Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
119698 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober Karoo kuier Wessel Strydom -9 hours ago
Weervoorspelling Oktober Karoo kuier neef Herman -10 hours ago
Chris S.... Dwarswegstrand, Karoo &… Wessel Strydom -12 hours ago
Seker Wessel Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -12 hours ago
Verskoning Wildehont Dwarswegstrand, Karoo &… Chris Boucher -13 hours ago
Lekker staanplek Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -14 hours ago

Foto's Laai

Centurion
Submitted by Voortrekker on Thu, 12/04/2018 - 20:45
Forums

Kyk ook na die  HOE OM NUWE INHOUD, INSETTE EN FOTO's TE PLAAS VIDEO

Laat ek 'n paar voorstelle maak, en verduidelik.    

Foto's oor die algemeen:

Die limiete op foto grootte wat toegelaat word om te laai is 16Mb.  Die foto's word outomaties deur die forum verklein na ongeveer max 550 x 550 of 650 x 650 pixels - wat op die ou einde minder as 150Kb is!

So, hoekom foto's  van 4 - 10 Mb (gemiddelde selfoon foto groottes) oplaai,  as dit op die einde verklein word to 150 Kb?    En hoekom 550 x 550 pixels?

As ek kamp of iets wil deel en 10 of selfs 20 foto's wil laai in totaal, en elke foto is 8Mb groot, dan moet ek  160Mb data gebruik!  Baie vir 'n selfoon of Tablet wat op mobiele data is,  EN dit is ook data vermorsing.

Kampforum se webwerf is ingestel om foto's groter as 550 x 550 of 650 x 650 te verklein.  Dit word gedoen om meer ouer toestelle en browsers te help om inhoud beter te wys, EN om die grootte van elke blad wat laai te verklein.  Ons wil nie he elke blad wat laai moet 10Mb van jou data neem nie!

DAAROM gebruik ek op my foon en tablet 'n app met die naam "photo & Picture resizer" vir wanneer ek foto's wil laai op die internet.  Dit werk baie maklik en vinnig en spaar vir my baie mobiele data - en die foto's laai bitter vinnig!    Gedurende 'n slegte konneksie kan 'n 8Mb foto partykeer lank neem om te laai en dit kan frustrasie veroorsaak.

Op my PC gebruik ek eenvoudig Paint, want dit is baie vinnig.  Gebruik die resize knoppie , dan pixels en maak die foto 600 pixels wyd en save hom As iets anders. (jy wil nie jou oorspronlike 8Mb foto verloor na 120kB toe nie)

Moenie data mors nie en hou jou foto oplaai sessies blits vinnig!

 

HOE OM FOTO's te laai? - maklik

Vir nuwe onderwerpe en insette, kan die basiese foto laai funksie gebruik word.  Kliek op die editor se foto knoppie om die foto laai proses te begin.

foto laai

Word na die "choose" blok geneem.  Die 'alternative text' MOET ingevul word.   Die Caption is optioneel as jy teks onder die foto wil plaas. (die teks blok sal verskyn nadat die foto gelaai is )

foto laai

Kliek die 'choose'  knoppie om na jou 'folders' geneem te word waar jy jou foto kan soek en kies.    Daarna sal die foto laai, wanneer dit klaar gelaai is, sal die blok hieronder verskyn met die foto naam en 'resize inligting'

foto laai

Kliek SAVE -    die oorspronlike editor blok sal dan verskyn met die foto daarin.  (Jy sal weer moet op save heel onder moet kliek om die volledige inset te plaas.

foto laai

 

MAKLIKE FOTO LAAI OPSIE VIR INSETTE:

Vir Insette op onderwerpe, is daar 'n 'maklike' foto laai opsie onder die editor blok.  Hierdie opsie laai foto's onafhanklik van die editor.  Die 'Foto Laai' opsie kan 5 foto's laai en wanneer gebruik word laai foto's direk en vinnig.

Foto's wat op hierdie manier gelaai word sal nie binne die editor blok verskyn nie, maar wel onderaan.  Met hierdie opsie kan teks binne die editor blok geplaas word, en aangehegde foto's sal onder verskyn.    

Kliek op die Laai foto knoppie:

Laai foto knoppie

Die Laai foto blok sal vergroot.  Kies dan die foto's wat jy graag wil laai.  Let wel - slegs 5 foto's met 'n gesamentlike grootte van 16Mb kan gelaai word per Inset.

foto laai

Moenie Skrik nadat jy jou foto's gelaai het as hulle nie vertoon nie.  Kliek weer op die Laai foto knoppie  wat sal vergroot en jou gelaaide foto's sal wys.   Onthou om SAVE te kliek! 

Laai foto knoppie

foto laai

KYK GERUS NA DIE VIDEO HIERONDER VIR 'n DEMONSTRASIE VAN DIE BOGENOEMDE PROSES:

video
Vaalpark

Johann L

Tue, 18/07/2023 - 07:40

Baie mense sukkel om fotos regop te laai.

Dit gebeur meestal met selfoon fotos en veral as jy die foto "dwars" neem met die foon.

Sodra jy sien die foto het verkeerd omgelaai (dit lê 90°) "remove" die foto en gaan in jou "gallery" of waar die foto lê en "edit" die foto. In die gallery moet 'n funksie "edit" wees, kliek daarop en "rotate" die foto 90° tot dit regop is, en probeer weer om dit te laai.

As jy nie reg kom nie, is jy meer as welkom om die fotos na my tablet te whats app, ek sal dit met plesier vir julle reg draai en ook laaiyes

Tablet se no is (073)071-8932 ek kan egter nie die tablet hoor nie, en dit mag dalk 'n tydjie neem voor ek reageer

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/02/2024 - 16:11

Ek het nie 'n probleem om foto's te laai nie. Inteendeel - ek doen dit redelik maklik. Maar nou my vraag - kan jy video clips op die forum laai? Ek wil my al verbeel dat dit wel moontlik is om dit van You Tube af na die forum te laai - of is ek verkeerd? Indien dit egter wel moontlik is - hoe doen ek dit?

Worcester

Wildehont

Wed, 21/02/2024 - 22:30

Onderaan die bladsy waarop mens ‘n inset tik is ‘n venstertjie waarin jy jou YouTube skakel plaas. Gaan op Youtube na die Share knoppie onder die video en copy die skakel. Kom plak dit dan in die venstertjie in rooi gemerk op my skermskoot hier onder en die video sal onder jou inset kan speel. 
 

A

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 22/02/2024 - 06:44

Ek het nooit so-iets opgelet nie. Ek gaan dit probeer. Ek kry soms op my One Drive Memories video clips wat ek sal wil deel. Ek het gister vir die eerste keer gepoog om iets op You Tube te plaas - en dit nogal reggekry.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 22/02/2024 - 09:27

Ek wil net kyk of ek dit regkry om 'n video clip van You Tube af te laai.

video
Worcester

Wildehont

Thu, 22/02/2024 - 11:10

Die video laat my nou erg verlang. So erg dat ek amper oorweeg om vir volgende jaar in die Suide te bespreek, maar dan dink ek aan die skares en die verkeersknope by leeus en luiperds tydens skoolvakansies en staan my kop maar weer Noorde toe. Chris Jnr sê vanoggend vir my hy kan nie wag om weer wildtuin toe te gaan nie. Hy is baie bly dat ons sommer die eerste aand by Sable dam se skuiling slaap. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/03/2024 - 15:21

...dis nie so moeilik nie. Mens moet dit net gereeld doen.

Ek het gevind dat dit makliker is met die die ikon net regs van die gesiggie ikon, uit die lot keuses wat bo gegee word. 

Ek gebruik die forumblad via my rekenaar en laai fotos vanaf rekenaar oor na kampforum. 

Worcester

Wildehont

Mon, 29/04/2024 - 10:12

As jy met jou selfoon ‘n portret foto neem (maw as jy die foon regop hou) draai dit dwars as jy dit op die forum laai met jou foon. As jy dit landskap neem (maw met die foon dwars gedraai) dan lê dit reg op die forum. 
 

Ek het al probeer om portret foto’s dwars te draai (rotate) met die foon voor ek dit oplaai, maar dit wil nie werk nie. Die man met die baie kinders moet maar vir ons verduidelik of ondersoek instel tussen voedings en doeke ruil. 

Vaalpark

Johann L

Mon, 29/04/2024 - 10:25

Het sommer gou twee fotos met die foon gelaai om dan hier te laai, een was in photo mode, en een in portrait mode. 

Foto
Portrait mode
Foto
Photo mode