6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 minutes ago
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago

Gatiep en Meraai

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Kyk ou Gatiep en Meraai [persoonlike vrinne van my] is nou al 'n paar jaar getroud. Die ekonomie knyp ook maar en Meraaitjie is lankal moeg vir Gatiep wat al hul spaargeldtjies op drank uitgee, en sy sit met 'n kas vol stok ou klere.

Kry sy mos 'n blink plan, besluit dat Gatiep maar sdal moet betaal vir haar huweliks pligte, elke keer as hy so jukkerig raak gaan dit hom R30 kos. So beplan en so gemaak, dinge loop soos stroop [sorry Sleepnou] en sy kan so nou en dan 'n nuwe rokkie by die China Mall koop!

Nou die aand is Gatiep weer so vryerig, soek in al sy sakke, krap in sy beursie maar kry net R10 bymekaar. Nou soebat hy vir Meraai - maar nee sy sit haar voet neer, of sal ek se kruis haar bene, vra Gatiep met trane in sy oge, nou wat kan hy dan kry vir R10? Verduidelik sy, jy kan vir die ding kyk en hom so bietjie vryf.

Gaan goed tot Meraai skielik opvlieg en kas toe hardloop, vra Gatiep "nou waar gan djy dan nou?" Antwoord Meraai " Nei ek gaan kry net R20 om vir djou te leen!"

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus