Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -1 hour ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -1 hour ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -8 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -9 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago

ATKV EILAND MEI 2018

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

ATKV Eiland is 'n reuse bosveld vakansie-oord in die Limpopo Provinsie, 60km vanaf Tzaneen. Die afdraai na die Eiland is op die pad tussen Phalaborwa en Tzaneen en moet maar versigtig aangepak word.  Die grootste gedeelte is 'n pragtige pad tussen vrugte boorde deur, maar op sommige plekke is daar liederlike slaggate.  Die oord beskik ook oor 'n eie vulstasie en bied selfs op Woensdae 'n afslag van 50c per liter op 50ppm dieselbrandstof !

Die kampeer gedeelte is verdeel in ses groot blokke, elkeen met 'n eie, luukse, moderne,  ablusieblok waarvan almal dieselfde uitleg het. Dis net jammer dat daar nie papier-handoeke beskikbaar is nie sodat jy die hande-wasbak en graniet-blad kan skoon en droogmaak na gebruik nie.  Die oord is oortrek met veral mopani bome en net hier en daar is staanplekke wat nie een of ander tyd koelte geniet nie.  Ons is hier teen die einde van Meimaand en dit is nog steeds baie warm.

Hier is ook 'n tent-opslaan spannetjie wat kan help met op- en afslaan van tente, maar ek het nie daarvan gebruik gemaak nie.

Fietsry deur oud en jonk is aan die orde van die dag op die verskeie geplaveide paaie.  Hier is 'n reuse oop warmwater swembad, 'n groot kouewater swembad asook 'n vlak kleuter swembad.  Daar is ook 'n baie groot, hoë waterwurm, rolbal-, tennis-,  jukskei- en put-put bane.  'n Winkel verskaf alle basiese benodigdhede.  Hier is ook 'n restourant, maar ons het dit nie op die proef gestel nie.

Elke staanplek het 'n kragpunt, vullisdrom en verskuifbare braai.  Krane is ook gerieflik geplaas - die dubbelkraan is 'n oulike idee waar meer as een karavaan 'n kraan deel. Die vullisdromme het ongelukkig nie swart plastieksakke in nie en dit skep 'n hiëgeniese probleem - moontlik as gevolg van die wêreldwye protes teen die gebruik van plastiek.

Verder is dit opmerklik hoeveel werklike oues van dae hier kamp, heelwat met looprame, battery-shopper-karretjies en kieries.  Baie van hierdie senior burgers is lede van die Swaeltjies Groep wat sommer maande aaneen hier staan.

Opsommend, hierdie is 'n puik oord en sal my beslis weer sien.

So lyk die badkamers :

.

.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 24/05/2018 - 20:30

En dis hoe die ablusie van buite af lyk :

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 24/05/2018 - 21:04

Jammer vir die laaste twee fotos  -  te laat met my selfoon geneem.  Sal môre probeer verbeter.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 24/05/2018 - 21:08

Segekok, nogal nie, maar daardie boom kyk reguit na die damesablusie. Op sy hoogte, miskien sommer deur die badkamervensters !

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 25/05/2018 - 09:45

Pragtig, ons het nog elke keer staan plek in die "C" blok gekry, 26 en 27.  Behalwe baie lank terug toe ons daar was vir 'n troue.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 25/05/2018 - 10:32

Hier is 'n foto van die kouewater swembad :-

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 25/05/2018 - 10:36

Willem ons staan by blok E.236, 'n bietjie weg van die gewoel by die swembaddens, waterwurm, winkel en restourant.

Iets ouliks by Eiland is hul dubbelkrane wat dit makliker maak vir mense wat graag 'n tuinslang permanent te koppel :-

.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 25/05/2018 - 18:44

Eiland kyk na hul kliente, die staanplekke is nou wel grond, maar die is die enigste "negatief" van die oord.

Len, het jy al bietjie rolbal gaan speel, hulle speel elke oggend?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 25/05/2018 - 20:16

Johann, ek is nog nie senior genoeg om rolbal te speel nie  -  el glo nie ek sal ooit rolbal speel nie.

Met ons gereelde kampery in die Wildtuin is grond-kampery vir ons tweede natuur  -  ek skep vir my 'n groot "graspek" met my grondnette en wanneer daar te veel sand en/of stof is, gooi ons die nette dubbel.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 25/05/2018 - 20:26

Len ja, grond is maar deel van kamp, daarom het ek dit in aanhalings gesit. Gras is 'n luukse en as mens dink aan water, dan waardeer jy gras soveel neer.

Ek speel self nie rolbal nie, maar geniet dit om so dan en wan, net vir die lekker te probeer speel.

Ek dink amper hulle het ook jukskei bane daar.

Jy moet kyk by die onderdak swembad is daar ook 'n redelik goed toe geruste gym, gratis vir kampeerders se gebruik..

Nou verlang ek sommer om weer daar te gaan penne inkap.

0

Hier wil ek nog eendag sommer vir twee weke kom staan. Die twee keer dat ek daar was, was elke keer net vir n nag of twee - hopeloos te min.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus