Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 minutes ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -5 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -1 hour ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -1 hour ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago

Manne en hul balletjies Deel 2

Durban
Submitted by dassie on
Forums

So waar was ek ohhh ja na my riool water saga is ek die volgende dag dokter toe .Vertel hom van my deur nag sessie op die wit troon en hy gee toe vir my so botteltjie wit vloeistof om te drink .Hy se 1 Eet lepel van die goed stop n trein in sy spore .Watwou ek het 2 van daai botteltjies gedrink en uit desperaatheid sommer n eetlepel sement poeier saam met die goed .Daai middag baar ek 3 sulke klein wit baksteentjies .Weet julle hoe seer was dit .Terug dokter toe en hy se nou is dit spesialis vir my .

 

By die spesialis se kamer ek kon sweer daar het op sy deur gestaan Holomhoog my vrou nee jou stupid dit was Dr Pienaar Hololoog .In elkgeval die dame neem my na n kamer waar die dokter agter n lessenaar sit met so groot leer op sy tafel .Hy lees daar in en se vir my Ohhhhh jy is die ou wat die riool water gedrink het .Ek sal jou prostaat moet toets .Nou om nie ongeletterd te lyk stem ek in ek het geen idée wat n prostaat is nie ek dog dis iets wat hy in die kamer langs aan aanhou.

 

Uit met die broekie en gaan le op my rug op sy bed .Neee se die ou die fetus posisie .Hy trek sulke rubber handskoene aan en klap sy hande saam dis nou om die lug uit die handskoene te kry anders kry jy dalk borrel siekte .Ek sien hy smeer sulke jelly aan die handskoene ek dog dis “disinfectant” .Die volgende oomblik ruk my lyf stokstyf want sy finger gaan in my exhaust en toe “abuse “ daai man my . Dis op en af ,links na regs hy se hy voel niks druk naderhand nog n finger in seker om n 2 de opinie te kry .Begin glad om n deuntjie te fluit “The Good the Bad and the Ugly .Ek dog so by myself as ek nou moet omkyk en hy staan met altwee sy hande in sy sakke word hier moord gepleeg vandag .Nee se die ou hy voel niks .Gee my n voorskrif vir anti biotika en se ek moet dit rustig vat .

 

Indien julle weet van iemand wat n stel goedkoop golfstokke wil koop kontak my en moet nog die Hololoog se rekening betaal

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 23/04/2018 - 16:58

Whahaha Oom Dassie, ek het amper in my broek ge-oops van die lekker lag vir jou grappie. Jy moet eintlik waarsku en se dit is nie veilig om by die werk te lees nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 24/04/2018 - 05:48

Ai, kan mens nou kwart voor ses in die oggend so lekker sit en lag in jou tjoepstille huis.   Dassie, daai omkykslag, ek dink hy wou eerder nie weet waar die hololoog se hande is nie.  Ek dink hy het sy maagwerkings skoon weggeskrik.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus