Forums
Twee nonne ry op n goeie dag daar in Noord Wes se plaas paaie. Gaan staan hul Mini sonder brandstof.
Stap die twee maar na die plaas opstal so paar km weg. Boer reken hy kan help met brandstof maar hy glo nie hy het n houer nie.
Soek in die stoor en kry toe n ou koos, laas gebruik toe hulle nog nie toilet binneshuis gehad het nie.
Maak toe koos vol sasol en die twee stap terug motor toe. Net toe hulle besig is om die brandstof versigtig in die motor te gooi, kom die predikant en ouderling om die draai gery.
Hulle bekyk die petalje en sê die dominee "Broer ons kan nou maar sê van die Katolieke wat ons wil, maar wragtag hulle geloof is sterk!"
Dit wys 'n mens net weer…
Dit wys 'n mens net weer. Moet nooit net aanneem nie. Vir my is daar vertel dat 'n mens net kinders aanneem.





Mooi man
Mooi man