Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 hour ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -10 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -12 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -13 hours ago

Sizakala kamp terein

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

As mens die kus pad [ek doink mens kan dit seker 'n pad noem] van Sodwana verby "Lake Sibaya" noord ry dan kom jy by nog 'n paradys - Kosi Baai, net voor jy die grens van Mosambiek kry. Jy kan ook met die teer {?] pad ry soontoe, maar wie wil nou so vervelig wees?

My gunsteling kamp plek by Kosi is Sizakala, kam p terein met 8 staanplekke, baie ruim netjies skoon met so 10 m bos tussen elke staan plek. die plek behoort aan 'n Zulu, hy sy vrou en kinders doen alles daar. die plek is silver skoon en word baie goed onderhou. Daar is ook 'n "Lodge" wat aan dieselfde gesin behoort, die lodge bestaan uit drie riet hutte, 'n gemeenskaplike stort en eet lapa, en twee long drops. Ook skoon en netjies.

Sizakala is so 3 kilos van Banga Nek of soos ons dit noem bangnek, op die Oostelike oewer van "Lake 3" en so 30 kilos Noord van Black Rock. Daai omgewing moet seker van die mooiste natuur tonele in ons land wees, strande lekker stil en skoon. Soos orals in ons land is daar baie rumors oor diefstal, en hijackings daar maar ons is gelukig genoeg om nog nooit so iets tee te kom nie, hoor net altyd daarvan.

Paaie is hier en daar goed gemerk, maar kry maar liewer 'n local om vir jou die pad te wys. Paaie is nogal baie deurmekaar en as een te uitgery raak maak hulle sommer self 'n nuwe een.

As jy sleep, laat maar enoeg tyd toe om erens te kom, sukkel om meer as so 10kilos per uur te ry.

foto1

s
Predikant dui die pad aan terug Sodwana toe. Gee vir jou 'n goeie idee hoe die groot nasionale pad lyk. Ons draai hier af om die dag op die strand by black rock deur te bring.

 

foto2

 

s
As jy die bord kry weet jy, jy is op die regte pad. Hang af of jy in die Lodge of karavaan park ingeboek is wat se kant jy moet draai.

foto3

 

s
elke twee staanplekke deel die toilet. Basies 'n long drop, met beton blad oor en spoel toilet, absoluut geen reuke nie!

foto4

 

s
Elke twee staanplekke deel ook die storte en badkamerds, een kant vrouens ander kant mans. Net koue water, geen warm water, behalwe by die lodge waar hulle die donkie in die middag aansteek vir twee ure. Storte is redelik privaat maar skei muur tussen mans en dames is maar redelik oop plek plek - nie dat dit my pla nie.

foto5

s
Hier kry mens idee hoe privaat jy van die ander staanplekke is, lekker privaat.

 

google kaart
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 23/10/2018 - 15:32

As jy by die kamp inkom soek maar 'n lee staanplek en begin opslaan. Jy sal so na 'n paar uur 'n baie netjiese Zulu [George} sien aankom. Jy sal hom direk uitken, George dra altyd 'n swart pak, wit hemp met rooi das, soos dit natuurlik enige besigheids man betaam. O ja ook altyd 'n hoed met 'n veertjie in op sy kop, maar George weier om skoene te dra. Pak is opgerol tot net onder die kniee en so loop hy orals. 

George het geen vervoer nie, so as jyt dorp toe gaan kry jy altyd 'n lys van vooraad wat jy vir George moet saambring. Eendag het George ons vroeg kom opklop, sy vrou het begin kraam en ons moet haar hospitaal toe neem asb. Sy sewende kind. Ons was toe die enigste mense in die kamp so durf toe maar die pad aan. Anna op matras agter in en George skoenloos langs haar. As mens nie vassit nie is dit so twee uur trip dorp toe, maar alles het goed afgeloop.

foto1

s
die oewer seker so 100m van ons kamp. Een van my lekkerste speelgoed, Fishduck gemaak deur ARK of African river Kraft, kraft gespel op die duitse manier. Die ding is lekker lig, vou baie klein op as afgeblaas en loop lekker met twee mense en 'n 5pk motor.

foto2

s
toilet is redelik privaat, jy moet om hoek loer om iets te sien.

 

foto3

 

s
Jy kan die bote huur, met 'n roeier om jou uit te neem vir visvang, Nou kan julle sien hoekom neem ek my ARK saam? Skoonseun en kleindogter staan en kyk of hulle met die goed moet uitgaan?

foto4

s
Blik op die meer, die mond is seker so 5k van hier af. Jy moet eers deur 'n paar nou gangetjies vaar wat die mere aan mekaar verbind.

 

foto5

s
Uitsig oor strand en see bo van Lala Nek af

 

foto6

s
Die voertuie wat ons soontoe geneem en terug gebring het. Die een links ken julle seker, oupa se trots. Daai groen ding is skoonseun s'n voor hy verstand gekry het, en die witte is my seun s'n, ja hy is maar 'n smart vraat wat hou van sukkel. Gelukig was daar 'n Pajero wat almal kon uitsleep.
die roeispaan op die Pajero se dak is vir waneer ek te diep in die water ry, nee ek dra ook altyd 'n inflatable kayak saam dan kan ek lekker in stilte roei.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 23/10/2018 - 15:36

Jy kan ook met die teer {?] pad ry soontoe, maar wie wil nou so vervelig wees?

Ek sal maar so vervelig wees - as ek ooit daar sou kom.

Dit klink en lyk bakgat, maar nie heeltemal ""my cup of tea" nie (en glad nie vir Ralie nie).

Maar wys en vertel nog. Ek "like" om saam te ry en te kuier. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 23/10/2018 - 16:08

Ongelukig is my fotos van Banga nek ook nie hier nie, dit is die strand waar al die seeskilpaaie uitbroei. Fantastiese gesig om in die maanlig duisende skilpaaidjies hul pad af soek see toe.

fotos is van verskilende jare wat ons daar was, en ek probeer maar altyd om nie dubbel fotos te neem nie.

foto1

s
Nog 'n voorbeeld van hoer die grootpad lyk tussen Kosi en Sodwana

foto2

s
Black Rock lieflike strand waar mens heeldag kan besig bly. Lekker stil die foto is in hoog seisoen in Desember geneem. Was omtrent net ons daar.

 

foto3

s
Nog steeds Black Rock

foto 4

 

s
die man gaan vir ons 'n vissie vang vir aand ete. As ek hy is hou ek my voete maar binne, die krokodille is soms honger. moet ook maar baie versigtig wees vir seekoeie, vollop daar.

foto5

 

s
Idee van staanplek

foto6

 

s
Ons staanplek, pleek is groot genoeg vir twee gesinne. Ons en my seun saam op een.

 

foto7

s
Pad binne kamp tussen staanplekke

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 23/10/2018 - 16:14

Ongelukig vind ek geen fotos van die juweel.

Dit is die grootste soetwater meer in Suid Afrika, ook 'n prag plek om 'n week of so uit te span. Baie lekker karavaan park, maar ongelukig slegs 4x4 toeganklik. Die parekraad se kamp by Kosi [Lake one] is redelik toeganklik met 'n gewone voertuig. ek het een paasnaweek met Petra se mooi nuwe Fiesta daar na toe gery. ek moes 'n privaat werkie in Ponta Malangane gaan doen en ek besluit toe ek en sy ry sommer met haar karetjie. Malengane gemaak sonder teespoed, maar wou oorslaap by kosi. Daai sand soontoe was net een te veel, ry toe die voorste spoile mors af in daai dik sand, maar ons het darem nooit vasgesit nie. maar nou ja ons weet mos ford loop orals?

Ja..... dit was frek lekker jare gewees.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 23/10/2018 - 17:08

Johann, jy sal nie glo nie, ons was nog nie in Botswana nie!!!!?? Ons het die land absoluut plat  tot bo in Kenya, in SA uiters min dorpies passe en so wat ons nie gery het nie,  Mosambiek van Suid tot Noord alles gesien Zim van hoek tot kant deur gery Malawi seker so 80 persent gery, Zambia omtrent so kwart gesien, noem maar op en ons was daar. Maar twee plekke wat ek nog altyd wil besoek is botswana, en ek het familie daar wat 'n groot wildsplaas het, nog nooit gesien nie. die ander een is Angola was daar saam met my pa toe ek 11 was, nog nooit weer kans gehad om te gaan nie??

0
Middelburg

Noel

Tue, 23/10/2018 - 21:16

Mooi fotos Arie. Kosibaai is in my bucketlys en wat my weerhou is my bakkie wat nie 4x4 het nie. Hoor altyd moet 4x4 he vir Kosibaai. Ek sal love om sulke plekke te kamp en net ek en die natuur .

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 24/10/2018 - 07:38

Noel, as jy net na die Natal Parkeraad kamp gaan het jy nie 4x4 nodig nie, ek het dit al met 'n Ford Fiesta 1400 gery.

Die hele 4x4 ding is [in my opinie] baie overated, ek het al so baie gehoor van plekke waar jy net 4x4 kan ry, waar ek met 2x4 gery het. Mens sien baie keer die juppies met hul vrek duur 4x4's met alles op wat kan oop en toe maak, en die eerste kolletjie sand sit hulle vas? Dit is nie wat jy het nie, maar hoe jy dit gebruik.

Ek verkies Sizakala, maar daar is niks fout met parkeraad se kamp nie. 

0
Middelburg

Noel

Wed, 24/10/2018 - 17:39

Dankie vir jou raad Arie. Stem met U oor 4x4 storie. Ek sal beslis eers by Parkeraad kamp en probeer by Sizakaia uitkom. Daai difflock moet werk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus