Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -11 minutes ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -7 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -8 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -8 hours ago

Nuwe Ford Bakkie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Die nuwe ford bakkie lyk nogal baie goed en is moontlik 'n prakstiese alternatief en goeie toevoeging tot enige huishouding.

Ek begin al hoe meer daaraan dink om dalk vir my ook een te kry?  wink

 

Nuwe Ford Bakkie

Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/08/2022 - 11:20

Môre vriende

Ek het nounet op News24 se motor afdeling gelees oor die nuwe Ranger Raptor.

Dit lyk na 'n indrukwekkende trokkie, met 'n nuwe orkes keuse. Mens kan omtrent 6 tipe uitlaatpyp klanke selekteer. Van "stil" tot "Baja", wat dit ookal beteken. Volgens die skematiese inligting lyk dit kompleet of daar 'n 16-pyp, kerkorrel in die uitlaat is, en 'n ekstra ene vanaf die bestuurdersitplek. 

Sondae kies mens dan 'n Bach kantate of fuga vir die kerk toe ry.devil 

Nou kan ek my al klaar indink watter seleksie die ouens in 'n wildtuin gaan kies. SANPARKE sal nou nog reels moet instel teen lawaai.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/08/2022 - 19:55

Naand vriende

....reaksie op die bostaande inset nie. Dit kan baie negatief vertolk word, synde dat die nuwe Rangers nie aandag gaan trek nie.

OF dat daar nie baie Ford aanhangers oor is op die forum nie.laugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 22/08/2022 - 20:36

Op Vetkoekpaleis het ou Frik altyd geskel dat hulle daar met kos werk wanneer Worsie of Boeboe iets minders ordentlik kwytgeraak het.

Hier besef die ouens seker ook maar ons praat nie sommer oor enige twak op hierdie forum nie.😇

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/08/2022 - 07:22

Môre GW en ander

Ag nee man, sit ek en kyk na die skakel en dit gaan oor 'n Navarra en 'n dame bestuurder, en 'n bal skoppery. 

Net voor ek ophou kyk, besef ek dit is 'n advertensie voor die Ford fliek begin.

Kaartjies koop vir Ranger of die Navarra???laugh

0
Worcester

Wildehont

Tue, 23/08/2022 - 07:43

Ek weet nie of die nuwe Ranger se prys al bekend is nie, maar die “ou” Wildtrak kos al R850 000. Ek koop eerder ‘n woonstel om uit te verhuur voor ek soveel vir wiele betaal (ek kan egter nie eers ‘n bachelor woonstel wat die moeite werd is om uit te verhuur bekostig nie). 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 23/08/2022 - 08:13

Waarom geen reaksie op die bostaande inset nie

Daar was ook geen reaksie op die vorige Youtube wat ek "Mon, 28/02/2022" geplaas het nie.  Seker omdat soos jy sê

OF dat daar nie baie Ford aanhangers oor is op die forum nie.

Of dalk soos ek nie die Rc het om soveel op 'n voertuig te spandeer nie, maar dir bly steeds mooi en sal hou van so Everest, 3.0L V6 Petrol.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 23/08/2022 - 09:05

Ek baie gelukkig met my 2,2 maar die nuwe Ranger reeks wat gaan uitkom mooi maar te duur vir my 

0

Daai is 'n winskopie Wildehont laugh Sien die min of meer ekwivalente Hilux gaan vir "net"         R917 900 by McCarthy! Realiteit is dat onse ou omies meestal by ons laaste nuwe voertuig is en net kan droom oor die nuwe modelle...

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 23/08/2022 - 12:06

Jy praat waarheid Grootwind. My ou Hiluxie sal na alle waarskynlikheid dié ou toppie se laaste sleepvoertuig wees - tensy iets onvoorsiens gebeur. Dieselfde geld vir die ghawwermint se Hondatjie.

Maar snaaks genoeg - al lyk die nuwe voertuie hoé mooi, ek het geen sin daarin nie. Dieselfde geld vir karavane. Ek het geen (soos in GEEN) begeerte vir 'n ander wa as my ou 1993 Caravette 6B nie.

Seker maar die ouderdom!

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/08/2022 - 12:51

....oor die nuwe modelle.

Daai stelling is 'n realiteit van enorme proporsies. Maak nie saak na watter "manne"  tydskrif mens kyk nie, daai nuwe modelle is net te rats vir vir pensionarisse. 

Ek gaan nou nie saam met Chris B jok nie, ek het net 5000km terug 'n nuwe trokkie gekoop, dus het ek tog sin gehad, en 'n droom realiteit gemaak. Ek stem egter saam met hom, hopenlik ook my laaste ene. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 23/08/2022 - 13:47

Gegewe dat die meerderheid van die Rangers uitgevoer word, wonder ek of daar nog ‘n reeks (na hierdie nuwe een) uitgereik sal word wat binnebrand enjins het? Ek gaan my Everest probeer ry tot net duskant aftrede. Ek wonder of ek oor 14 jaar weer ‘n  diesel voertuig sal kan koop.  

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/08/2022 - 13:58

Hello vriende

My groot probleem is egter---sal daar nog diesel beskikbaar wees oor 10/15 jaar van nou af. Ek wil langbome toe ry met my Grompie. 

My seun lig my in vanuit Dubai, hy het 'n elektriese Audi tot sy beskikking gehad om te toetsry. Seg hy;

dit is vinnig,

dis stil, so stil dat daar konstant vir jou in agtergrond die klank van 'n enjin, kunsmatig in kajuit verskaf word.

battery hou lank in stad, waar dit tydens remming gelaai word.

battery hou ~40minute op ooppad teen snelhede bo 160km/hr.

Tydsame proses om battery langs die pad te laai,  hang af van stelsels beskikbaar.

Tussen die swak elekrisiteit netwerk en kabeldiefstal, gaan dit lol om te vestig in ons derde wereld land..

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 23/08/2022 - 14:15

Tussen die swak elekrisiteit netwerk en kabeldiefstal, gaan dit lol om te vestig in ons derde wereld land..


Daar is reeds ‘n hibriede Ranger in die VSA, en dit kan as kragopwekker gebruik word vir bv werk met krag gereedskap of om jou huis van krag te voorsien. Nie goedkoop teen die dieselprys nie, maar nogal handig!

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 23/08/2022 - 15:35

Juis my Ranger gekoop sodat ons redelike nuwe voertuig het met aftrede. Gelukkig het Covid baie gehelp omdat Elmarie nog altyd van die huis af werk. 

So min km op en is ook laaste een wat ons sal kan bekostig.

0
Irene

Grootwind

Tue, 23/08/2022 - 16:19

Ford het die laaste paar dae aangekondig dat hulle binne dae kennis van aflegging aan sowat 3000 werknemers, hoofsaaklik witboordjie werkers, gaan uitreik (meestal mense in die VSA, Kanada en Indië - Bloomberg het laas maand gereken dit kan groei na 8000 mense toe). Interessant is dat die rede is dat hulle begin om hulle produksie prosesse te begin oorskakel na EVs toe wat ander kundighede en toerusting vereis. Ford reken dat hulle teen 2030 helfte van alle verkope deur EVs wil sien. So ons diesel en petrol voertuie is binne die volgende dekade of dalk twee versamelaarsitems, dan kan ons kleinkinders onder mekaar begin spog wie se oupa 'n "classic" besit! 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus