Nou die mollers van Secunda het klaar vakansie geboek dit sal van die 2 Mei tot 17 Mei 2019 by die Eiland wees blok c staanplek 16 b super opgewonde so as julle daai tyd daar draai kom maak n draai by ons sal jou n koue een gee so op die huis
Johann ek kan dit glo. Dit…
Johann ek kan dit glo. Dit is dieselfde met Tshipise. Het nog nooit my karavaan soontoe gesleep nie. Het nog elke keer my multiroom aan my broer se tent aan gehaak.
Lekke so lank
Ek dink dis verseker lekke om so lank te staan julle moet geniet ek sal nog kunsmis vir 5 jaar maak sodat ons kos oppie tafel kry dan is die ons beurt
Op die stadium smag ek net…
Op die stadium smag ek net na die volgende langnaweek, 3 maande moet hemels wees!!
Ons het (terwyl my kinders…
Ons het (terwyl my kinders nog op skool was) vir 4 agtereenvolgende winter-skoolvakansies, 1994 - 1997, by Eiland, destyds nog 'n Aventura-oord, gaan uitspan. Dit was nogal 'n lang trek in beide rigtings om in 'n 3-weke periode in te pas.
Destyds het ons bevriend geraak met etlike van die sogenaamde 'swaeltjies', wat toe nog nie 'n amptelike klub was nie. Ons toe reeds die besluit geneem dat ons ook eendag, as die gesondheid en finansies ons toelaat, by Eiland wil gaan oorwinter.
Ek het op 31 Maart 2015 afgetree en daardie eerste winter die daad by die woord gevoeg. Maar in ons geval voel dit jy kan nie só ver ry en nie in die wildtuin ook gaan kuier nie. Dus het kombineer ons dit sedertdien met ongeveer 'n maand in die wildtuin en 2 maande plus by Eiland.
Maar ons het ook ons ver kinders in Roemenië. En met 'n skoolgaande kleindogter wil jy graag in hulle skoolvakansietyd gaan kuier. Dus wik en weeg ons maar elke jaar tussen 'n Laeveld wintervakansie of 'n Europese somervakansie.
In 2016 was ons toe vir 39 aande in die wildtuin, maar die Eiland-gedeelte opgegee vir 'n besoek aan die kinders. Verlede jaar was dit weer wildtuin en Eiland, en vanjaar weer Roemenië.
Maar soos ek nou hier sit verlang ek sóóó om in die Laeveld, hetsy Eiland en/of wildtuin te wees. Daarom wat ek so kinderlik opgewonde voel oor 2019 se vooruitsigte om die wa vir bykans 5 maande op vakansie te haak. In die 90's het dit gevoel of die geleentheid om dít te kan doen, nooit gaan aanbreek nie.
Dus vir diegene wat daarna uitsien - jou tyd sal aanbreek.
Ons is ook daar bespreek…
Ons is ook daar bespreek vanaf die 20-29 Sept. Net 21 dae dan kan ek loop rus kan nie wag nie.
Ons is ook daar bespreek…
Ons is ook daar bespreek vanaf die 20-29 Sept. Net 21 dae dan kan ek loop rus kan nie wag nie.
Is daardie sommetjie of die datums reg? Dit klop nie lekker nie.
Terloops, ek verstaan dit was gister nogals 'n "scorcher" by Eiland en vandag word 37 grade voorspel.
Chris, daai sometjie is reg,…
Chris, daai sometjie is reg, jy hoor mos hoe hard werk die man sommer 2 dae per dag en soms 3 dae per dag!?
Die dat ons 9 dae vir hom 21 dae is!
Ja ja ja sorry ons sou…
Ja ja ja sorry ons sou oorspronklik van die 23e gegaan het maar kon die ekstra dae kry na `n ander kansellasie
Skerp manne hier oope forum. Wys julle net hoe moeg ek is ek moet loop rus.
Oom Arie dankie dat jy darm vir my opkom
Groetnis
Slowstrike nou verstaan ek…
Slowstrike nou verstaan ek jou sommetjies nog minder.
Maar wat, ons gee jou die "benefit of the doubt". Solank jy dit net gaan geniet.
Hehe, net 21 dae, dan jan hy…
Hehe, net 21 dae, tot die 23ste, dan jan hy gaan rus by Eiland vir 9 dae.
Ek het so pas my 2019…
Ek het so pas my 2019 skriftelike besprekings vir Eiland Spa ontvang. Vir 3 maande (93 aande) kos dit my R10 851 - oftewel R116.67 per nag vir ons twee oumense. Dit sluit onder ander die winter-skoolvakansie in (vanaf 15 Junie). Teen daardie prys kan ek inderwaarheid nie bekostig om by die huis te bly nie.
My seun en sy gesin (2 volwassenes en 2 kinders) gaan slegs vir 12 nagte tydens die winter-skoolvakansie daar wees. Vir hulle kos dit R7 876 vir die 12 nagte, oftewel R656.33 per nag. M.a.w. ons koste per nag is minder as 18% van hulle koste per nag.
Smaak my dit is betalend om afgetree te wees.
Chris, baie betalend om op…
Chris, baie betalend om op pensioen te wees!
Kamp tariewe, afslagop kruideniersware op pensioenaris dag, baie goedkoop etes vir ons, ens. ens.
Ek kry al soveel afslag, dat plekke my nou maandeliks betaal om by hulle te kamp!
Skerp Arie. Ek kry al…
Skerp Arie.
Ek kry al soveel afslag, dat plekke my nou maandeliks betaal om by hulle te kamp!
Chris, as ek geweet het dit is so lekker om op pensioen te wees, het ek dekades vroeër die ding gedoen.
Ek spaar my ledegeld in een of twee kampe, afhangend van hoe lank ons staan![]()
Sien op facebook
Ek sien op facebook daar is baie lede van ATKV wat hulle lidmaat skap opskort of gaan baie voel in kort die kool is nie meer die sous werd nie intersand hoe mense dink en verskil
Shaun, ek kyk nie baie op…
Shaun, ek kyk nie baie op daai bakkies boekie nie.😀
Negentig persent wat daar aan gaan is 'n klomp snert, ek dink baie mense sê hulle gaan ATKV boikot, maar dit gaan bes moontlik net by praat bly.
As hulle dit wel doen, maak dit ons ander se moontlikhede makliker![]()
Darem 'n lelike woord daai …
Darem 'n lelike woord daai "Boikot", en baie is so lief vir daai woord. Maar soos Johann noem - ek dink meeste is maar net praat, sodat hulle kan deel voel met die ander?
Ek stem Johann / Arie
As jy nie wil lid wees nie stop dit en beweeg aan ek het ook nuwe draad begin oor die storie en ja party ouens op facebook like my nie baie nie ek gese like jy nie stop jou lidmaatskap en beweeg aan
Hoe kan hulle die ATKV nie…
Hoe kan hulle die ATKV nie ondersteuin nie. Ek hoor dan juis vroeer die week op RSG hoe vreeslik baie die ATKV vir die Afrikaner en sy taal doen!
More vir 3 dae
Is van more drie dae by Eiland sal paar fotos neem om julle net lus te kry vir kamp





Stoffel, Eiland het een of…
Stoffel, Eiland het een of ander bekoring wat in jou bloed in trek, en terug dwing.