Sit hier met n probleem, dink al om dieselfde idee, en dit wil eenvoudig nie uitvoering regverdig nie. Die Landrover se kombuis.
Soos met die boswaens, het die Canopy n deur wat ondertoe oopmaak. Daar is nou n werksoppv aan die deur vasgemaak wat mooi op regte hoogte oopvou.
Nou moet die stoor of pakplek, area beplan word. Weereens lyk die net soos in boswaens waar jy deur oopmaak, met n agterkant so 300mm verder, waar al die potjies en bakkies netjies op n plek kan staan, waar dit nie sal afspring nie.
Ek het gegoogle, en kry net een sinvolle idee van n boswakombuis, maar sal graag n paar idees wil beloer en uit al die planne iets beplan.
As daar vriende is met n 4x4 kampwa, of iets wat tot inspirasie kan ly, sal ek n foto of 2 waardeer.
Groetnis.
Die deur, of luik, wat daar te siene is, word die kombuis.





Netjies ou neef
Herman puik gaan groot en geniet