So waar was ek ohhh ja na my riool water saga is ek die volgende dag dokter toe .Vertel hom van my deur nag sessie op die wit troon en hy gee toe vir my so botteltjie wit vloeistof om te drink .Hy se 1 Eet lepel van die goed stop n trein in sy spore .Watwou ek het 2 van daai botteltjies gedrink en uit desperaatheid sommer n eetlepel sement poeier saam met die goed .Daai middag baar ek 3 sulke klein wit baksteentjies .Weet julle hoe seer was dit .Terug dokter toe en hy se nou is dit spesialis vir my .
By die spesialis se kamer ek kon sweer daar het op sy deur gestaan Holomhoog my vrou nee jou stupid dit was Dr Pienaar Hololoog .In elkgeval die dame neem my na n kamer waar die dokter agter n lessenaar sit met so groot leer op sy tafel .Hy lees daar in en se vir my Ohhhhh jy is die ou wat die riool water gedrink het .Ek sal jou prostaat moet toets .Nou om nie ongeletterd te lyk stem ek in ek het geen idée wat n prostaat is nie ek dog dis iets wat hy in die kamer langs aan aanhou.
Uit met die broekie en gaan le op my rug op sy bed .Neee se die ou die fetus posisie .Hy trek sulke rubber handskoene aan en klap sy hande saam dis nou om die lug uit die handskoene te kry anders kry jy dalk borrel siekte .Ek sien hy smeer sulke jelly aan die handskoene ek dog dis “disinfectant” .Die volgende oomblik ruk my lyf stokstyf want sy finger gaan in my exhaust en toe “abuse “ daai man my . Dis op en af ,links na regs hy se hy voel niks druk naderhand nog n finger in seker om n 2 de opinie te kry .Begin glad om n deuntjie te fluit “The Good the Bad and the Ugly .Ek dog so by myself as ek nou moet omkyk en hy staan met altwee sy hande in sy sakke word hier moord gepleeg vandag .Nee se die ou hy voel niks .Gee my n voorskrif vir anti biotika en se ek moet dit rustig vat .
Indien julle weet van iemand wat n stel goedkoop golfstokke wil koop kontak my en moet nog die Hololoog se rekening betaal
Ek sien daai prentjie voor my…
Ek sien daai prentjie voor my en stik in my eie snot soos ek lag.
Mooi man.
Whahaha Oom Dassie, ek het…
Whahaha Oom Dassie, ek het amper in my broek ge-oops van die lekker lag vir jou grappie. Jy moet eintlik waarsku en se dit is nie veilig om by die werk te lees nie.
Hy is gereeld daar maar…
Hy is gereeld daar maar niemand kan hom sien of lees nie, daai ouens kan nie spook lees nie.
Lyk hierdie vir julle soos…
Lyk hierdie vir julle soos lagforum.co.za?
L M G A !
Skuus Admin
Jammer Admin gaan julle my bel of moet ek julle in die kantoor kom sien lmao
Dassie, ek sit en kraak…
Dassie, ek sit en kraak myself. Sien daai prentjie soos 'n Picasso skildery.?
Ai, kan mens nou kwart voor…
Ai, kan mens nou kwart voor ses in die oggend so lekker sit en lag in jou tjoepstille huis. Dassie, daai omkykslag, ek dink hy wou eerder nie weet waar die hololoog se hande is nie. Ek dink hy het sy maagwerkings skoon weggeskrik.
Moet myself inhou anders kyk…
Moet myself inhou anders kyk my kollegas my snaaks aan so asof ek skielik mal geraak het.
Dassie lekke man
Lekke gelag en Dassie dis lekke jy is terug met spoed![]()





Ai Dassie. Hoe loop die…
Ai Dassie. Hoe loop die trane nou hier mens kan sweer my kat is dood