Goeie môre vriende, ek het die soek funksie gebruik en niks gkry oor die onderwerp nie. Wat maak jy as jy jou wa parkeer as jy terugkom van 'n kamp en onder die afdak los, trek jy 'n seiltjie oor vir beskerming?
Ek moes my wa tydelik gaan stoor in Centurion omdat ek nie plek het by die nuwe huis nie, en staan nou onder 'n skadunet. Die son se strale is skadelik en het besluit om 'n seiltjie te kry om hom toe te maak vir beskerming en ook sodat hy kan skoonbly. Ek was gelukkig en het by iemand 'n alloutdoors seiltjie oorgeneem, wat baie sterk gemaak is en 'n ritsluiter opening het by die deur, sodat ons kan in en uit by die karavaan.
voel ek ook weer lus vir die…
voel ek ook weer lus vir die ding.
Harry dit is sommer goed om te hoor! ![]()
My wa word gereeld ge-was en…
My wa word gereeld ge-was en politoer.
So jy hou vir Petra baie besig, of doen jy daai klein joppie self..![]()
Nee wat Hennie, ek is een…
Nee wat Hennie, ek is een van die mans wat baie respek vir die vroulike geslag het.
Ek weet hulle kan alles doen wat ons doen, dus moedig ek hulle aan om hul self te bewys, met natuurlike die nodige insette en raad van my kant af.
Dit is moeilik maar ek sit maar onder 'n koelte boom met 'n glasie rum en kyk of sy dit goed doen.
en kyk of sy dit goed doen. …
en kyk of sy dit goed doen.
Arie het jy nie ook 'n punte boekie (score card) nie?
en kyk of sy dit goed doen…
en kyk of sy dit goed doen.
Arie het jy nie ook 'n punte boekie (score card) nie?
Petra kry 20 uit 10...
Ek dink as jy jou wa…
Ek dink as jy jou wa behoorlik beskerm, het jy minder onderhoud nodig oor 'n tydperk.
Die moderner waens is oorgetrek met materiaal wat getoets is deur die jare wat ons weerstoestande beter kan hanteer. Dis eintlik verbasend hoe goed die waens hou, gegewe die manier hoe hulle aanmekaar geplak word.
Die voordeel wat Arie het, hy is permanent in en om sy wa en sal dadelik agterkom as iets verkeerd gaan en dit sommer net daar herstel. Dankie vir die inestte.
Ons wa het 3 jaar net met…
Ons wa het 3 jaar net met die cover oor in die son gestaan. Staan darem nou onder 'n afdak.
Ek spuit net gereeld miergif om die neuswiel, wiele en die een steady wat en uitsit.
Watek wil weet is - stoor jy hom met die dak op of toe?
Môre Stephan, ek het 'n…
Môre Stephan, ek het 'n voldak karavaan en sal my nie uitlaat hieroor nie. Gebruik jy nog steeds 'n seiltjie terwyl hy onder dak staan? Daar is baie idees rondom dit. Toe ek opslaan dak waens gehad het, het ek nie die dak opgeslaan terwyl hy gestaan het by die huis nie en slegs oopgemaak 'n paar dae voordat ons gaan kamp het, om te kyk of alles nog reg is, die bedompigheid uit te kry en natuurlik om maklik te beweeg terwyl ons pak. Ek persoonlik dink die rooftop tent gedeelte kan baie stof kry as hy altyd oopstaan en wat kan nou eintlik gebeur in die binnekant as hy toestaan?





My woonwa word na elke kamp…
My woonwa word na elke kamp gewas en word met karavaan cover toegemaak en staan onder die afdak met skadunet aan die kante. Karavaan word weer gewas voor die kamp.