Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -8 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -8 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -8 hours ago

JZ kry trek pas ?

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

JZ het 48 gekry om te bedank, of die ANC gaan hom herroep, dit is volgend Maroela  Media se nuutste ivm die hardekwas houding.

Hy, JZ, wou nog drie maande aan bly, maar die  NUK het hom na twaalf gisteraand die nuus gegee.

Die vertroue in CR was besig om 'n knou te kry, maar hy is 'n vernuftige onderhandellaar.

Nou glo ek die rand gaan verder herstel en beleggers gaan weer begin in SA fondse in stoot.

Dit gaan egter nog jare vat om die land se ekonomie weer te herstel, mits CR op hou met die landbou grond "af vat sonder vergoeding" beleid.

Vaalpark

Johann L

Tue, 13/02/2018 - 10:09

Dankie dat jy dit geskuif het Anton! 

Lyk my ek kry toe reg om 'n skakel te pkaas.?

0
Meyerton

Segekok

Tue, 13/02/2018 - 10:58

Ek dink CR se beeld het sleg skade gely deur sy onvermoë om vinniger van JZ ontsla te raak. Die uitstel die hele tyd nadat hy aangekondig het " MAANDAG"  dit is reeds Dinsdag en daar is nog geen besliste oplossing nie.  

Die hele Suid Afrika word aan n lyntjie gehou. Dit maak my bekommerd oor  CR se vermoô om by sy besluite te kan hou. Is een man dan belangriker as die res van die bevolking of die land?

Dir aankondiging wat vir 12:00 geskeduleer was is nou geskuif tot om 14:00  ( weer n swak vertoning)

Ek kan ook sien dat daar n paar van die ministers is wat vrees vir hulle inkomste....  

Wat my egter meer bekommer is wie gaan oorvat vir die volgende paar maande tot daar n verkiesing gehou word?

 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 13/02/2018 - 11:13

Baie waar wat jy sê Deon, die ANC se vermoe in die algemeen is besig om skade te lui. 

Persoonlik, dink ek die DA gaan beter vaar met 2019 se verkiesing.

Kom ons wag en kyk maar wat nou gaan gebeur, Zuma gaan, al bedank  hy, groot skade nog veroorsaak.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 13/02/2018 - 11:17

Ek sien ook dat uncle Bob met sy graceland, wil nou 'n nuwe party stig. Vir Bob gaan dit oor graceland ?

Hyhet tot vrede net sy "couson" hier gemaak  om hom te gaan ondersteun.

Kyk politiek is VUIL, maar Afrika politiek hoort op die ashoop.

0
Meyerton

Segekok

Tue, 13/02/2018 - 11:37

Ja die DA behoort beter te vaar in die volgende verkiesing.  SO OOK DIE EFF.....  

Ek bemerk n al groter aanhang van die radikale elemente.

Sien daar word nou self gemeld dag JZ nie moet tronk toe gaan vir “STATE CAPTURE” nie...  Dit sal aandui dat State Capture erger is as apartheid want daar het niemand tronk toe gegaan weens apartheid nie.

0
Heidelberg GP

StephanS

Tue, 13/02/2018 - 12:01

Ek glo nie dit is so seer CR se onvermoeë om van JZ ontslae te raak nie maar:

1. JZ se "untouchable me" houding

2. Die verdeeldheid in die ANC se NEC

3. Baie hooggeplaastes wat nou begin worry oor wat alles in JZ se sak patats is en sal uitval ala Des van Rooyen gister

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 13/02/2018 - 19:30

Die hele spul gee my een helse groot kramp!   Almal is nou net gepla of hy of sy 'n lekker neseier jobbie gaan verloor.   Ek stem saam met Segekok, Rhamaposa probeer sy brood aan al die kante botter.   Die ANC wil nou hê hy moet dadelik as president oorneem, ek hoop hy besef, hy gaan met valkoë dopgehou word.

Volgens Kyknet nuus vanaand beteken die herroep van Zuma dat dit nog steeds nie beteken hy gaan nie meer president wees nie.   Omdat hy deur die parlement as president aangestel was, moet hulle hom fire.   Daar moet nou 'n "vote of no confidence" in die parlement plaasvind en as hy daar uitgestem word, dan is hy weg.

Ek hoop net die hofsake teen hom gaan nog steeds sy gang, want die bl!xm kan nie met alles wegkom nie.  Hy het in 9 jaar ons land totaal opgemors.    Hy was die slegste leier wat die land nog ooit gehad het.   Ek kan hom nie voor my oë verdra nie.   Ek hoop hy kry sy verdiende loon.

0
PRETORIA

Leeutemmer

Tue, 13/02/2018 - 21:02

Wees versigtig om te dink dinge gaan verbeter onder Ramaposa. Hulle gaan alles in hulle vermoe doen om hulle gewildheid te prober terugkry. Dit sluit baie emosie in, soos grondgryp op alle gebiede. Pasop vir hulle.

Groete

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 14/02/2018 - 08:52

As daar een ding is wat Zuma darem reggekry het.   In 'n groot mate het die mense van Suid Afrika bewus geword van korrupsie en wanbestuur.   Mense wat voorheen nie eers daaraan gedink het nie, soek nou 'n leier wat hulle kan vertrou.

Ek stem saam met Leeutemmer, my vertroue is maar baie skraps!

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 14/02/2018 - 12:41

Lank vir CR as klient gehad en ken hom op werksvlak redelik goed, heelwat insae in sy finansieele sake gehad en is vol vertroue dat hy redelik skoon is en nie meer korup as die gemidelde mens nie.

Ja sy lojaliteit le beslis by sy party, ANC en hy sal alles in sy vermoe doen om hulle weer vereeniging en sterk te kry voor volgende jaar se verkiesing.

Persoonlik glo ek die r sal so effens versterk tot so om en by r11.70 [miskien] maar as die wereld se finansieele mense se opgewondenheid verflou sal die rand weer terugval tot so om en by r 12.20.

Onthou die onderliggende oorsake is nog steeds daar en gaan jare neem om op te los, werkloosheid, staats besighede [Esdom, SAL, SABC ens] is maar nog steeds bankrot en dit gaan lank vat vir hulle om op 'n gesonde voet te kom.

Ek glo ons ,die man in die straat, gaan maklik enige verskil agterkom nie, behalwe dat die koerante dalk minder vol oor allerande korupsie gaan wees.

Persoonlik koop ek maar op die oomblik dollars, glo ek sal so bietjie profyt maak oor so paar maande?

My beskeie opinie, en ASSEBLIEF moenie dollars koop op my woord nie, ek was al baie keer verkeerd, vra maar vir Petra, sy reken alles wat ek doen en se is verkeerd?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus