Middag vriende Na aanleiding van van Willem en Tora se insette oor die onderwerp moet ons dalk nuwe draad skep. Ek is eintlik nie bewus van 'n bo-perk op die totale kombinasiegewig wat met EB of EC lisensies gepaardgaan nie. Agterop my EB-lisensie word 'n GVM van <3500kg gespesifiseer vir B-lisensie. By EB word niks getoon nie, so ook nie by EC nie. Wat ek wel weet is dat volgens prentjie op lisensie, n EB my toelaat om 'n woonwa te sleep. Volgens wet moet ek voldoen aan die volgende; 1]my woonwa se maks gewig moet minder wees as my voertuig se lisensie gewig 2] my totale kombinasiegewig moet binne my voertuig se gespesifiseerde GCM [gross combination mass] wees 3] indien ek 'n wa sleep bo 'n sekere gewig [dalk 3500kg] moet daar ekstra remme aangebring word, bo en behalwe die normale inloopremstelsel van die wa. As voorbeeld: a] Kavango se maks gewig is 1500 kg b] gelyk aan die lisensiegewig van my Hilux, 1500kg c] toegelate laai massa vir bakkie is 750kg, dus is my totale kombinasie massa 3750kg, net binne die gespesifiseerde GCM van 3900kg. Ek is dus van mening dat as mens 'n swaar wa wil sleep, mens se sleepvoertuig se "GCM" dit moet toelaat. Ek sal graag wil verneem wat julle mening is hieromtrent. Dit is veral belangrik vir persone wat nog waentjies agter aan hulle woonwaens wil sleep.[wat nie inloopremme het nie] Groete Wessel
| Attachment | Size |
|---|---|
| Kode EB1 dokument | 121.07 KB |
Ek het op hierdie afgekom. …
Ek het op hierdie afgekom.
The Illustrated Guide to SA Driving Licence Codes
Soos ek dit verstaan is die merke op die sketse waar die afsny punte is.
Op die EB is dit op die voertuig se gat.
Op die EC1a is dit aangedui met die rooi streep waar die swaai punt is.
Op die EC1b is dit op die gat van die sleep voertuig.
Dan het ek ook op dié…
Dan het ek ook op dié inligting op CaravanSA se web gekry, klik op die skakel want ek gaan nie als "copy" nie.
Iets wat ek nie verstaan nie as ek hierdie as voorbeeld kan gebruik:
Veronderstel my voertuig se Tarra = 1700kg en my karavaan se Tarra = 1700kg
Is ek binne die wet ?
Maar ek kan sê 500kg in die voertuig laai en 300kg in die karavaan laai = 500+300=800kg.
Sou ek als saam vat is my gewig 4200kg, is ek dan buite die wet ?
Ek het nog nooit gehoor dat…
Ek het nog nooit gehoor dat die asuransie jou wa weeg na n ongeluk nie?
So hukke kan nie ń eis afkeer as gevolg an die totale gewig nie?
Mense beweer ook dat sou jy die wa oorlaai die polis ook nie gaan uitbetaal nie.
Jammer ek glo niks daarvan nie?
GVM versus GCM
Middag Tora en ander
Nadat ek die bewoording gelees het in die verwysing van Willem hierbo "Caravan SA" vermoed ek ons praat by mekaar verby. Die artikel verwys na GVM, wat die som van jou voertuig en wa se lisensiegewig [tare] is.
Dit [GVM] is nie dieselfde as GCM nie. GCM is die som van die GVM van wa en voertuig saam. Dit maak 'n moerse verskil aan die debat
Byvoorbeeld:
Tare Gross
Hilux 1500 2250
Kavango 1150 1500
Totaal 2650 3750
GVM volgens Caravan artikel is dus 2650 wat minder is as 3500kg
GCM is dus egter 3750, wat minder moet wees as die spec van jou voertuig maar ek het steeds nie ekstra remme op wa nodig nie.
Groete
Wessel
ARIE, : hulle het nie nodig…
ARIE, : hulle het nie nodig om iets te weeg nie. Hulle gaan net op die Tarra's van die voertuig en die kampwa. So as jou kombinasie binne die 3500kg val is jy veilig as jy 'n EB lisensie het. Die laai gewig word nie inaggeneem nie want dit is nie werklik bepaalbaar nie. Dis wanneer jy by 'n weegbrug afgetrek word waar die gelaaide gewig jou gaan laat betaal. Ek weet van 3 ouens wat al die toets gedop het, en Hulle moes aflaai tot op die regte gewig voor hulle kon verder ry. Die een ou het sy pel gebel wat 'n EC lisensie gehad het en hy kon toe verder ry met die kombinasie.
Is ek binne die wet ? Ja jy…
Is ek binne die wet ? Ja jy is want dit gee 3400kg as jy dit laai soos wat jy sê is dit onwettig, maar jy kan alleenlik 'n boete kry as hulle jou op 'n weegbrug weeg as bewys van jou oorgewig. Die verkeersbeampte langs die pad kan jou nie beboed nie want hy het nie bewys van die gewig wat jy gelaai het nie. So ook die versekering hulle gebruik slegs die Tarra's van die kombinasie.
Len, en ander, my…
Len, en ander, my versekering het geen navraag in verband met my lisensie kode gehad met die eis nie, maar wel toe ek aan gesluit het. Ek sê weer, my kar se tarra is 2253Kg, en my Penta se Tarra is 1420Kg = 3670Kg totaal (tarra is LEEG). Ons is in die wes kaap deur verskeie pad blokades, selfs een spoed oortreding (buite Kimberley, waar die GPS 80 gewys het, en ek 76 kpu gery het, gelukkig het die verkeers beampte dit verstaan, en my net reg gehelp).
Kom ons vra vir Johann of die versekering enigsens sy bestuurderslisensie gekontroleer het met sy onlangse ongeluk-eis ?
Anton, miskien moet jy ook…
Anton, miskien moet jy ook hierdie onderwerp ondersoek soos wat jy gedoen het met Jurgens ?
Lekker onderwerp hierdie
Dalk maak ons slapende honde…
Dalk maak ons slapende honde wakker, kyk wat het gebeur kort na die gesprekke rondom gewigte
Goeie idee! Dalk kan ek 'n…
Goeie idee! Dalk kan ek 'n deal met die verkeersdepratement maak om al my fines af te skryf
hierdie onderwerp ondersoek
Dit als beteken...
Dit als beteken dat my vrou ons wa met haar B lisensie sal kan sleep, want die wa is onder 750kg
Ek is bly oor die draad want ek het nooit geweet van die gewig waarna jy moet kyk nie.
Ek was net ingelig dat dit beteken jy kan grooter as 'n venter kan sleep en ook net dat jy moet dophou vir die gewig van jou wa (GVM) en voertuig (TARRA). Ek weet dat die onderwerp nou nog nie opgeklaar is nie, maar dit help al baie.
Die wa se lisensie wys 680kg.

want die wa is onder 750kg …
want die wa is onder 750kg
Yip! Netso! Die Gypsey Lite's is ook so gebou sodat B lisensies dit kan sleep.
EB toelatings
Môre Tora en ander slepers
Baie dankie vir jou voortgesette deelname aan die debat.
Baie van ons is dankbaar as die owerheid die regulasie gaan toepas soos wat jy verduidelik het--- meestal slegs gebaseer op som van "tare" van wa en voertuig.
Jy sal sekerlik saamstem dat vanuit 'n veilige sleep oogmerk, dit tog wys is om te sleep met 'n voertuig wat heelwat swaarder is as die gelaaide wa se gewig.
Kan julle indink as 'n Golf v6 'n Jurgens Exclusive bergaf in beheer moet hou. Daai wa gaan dit rondstoot soos min.
Dit sal interessant wees om te verneem wie se kombinasie voldoen aan die kriteria soos uiteengesit deur Tora. Ek sleep gerus, want ek voldoen aan al die genoemde kriteria, behalwe dat ek soms die spoedperk oorskrei.
Groete
Wessel
wie se kombinasie voldoen…
wie se kombinasie voldoen aan die kriteria soos uiteengesit deur Tora
Hier val ek uit die bus want die Ford se Tarra is 2085kg en die Exclusive 1800kg = 3885kg en dan is altwee dol leeg.
DIE ONDERWERP GAAN NOG BAIE BESPREEK WORD
Ek het gaan rondkrap op die Internet en dit is verbasend hoe die onderwerp al bespreek en deurgetrap is. Daar is hordes persepsies van wat reg en wat verkeerd is, ons besprekings hier het ook bewys dat die wet nie duidelik die aangeleentheid omskryf nie, dis die rede hoekom mense dit lees en vertolk soos baie dit doen. Ek het dit aanvanklik ook verkeerd vertolk aangesien ek net staat gemaak het op algemene skrywes wat in kamp- en 4x4 tydskrifte geskryf was oor die onderwerp.Toe ek die Wet gaan lees het en met die kundiges gaan gesels het , is aan my verduidelik wat die grondbeginsel van elke Kode-lisensie is = Jy word beperk tot 'n spesifieke gewig wat jy mag bestuur Bv. EB=3500kg EC1=3500kg- 16000kg EC= meer as 16000kg : dit is dus eenvoudig om te onthou. Dis hoekom ek my kan uitspreek, want dis 'n onderwerp in my Handleiding, en mens moet die regte Feite plaas. Miskien moet daar 'n brief geskryf word aan die owerheid om die bewoording aan te pas dat dit alle misverstande kan aanspreek.
EB kriteria opname??
Môre Willem en ander
Dalk moet julle [Willem, Anton] iets skep waar ons kan aantoon wat ons sleepkombinasie is, en dan die voldoening aan die kriteria. Dit sal baie insiggewend wees.
Willem: Ek het nogal vermoed dat jou kombinasie nie gaan slaag nie. Kon jy al in jou Territory boekie sy GCM opspoor, dit sal dalk troos bied.
Groete
Wessel
Dalk gaan ek nou bietjie van…
Dalk gaan ek nou bietjie van die onderwerp af maar as ek hier sien wat Tora skryf:
EB=3500kg EC1=3500kg- 16000kg EC= meer as 16000kg
In 'n onlangse facebook gesprek het ek vir iemand gese wat net 'n B of 'n C lisensie (kan nou nie meer so lekker onthou nie) het, hoekom hy nie eerder gaan vir 'n EC of EC1 lisensie nie. Daar is toe 'n opmerking gemaak dat die persoon nogsteeds moet gaan vir 'n gewone motor lisensie, daar is gese dat iemand met 'n EC of EC1 net swaar voertuie mag bestuur, waarmee ek glad nie saamgestem het nie. Volgens my mag jy als bestuur, behalwe motorfiets, tot waar jou lisensie jou beperk. Is ek reg of sit ek die pot mis?
EB slapende honde
Middag Tora
Jong so 'n brief gaan moontlik groot probleme veroorsaak. Ek stem saam dat die wette/regulasies verkieslik baie omsigtig herbewoord moet word, veral ten opsigte van terme. Word die wet toegepas op tare, Som van tare, of dan som van gross vehicle/trailer mass.
Hier het Willem klaar laat blyk dat sy kombinasie nie voldoen nie. Wat gaan die impak van die regulasie wees op huidige persone se lisensies en dan ook hulle voertuie/waens.
Ek onthou toentertyd toe die Ford F250 op mark gebring is het Ford aangebied om te betaal as persone moes gaan vir EB/EC lisensie, bloot oor sy massa.
Groete





Ek verskil totaal en al
Verklaar die volgende: Jy word beperk op 'n enkel voertuig tot 3500 kg as dit 'n vragmotor of bussie of ryhuis is. Die oomlik as jy iets sleep dan kan jy die 3500 kg Plus die gewig van die sleepsel sleep, dit maak mos geen sin nie. Die selfde reel geld vir 'n EC1 lisensie wat beperk is tot 16 ton. Jy mag nie nou nog 'n sleepwa aanhak wat nog 16 ton is nie. As jy meer as 16 ton wil bestuur het jy 'n EC lisensie nodig. Alles word bepaal op die totale massa wat die lisensie toelaat. Ek het 'n grafiese prent waar al die lisensies deur 'n skets van elke voertuig en kombinasie uitwys. En daar is dit baie duidelik presies wat ek hier sê. Ongelukkig kan ek dit nie hie opsit nie want jy gaan niks sien nie want dit word te klein.