Ek weet nie hoeveel mense die rand volg nie. Ek het permanent n skerm grafiek op my rekenaar wat die prys lewendig vertoon. In die laaste uur en n half het die rand versterk van R12.02 tot nou huidiglik R11.93.
Ek is nie seker wat die rede is nie maar dink dit het iets tedoen met die gerugte van Zuma en die feit dat Ramaposa in Davos is en nie Zuma nie...
Deon......
Deon, ek kyk ook graag aan die einde van elke dag hoe die Rand presteer. 'n Rand wat sterker word reflekteer gewoonlik 'n positiewe uitkyk op Suid-Afrika, maar moet tog versigtig oorweeg word indien die geldeenheid waarteen gemeet word (US$ in hierdie geval) swak presteer. Ek dink tog die politieke gebeure van die afgelope weke het 'n positiewe uitwerking op die Rand en wanneer JZ uitgeskop word, sal die Rand drasties verder verbeter.
Ouens (soos ek) wat redelik belê het in Rand-verskansers om 'n ou se geld te beskerm teen 'n dalende Rand, verloor natuurlik iewat teoreties, maar daardie "verlies" realiseer eers as jy die Randverskansers verkoop. 'n Sterker Rand het vele voordele vir meer bekostigbare invoere, maar knou gewoonlik uitvoere en toerisme - dit skep egter die broodnodige positiewe uitkyk op landsake.
Soos ek............
Soos ek dit verstaan is die Suid-Afrikaanse rentekoers beweging eerder gekoppel aan die beweging van Suid-Afrikaanse inflasie. Aan die ander kant is die beweging van die Rand gekoppel aan die in- en uitvloei van valuta na/van Suid-Afrika. Die Rand presteer in die jongste tyd "goed" veral omdat dit gemeet word teen 'n sukkelende US$. Die vooruitsig van 'n beter politieke klimaat in SA kan wel ook 'n positiewe uitwerking op die versterking van die Rand hê.
Ek soek net goedkoop petrol…
Ek soek net goedkoop petrol......
Dan kan ons meer toer......
Sien vanaand die rand is…
Sien vanaand die rand is onder R12.00 n dollar





Ek volg hom Deon, het ook 'n…
Ek volg hom Deon, het ook 'n permanente een op my foon en het vanoggend gesien hoe hy loop.
Nie noodwending goed vir almal nie, maar vir my plaaslike deals waar ek ingevoerde toerusting probeer verkoop speel dit mooi saam.