie een woord Ingels nie.
Oom Kallie sê vir haar: "Ag vrou, jy hoef niks met die mense daar te praat nie, ek sal praat en vir jou vertel wat hulle sê". Tant Hessie gee toe maar in en die twee is hier oor met die vliegtuig. By die lughawe kry hulle 'n taxi om hulle na hul hotel te neem.
Taxi driver: Good day, where can I take you guys?
Tant Hessie: Wat sê hy, my man?
Oom Kallie: Ag, vrou, hy sê hello en hy gaan ons na ons hotel neem
Taxi driver: Where are you guys from?
Tant Hessie: Wat sê hy, my man?
Oom Kallie: Ag vrou, hy vra waarvandaan ons kom. "South Africa" antwoord hy die bestuurder.
Taxi driver: Oh, I went to South Africa once, years ago. All I can remember is that I had the worst sex of my life in that country.
Tant Hessie: Wat sê hy, my man?
Oom Kallie: Ag vrou, hy sê hy dink hy ken jou!
'n Vet vrou stap uit…
'n Vet vrou stap uit McDonalds met 2 hamburgers, 'n pak chips en 'n coke. Daar sit 'n boemelaar en sê in 'n smekende stem: "Mevrou, ek het twee dae laas geëet". Die vrou steek 'n chip in haar mond en antwoord: "Fokkit, ek wens ek het jou wilskrag gehad".










Brannas