Goeie dag almal, ek sal graag wil weet hoe maak julle kos as julle kamp, ek is amper 100% oortuig niemand gebruik hulle stofies in die wa nie.
Ek vra dit maar om myself weer voor te berei omdat my karavaan en behoeftes verander het. Het julle 'n stofie in die tent op 'n tafel en is dit 'n 220V stoof of gas stoof, en waar maak julle hom staan?
Jammer as dit al voorheen hier bespreek was.
Groete
Vergeet om te noem, kyk na…
Vergeet om te noem, kyk na hierdie idee vir jou buite tafel:
Wilsur se buiteblad
Ons het 'n gas stoof / oond…
Ons het 'n gas stoof / oond wat in die tent staan. So lyk ons stoof / oond.

Ek het altyd my kombuis…
Ek het altyd my kombuis buite onder die tent gemaak. Met een van die kampe het die luiheid my oorval en het ek die bakkie se kombuis gebruik. Doen dit nou maar so omdat dit vir my gemaklik is om dit so te doen.
Sorg net dat ek die bakie langs die tent stop. Die kombuis is volledig uit gerus met als wat nodig is.
As ek gaan rond ry word dit net terug geskuif en die deur toegemaak.
These day's I don't have a choice, but.....
Back in the day's when I had a van I used both, nowadays I just tent camp...
Used the stoofie in the van for making late night / cold / miserable weather .... coffee / snacks / eaty thingies and the such, especially at night, but mostly used a 2 plate gas stove under the rally ...... Suppose that passes for a tent..... and the braai / fire pit....
Caravans are a bit like Landrover's... Everyone set's their van's up as they want them.... Personally I would not get rid of the old inside gas stoofie, when you want to stop off along the way, or go where there is no electricity, It's nice to hear the shhhhhhhhhhhhhhhhh of the stoofie.....
But then, that's just me...
Willem, ek het eerste die…
Willem, ek het eerste die draad se volle link addres gecopy. (Jy hoef eintlik net /node/..... in te sit)
Toe, in die reply blok, tik ek "Wilsur se Buiteblad" en highlight dit.
Kliek dan op die link knoppie op die editor ( lyk soos 'n ketting skakel)
'n venstertjie maak dan oop waarin jy die link paste. Kliek save. Die teks sal dan 'n ander kleur vertoon.
Dit is partykeer moeilik met die foon of tablet om meer as 1 woord te highlight.
Jammer om jou draad te kaap leeu ![]()
Hi julle, moet nie my draad…
Hi julle, moet nie my draad kaap nie
Baie dankie vir die wat…
Baie dankie vir die wat antwoord, die induksie stofies is maar duur, is hulle nie?
Segekok, ek hou van jou kombuis idee.
Willsur, ek hou van jou oond idee, kan sommer brood bak ook.
Kombuis
Ons het nie meer 'n stofie binne in die karavaan nie. Selfs die dae toe ons dit gehad het, het ek nooit in die karavaan gekook nie. Ek glo die stoom van die kospotte pak aan op jou kaste en mure en maak dit taai/vetterig. Ons het 'n tafel in die tent, waarop 'n gasstoof staan met twee lekker groot plate. Ons kook net daarop, verder kook ons op die kole in swart potte of foelie. Ons het op 'n stadium 'n elektriese oond gehad maar dit so min gebruik dat dit nie die moeite werd was om dit saam te ry nie.
Die....
Die debat oor 'n binne- of buitekombuis sal net solank met ons wees soos die Ford/Toyota/Lanrover debat.
Ons verkies ons Exclusive se binne-kombuisie, maar kook nooit daar nie. Alle kosvoorbereidings word by die binne-kombuis gedoen omdat alles byderhand is - die yskas, mikrogolfoond, kruideniersware, potte, panne, kombuisgereedskap en 'n wasbak met lopende warm en koue water. Die werklike kokery vind in die tent/rally plaas op 'n gasstofie, of elektriese braaipan, of in 'n elektriese oondjie, of in 'n gas-skottelskaar. Andersins braai ons op 'n houtvuur se kole.
Die binne-kombuisie is baie gerieflik, alles is reeds op hul plek veral met oorslaap en maklik om gou iets te ete oppad aanmekaar te slaan.
Kyk hoe lekker gesellig maak ek koffie op ons binne-kombuisie se gasstofie by Balule in die Kruger Wildtuin waar daar nie krag is nie, ons reeds opgepak het en dit reën buite.

Leeu my 2c
Ons maak glad nie innie tent of wa kos nie buite is hoe ek en Berdien dit doen
Ek het die Swing vir 10 jaar…
Ek het die Swing vir 10 jaar gehad en die buite kombuis gasstoof min gebruik en skottelgoedwasbak nooit gebruik nie. Maak ontbyt meestal op skottelbraaier of elektriese braaipan en skottelgoed word by die scullery gewas. Ek geniet die Fleetline se binne kombuis net soos Len dit noem. Binne kombuis is lekker veral vroeg oggende en laat aande. Met die boswa word alles buite gedoen. Ek kamp nie in koue seisoene met die boswa nie.
Froggy het n stoof en dubbel…
Froggy het n stoof en dubbel wasbak binne, maar ons gebruik dit nie eintlik nie.
Dit is daar vir toer.
Ons gebruik induksie stoof buite en maak vuur vir kos.
Het ook n varkie oond, maar hy is maak klein.
Ons het so 'n bistro…
Ons het so 'n bistro canister stofie. Maar die blou campingaz een. Ek sien hulle verkop nou vir R249 by makro! Werk soos 'n bom en baie klein en kompak,

Buite die wa
Ons het glad nie meer die stofie binne in die wa nie (uit voor ons hom gekry het
). As ons kamp is dit net skottelbraai en kole braai, by kosse is op die gas cooker top. Het nou 'n induksie stofie gratis gekry, so sal hom ook gebruik, maar alle kos word buite gekook.






Ek sien die Induksie en…
Ek sien die Induksie en ceran 1 plaat stofies is baie populer vir so aan die buitekant van die waens. Klein, vinnig en effektief.