Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -2 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago

EB versus EC lisensie

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende Na aanleiding van van Willem en Tora se insette oor die onderwerp moet ons dalk nuwe draad skep. Ek is eintlik nie bewus van 'n bo-perk op die totale kombinasiegewig wat met EB of EC lisensies gepaardgaan nie. Agterop my EB-lisensie word 'n GVM van <3500kg gespesifiseer vir B-lisensie. By EB word niks getoon nie, so ook nie by EC nie. Wat ek wel weet is dat volgens prentjie op lisensie, n EB my toelaat om 'n woonwa te sleep. Volgens wet moet ek voldoen aan die volgende; 1]my woonwa se maks gewig moet minder wees as my voertuig se lisensie gewig 2] my totale kombinasiegewig moet binne my voertuig se gespesifiseerde GCM [gross combination mass] wees 3] indien ek 'n wa sleep bo 'n sekere gewig [dalk 3500kg] moet daar ekstra remme aangebring word, bo en behalwe die normale inloopremstelsel van die wa. As voorbeeld: a] Kavango se maks gewig is 1500 kg b] gelyk aan die lisensiegewig van my Hilux, 1500kg c] toegelate laai massa vir bakkie is 750kg, dus is my totale kombinasie massa 3750kg, net binne die gespesifiseerde GCM van 3900kg. Ek is dus van mening dat as mens 'n swaar wa wil sleep, mens se sleepvoertuig se "GCM" dit moet toelaat. Ek sal graag wil verneem wat julle mening is hieromtrent. Dit is veral belangrik vir persone wat nog waentjies agter aan hulle woonwaens wil sleep.[wat nie inloopremme het nie] Groete Wessel

Attachment Size
Kode EB1 dokument 121.07 KB
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 12/06/2019 - 09:42

Wessel, nee nognie gekyk nie.

Maar hier is iets ?

.
Die Plaatjie sê T=2030kg, V=2590kg
.
Die registrasie dokument sê T=2085kg
.
Die skyfie sê T=2085kg, GVM=2690
.
Data Sheet sê Kurb=2175kg, GVM=2690kg

 

0

So ook die C lisensies.

Dankie Tora, maar soos ek verstaan, as ek na die prentjies agter op die lisensiekaart kyk, kan jy net iets sleep as daar 'n "E" voor die tipe lisensie staan, bv. EB, EC en EC1, en wanneer jy net 'n C of C1 lisensie het mag jy nie iets sleep nie, selfs ook nie 'n ventertjie nie. Met die B lisensie mag jy tot 750kg sleep.

0

Middag Willem

As ek na jou plaatjie foto kyk, lyk dit of jou GCM = 3790kg

Volgens my vertolking van die regulasies mag jy dus slegs 3790-2690= 1100kg in vorm van wa en bagasie saamsleep.

Nou moet jy egter kyk na Tora se interpretasie, tel jou wa se tare by jou kar se 2085kg en kyk of dit onder die 3500kg is vir EB kode. Indien wel, is jy OK met EB lisensie, anders sal jy maar die K53 boekie moet begin leer sommer saam met jou seun.

Wessel

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 12/06/2019 - 13:55

Ongelukkig het ek net 'n EB van die ou Kode-08.

Wessel as ek kyk na die plaatjie voor by die enjin wonder ek.  Is dit nie daai 4850kg nie ? Is dit die Gross Combined Mass ?

Die twee plaatjies maak nie vir my sin nie ?  (Dink jy dit gaan vir die pote sin maak ?)

4850-2690=2160kg

.

0

Middag Willem

Jip, daai syfer lyk korrek.

Ek kan vaagweg onthou dat my Territory AWD 'n GCM van ongeveer 4200kg gehad het. Jou ST kan maklik 'n groter GCM hê.

Ai man, volgens my vertolking is al jou goete reg, dis nou;

a] wa se bruto gewig < kar se lisensie gewig[2170kg

b] as jou wa se GVM [bruto] minder is as  4850-2690=2160

Nou ongelukkig volgens Tora se info dop jy die EB toets

As ek jou waardes in bostaande table mooi bekyk, word daar 'n towing mass van 1600kg gespesifiseer. As ek dit bytel by jou kar se GVM van 2690 kry ek 4290kg. Dit is effe minder as die GCM op jou plaatjie by enjin. Nou dit kan wees dat Ford, soos baie ander, veiligheidhalwe die sleep gewig afgeskaal het om hulle self te beskerm.

Hierdie vertolking van 3500kg gesamentlike tare kan vir baie grys hare gee. Wonder hoe lyk Len se syfers vir sy Path finder + Exclusive

Groete

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 12/06/2019 - 15:58

Ek het vir Obie gevra om ook vir ons na die draad se debat te kyk.  Hy is 'n ou Landros en kenmook mense in die verkeers dapartement.

Hoop hy kan ook vir ons help.

Wessel, ja volgens my vertaling van die wet is ek binne perke.  My Ford se Tarra is volgens die lisensie 2085kg en daarom het ek die karsvaan se GVM opgestoot na 2050kg om net onder die Ford se Tarra te wees.

Ja Ford SA het 'n beperking van 1600kg op gesit vir sleep.  Waar die Ausies baie meer is, daarom is my sleepstang deur Bosal ook so gemertk.  Max. Tow Weight 2,690kg.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 13/06/2019 - 10:12

Wonder hoe lyk Len se syfers vir sy Path finder + Exclusive

Sien oubaas Len kla op die koffie draad en gaan elders geselskap soek, tog het hy nog nie geantwoord nie wink

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 13/06/2019 - 18:54

Ek sien nou in die Junie uitgawe van Kamp & Karavaan is daar 'n brief van Ken Juckes wat die "Regulasie 151 van die Padverkeerswet 93/1996" deel en dit wil my voorkom of ek nie die klist heeltemal kweit is nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 13/06/2019 - 20:51

Wessel se vraag :

  • My P/F handleiding sê 3000kg maksimum sleepding
  • Die plaatjie op die P/F se deur toon 4 gewigte, maar geen verduideliking nie
  • Die 2880kg strook met die lisensieskyfie van die P/F se GVM van 2880kg
  • Die 2880kg + 3000kg = 5880kg.  Dit strook met een van die syfers op die deur-plaatjie
  • My Exclusive se volgelaaide gewig (GVM) mag nie meer wees as my P/F se sonder vrag gewig (Tare) van 1945kg nie
  • Afsonderlik mag my Exclusive nie swaarder as 1700kg (GVM)  weeg nie
  • Afsonderlik mag my P/F nie swaarder as 2880kg (GVM) weeg nie
  • My gesamentlike sleepkombinasie (GCVM) mag nie meer as 4580kg (1700kg + 2880kg) wees  nie en dit is binne die P/F se maksimum van5880kg.

Volgens Tora se verduideliking oorskry ek met my EB-lisensie die maksimum  van 3500kg met 1o8okg

 

.

.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 13/06/2019 - 21:15

Baie maklik om die woonwa se tarra af te bring, gaan weeg hom leeg, soos in sonder batery, spaarwiel, tent ens ens, en vat die weegbrug sertifikaat lisensie kantoor toe. Hulle kan die tarra plaaslik aanpas, net die BVM (as jy dit wil verhoog) is 'n groter storie,en moet provisiaal gedoen word met 'n brief van Jurgens wat bevestig dat die wa die versoekte gewig kan dra.

Dit het ek te laat uit gevind, anders het ek my Tarra op die oorspronklike 1120Kg gelos.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 16/06/2019 - 17:29

Sien sy Tarra is 2660 kg

GVM is 4600 kg (tans by weegbrug is ons 3950 kg)

Max wat ek kan sleep is 2000 kg

Dus totale gewig (saam met sleep gewig) is 6600 kg

Met my EC is ek dus veilig.

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 16/06/2019 - 18:02

Weet nie of ek nou weer " mosterd na die maal is nie". Hier is nou n eenvoudige verduideliking van n EB lisensie. En kyk na die geartikuleerde voertuig beskrywing, dit is nie n kar en wa nie.

Eb

So dit is vir my duidelik dat dit se, vaste voertuig tot 3500kg plus n wa van meer as 750kg.

 

0

Ek kan nie verstaan dat mense die woord COMBINATION wat duidelik in die wet ook so staan en kan mis vertolk nie ( die prentjies wys dit ook so ). Bakkie+ sleepwa en Kar+karavaan is die kombinasie wat nie meer as 3500kg mag wees nie. 

0

Maak nie saak waarna elke ou kyk nie  Tara, GVM, ens. Dit het niks te make met die wet nie. Die wet sê net jy mag net 3500kg bestuur met 'n EB lisensie , en jou Seepwa mag nie meer weeg as jou voertuig nie, dis al. Die kombinasie met die JURGENS hiebo soos uiteengesit is onwettig as jy 'n EB lisensie het.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 16/06/2019 - 22:26

Herman, jy is beslis nie mosterd na die maal nie.  Ek sien die firma Foresight Publications is al 41 jaar in bedryf om verskeie wetgewings vir die korporatiewe omgewing en die publiek eenvoudiger te vertolk.

Dis interessant dat op jou eerste prentjie word GCM (gross combined mass) alleenlik gebruik by sketse van "articulated vehicles", dws perd met wa.  By voertuie met 'n sleepwa of karavaan word slegs na 3500kg GVM van die sleepvoertuig verwys.

Baie dankie Herman, ek gaan vir my dadelik een van hulle verkorte kaartjies aanlyn bestel wat ek in my sleepvoertuig gaan bewaar.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus