Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Chris Kgalagadi Oktober 2026 Johann L -26 minutes ago
Ons het so paar jaar gelede… Umfula Johann L -29 minutes ago
(Nee wat ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -34 minutes ago
Johan Umfula Johann L -39 minutes ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -39 minutes ago
ATKV Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -1 hour ago

EB versus EC lisensie

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende Na aanleiding van van Willem en Tora se insette oor die onderwerp moet ons dalk nuwe draad skep. Ek is eintlik nie bewus van 'n bo-perk op die totale kombinasiegewig wat met EB of EC lisensies gepaardgaan nie. Agterop my EB-lisensie word 'n GVM van <3500kg gespesifiseer vir B-lisensie. By EB word niks getoon nie, so ook nie by EC nie. Wat ek wel weet is dat volgens prentjie op lisensie, n EB my toelaat om 'n woonwa te sleep. Volgens wet moet ek voldoen aan die volgende; 1]my woonwa se maks gewig moet minder wees as my voertuig se lisensie gewig 2] my totale kombinasiegewig moet binne my voertuig se gespesifiseerde GCM [gross combination mass] wees 3] indien ek 'n wa sleep bo 'n sekere gewig [dalk 3500kg] moet daar ekstra remme aangebring word, bo en behalwe die normale inloopremstelsel van die wa. As voorbeeld: a] Kavango se maks gewig is 1500 kg b] gelyk aan die lisensiegewig van my Hilux, 1500kg c] toegelate laai massa vir bakkie is 750kg, dus is my totale kombinasie massa 3750kg, net binne die gespesifiseerde GCM van 3900kg. Ek is dus van mening dat as mens 'n swaar wa wil sleep, mens se sleepvoertuig se "GCM" dit moet toelaat. Ek sal graag wil verneem wat julle mening is hieromtrent. Dit is veral belangrik vir persone wat nog waentjies agter aan hulle woonwaens wil sleep.[wat nie inloopremme het nie] Groete Wessel

Attachment Size
Kode EB1 dokument 121.07 KB
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 17/06/2019 - 11:24

Len, dit ook soos ek dit het, selfs op die sketse wat ek geplaas het wys dit daidelik waar van die gewigte begin.  Selfs ook in die berig wasrna ek verwys in die Junie Kamp & Karavaan.

.

Hier is 'n foto van die berig.

.

0

Middag my swaargewig vriende

Het julle ouens nou al 100% duidelikheid oor julle lisensie probleem?

Willem sou mos by vriende [staatsaanklaer, prokureur, spietkop] gaan kers opsteek het. Dan sien ek hy het boonop 'n formele praatjie/ verduideliking by Aasvoelkrans aangebied.

Ek sal graag die finale korrekte vertolking/interpretasie wil hoor.

Groete

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 21/06/2019 - 16:45

Wessel, nee die ou is af-siek met 'n maagseer.

Maar ek het wel met Obie (Nico) gesels.

Dit kan dalk 'n rukkie vat om als bymekaar te kry.

Wens iemand kan help met wat die Wet nommers is, dit sal help.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 28/08/2019 - 21:22

Watse lisensie het hierdie ou nodig?

lisensie

video
0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/08/2022 - 12:16

Middag vriende

Ek krap alweer aan die kan wurms. ek het nou net die artikel gekry in Auto Trader 19 Julie 2022.

Dit sê uitdruklik dat mens met 'n E-kode mag sleep maar dat die onderskeid kom by die "Tare" van die sleepvoertuig;

EB-- sleepvoertuig se tare [lisensiegewig] < 3500kg

EC1---sleepvoertuig se lisensiegewig oB < 16000kg

EC----sleepvoertuig se lisensiegewig mag > 16000kg wees.

Indien die bruto gewig van woonwa egter meer is as die lisensie gewig van die sleepvoertuig, moet die woonwa van ekstra remme [vakuum, elektries] voorsien word.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/08/2022 - 12:49

Ek het ook 'n verwysing uit 'n dokument "Traffic regulations" wat die volgende stipuleer;

1] A braked caravan with maximum GVM of 3500kg

2] An unbraked trailer/caravan with maximum GVM of 750kg

3] if the caravan is braked, you can tow with the maximum allowable tare weight of the towing vehicle

4] if the trailer/caravan is unbraked, you can tow only up to 50% of the maximum allowable tare weight of the towing vehicle.

 

My vertolking gebaseer op die twee uittreksels is dus as volg;

1] Met my EB lisensie is ek beperk tot 'n sleepvoertuig wat se lisensiegewig [tare] minder as 3500kg is EN

2] my woonwa se GVM [gelaaide gewig] moet steeds minder wees as die sleepvoertuig se lisensiegewig.

Ek gaan maar die papier in Grompie se paneelkissie hou, in geval hulle my langs die pad stop. 

0

Ek verstaan nie hoekom mense altyd alles wil kompliseer nie. Elke tipe lisensie is gebaseer op die TOTALE gewig wat jy mag BESTUUR. Die E op 'n lisensie is daar om te spesifiseer jy kan 'n sleepwa sleep wat meer as 750kg is mits dit remme het. 

Nou as jy 'n EB lisensie het mag jy in totaal net 3500kg bestuur ( dit sluit jou sleepwa in wat meer of minder as 750kg mag wees ).Dus Voeruig+Sleepwa = 3500kg

Meeste ouens wat 'n Bakkie ry en 'n Kampwa sleep wat meer as 1100kg weeg ( gelaai ) is onwettig op die pad. Voertuig=2100kg + Bagasie en persone 300kg + Kamakpwa 1100kg = 3500kg.

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 06/08/2022 - 17:53

Hierdie is al male sonder tel bespreek, en lyk my daar is net so baie vertolkings as parlementslede.

EB.

Articulated vehicle of GCM note the C (combination) van 3500kg

Of n GVM voertuig van 3500kg en daarby n sleepwa van meer as 750kg.

Rest  my case.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/08/2022 - 19:18

Naand Tora en Herman

Dit bly belangrik dat mens die regulasies korrek interpreteer en toepas, veral as mens sleepvoertuie en woonwaens koop. 

Gaan lees julle ook asb die aangehegte dokument "Kode EB1 dokument" wat een van die forum lede aangeheg/verskaf het, heelbo waar die gesprek begin. 

Lees asb aandagtig op bladsy 3, paragraaf 1.5ii. Ek is van mening dat die 3500kg beperking slegs van toepassing is op die sleepvoertuig.

As Tora se interpretasie korrek is, sal 90% van alle woonwaslepers al met die gereg gebots het. Verkeerskonstabels sal NIE so 'n gulde kans verspeel nie. Soos Tora tereg met van sy gewaardeerde insette hierbo uitgelig het, is dat verkeerspersoneel meestal slegs na die plaatjie gewigte kyk.  

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 06/08/2022 - 20:53

EB.  Articulated vehicle of GCM note the C (combination) van 3500kg

Of n GVM voertuig van 3500kg en daarby n sleepwa van meer as 750kg.

Rest  my case.

Lees asb aandagtig op bladsy 3, paragraaf 1.5ii. Ek is van mening dat die 3500kg beperking slegs van toepassing is op die sleepvoertuig.

Herman & Wessel, dit is ook soos ek dit verstaan met die EB, jou voertuig mag nie meer as 3,500kg wees nie en jou sleepsel ook nie meer as 3,500kg weeg nie, dit is nie die totale gewig van die twee saam nie.

 

0

Die aangeleentheid is al baie gedebateer. Ek stel voor jy gaan klaar dit uit met die verkeersafdeling, want ek is 100% reg dit kan ek jou waarborg. As jy op jou lisensie kyk kyk na die prentjie en dan figer jy dit self uit. Wat jy sê maak geen sin.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 07/08/2022 - 07:45

Môre vriende

Ek dink nie dis nodig om slapende honde by die verkeersafdeling te gaan wakker maak nie. Die K53 handleiding is baie duidelik, soos Willem hierbo weergegee het.

Dit spreek 2 tipe bestuurders aan,

punt 1,5i vir "articulated" bestuurders en

punt 1.5ii vir gewone ouens wat 'n wa wil sleep met 'n sleepvoertuig.

Die definisie van "articulated vehicle" is;

a vehicle which has a permanent or semi permanent pivot point in its construction allowing it to turn more sharply.

Sommer nuuskierig, hoeveel lede op die forum is jonk genoeg, en moes gaan eksamen aflê om 'n sleeplisensie, hetsy EB of EC1 te bekom. Ek sal graag wil hoor hoe die lisensie en verkeersowerheid dit hanteer het.

Ek sal verbaas wees as almal "by default" hulle EB lisensies gekry het, met die oorgang. Dit op sigself spreek reeds boekdele.

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 07/08/2022 - 07:59

Môre Herman

Ek blaai nou deur al die insette op hierdie warm-lewendige gespreklyn, en vind jou inset van 16 Junie 2019. Dit is so duidelik dat tot ek dit kan verstaan, en sekerlik ook enige verkeersbeampte.

Net jammer die wa waarna Marie loer, en ek ook so skelm, is 50kg swaarder as Grompie. Die bankbestuurder is baie blylaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 07/08/2022 - 08:20

... en steur my nou nie juis aan die debatvoering hierbo nie, want ek het 'n EC-lisensie. Moenie my vra hoe ek dit bekom het nie, want ek het in die ou dae 'n gewone swaarvoertuiglisensie gehad. In die army het ek wel 'n ekstra-swaarvoertuiglisensie gehad (om lugafweerkanonne rond te sleep). Maar daardie dae is 'n weermagslisensie nie in die siviele wêreld aanvaar nie - jy moes weer gaan uitpasseer vir 'n siviele lisensie. Sodanig het ek 'n siviele swaarvoertuiglisensie bekom nadat ek uitgeklaar het - ek het sowat 4 maande lank help padmaak deur tip-vragmotor te bestuur voordat ek Elsenburg Landboukollege toe is. En ek het nooit weer 'n swaarvoertuig daarna bestuur nie. Maar toe die nuwe lisensie-stelsel in werking tree, word ek skielik "beloon" met 'n EC-lisensie. M.a.w. ek mag die heel groot vragmotors of passasiersbusse bestuur - solank ek oor 'n geldige PDP beskik.

Maar nou sleep ek maar net my ou karavaantjie.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 07/08/2022 - 12:11

EC lisensie..

op dieselfde manier as Chris Boucher gekry. 

Het nogal heelwat extra swaar voertuie bestuur met sleepwa vol beeste net omdat ek die ondervinding wou opdoen. 

0
Irene

Grootwind

Sun, 07/08/2022 - 19:21

Soos Chris het ek 'n EC lisensie so my kombinasie is ver binne enige beperkings!

Net egter 'n opmerking...."when in doubt, read the source material". Bedoelende die relevante wetgewing soos in die Staats Koerant gepubliseer, in die geval #38142 van 31 Oktober 2014, met die titel:

"National Road Traffic Act (#93 of 1996: Amendment of national Road Traffic Regulations", sien veral pp.25, ek haal aan (relevant tot 'n EB lisensie):

A motor vehicle, excluding a motor cycle, motor Includes authorisation to tricycle, tractor, haulage tractor and a motor drive any motor vehicle for vehicle which is a type of mobile agricultural or which a code B driving industrial equipment or machinery not designed principally for the conveyance of persons or goods, being licence is required.

  1. an articulated motor vehicle, of which the gross combination mass of the truck-tractor does not exceed 3 500 kilograms;
  2. a combination of- (aa) a motor vehicle the tare of which does not exceed 3 500 kilograms; or (bb) a minibus, midibus, bus or goods vehicle, the gross vehicle mass of which does not exceed 3 500 kilograms, with a trailer the gross vehicle mass of which exceeds 750 kilograms

 

Ons sleep kombinasies kwalifiseer nie as "articulated" nie (punt 1) maar wel onder Punt 2. In kort dus jou sleepvoertuig mag nie 3 500 kg Tare oorskrei nie en jy mag 'n karavaan sleep waarvan die Brutto massa 750 kg oorskrei. LW dat daar onder ander regulasies ook ander beperkinge geld soos dat die Brutto massa van die karvaan NIE die Tare massa van die sleep voertuig mag oorskrei nie en dat die die karavaan, indien swaarder as 750 kg wel inloop remme moet hê. Interessant onder Punt 2 word 'n minibus anders hanteer in die sin dat die beperking van 3 500 kg nou nie op Tare is nie maar wel op Bruto massa...hiedie logika maak nie sin nie, maar die wet is die wet!

Die volgende dokument relevant tot SADC lande (en dus ook die RSA) mag ook handig wees om saam te ry:

https://www.ambiton.co.z…

 

 

 

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus