Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -2 minutes ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -30 minutes ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 23/07/2019 - 09:54

Hilux :  Die Hilux kinders is terug, maar ek is bevrees daar word nie boekgehou van al die statistiek soos wat ons oumense doen nie.  Die stofdigting wat my seun by 'n 4x4 plek laat doen het teen R900, was redelik suksesvol - hy was tevrede.  Die paaie was erg (dit was hulle eerste besoek aan die Kgalagadi), erge sinkplaat en naby Mata-Mata was dik sand menige toeris se vassit plek.  Hulle het net by Twee Rivieren en Kalahari Tented Camp ('n entjie buite Mata-Mata) gebly.  Hulle het nie gekamp nie maar dit baie geniet en gaan glo beslis weer volgende jaar.  Die Hilux is nie 4x4 nie, maar die dif-lock het sy ding gedoen.  Wild was volop.

Ranger : My skoonseun het die stofdigting self gedoen en is oortuig daarvan dit gaan 100% werk.  Hy en my ander seun gaan in tente kamp by Twee Rivieren, Nossob en Mata-Mata en vandaar gaan hulle 'n paar draaie in Namibië ry.  Die 3.2 Ranger is wel 4x4 en hulle vertrek eerskomende Sondag.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 23/07/2019 - 10:01

Hello Len

Op ligte noot, dink jy die Ranger kinders gaan ook kan terugkom soos die Hilux-kinders?

Ek sal 'n slag moet kyk of my ewenaarslot ooit werk, lyk my ek gaan dit nodig kry daar.

Groete

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 23/07/2019 - 10:08

Wessel, ek het geen twyfel in my gemoed dat die twee Ranger-kinders netso veilig en probleemvry gaan terugkeer nie.  Die Hilux het reeds sy staal gewys en daardie Ranger is 'n bul van 'n voertuig.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 23/07/2019 - 14:30

Die Namaqua Red Muscadel loop hier by my as jy kamp en koud kry gooi so een of drie van hulle in 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 24/07/2019 - 07:05

Geniet julle klein Saterdag

Nog n dag van speel en huil, so gaan die lewe aan.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 24/07/2019 - 07:24

Goeiemôre alle forumer lede asook al die rooflesers, vriende, kenisse , mooi mense, lelike mense, dukkes en dunnes.    Mag julle 'n baie lekker dag hé en mag al julle bekommernisse verdwyn en julle grootste drome waar word!

Groete

Antonsmiley

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 24/07/2019 - 07:47

Lennie en Herman se stormweer het ons laat gistermiddag getref.   Sterk wind en reën, deur die nag gehoor en dit reën  al van ek 7 uur wakker geword het.   Sal wonderlik wees as dit sommer heeldag aanhou.

Die kappery het gister by ons huis begin.  Een hele muur se sement is verwyder.  Ons huise is halfpad op sierstene en boontoe sement.   Ons huise kry omtrent 'n nuwe face lift.  Gelukkig is die kompleks se finansies gesond, ons hoef nie eers 'n bybetaling te doen nie.  Hul sal nie vandag in die reën kan aangaan nie.   

Ek moet vandag uitvind of ons opvangsareas ook reën kry.   Ek kan nie verstaan dat die koerante so nalaat om daaroor te berig nie.

Mooi dag vir een en elkeen van julle.yes

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 24/07/2019 - 11:35

Gegroet hier vanaf Eiland Spa waar die voorspelling is dat die kwik vandag tot 31° gaan styg. Kom nou van die jukskeibaan af waar die son ons sommer lekker geroer het.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 25/07/2019 - 03:42

Goeie môre almal wat hier lees.

Vanoggend die eerste keer wat my voertuig 0° wys op die pad wat ek ry.

Tee maak ook weer warm binne vanoggend. Koffie moet eers 'n bietjie wag tot kollega inkom.

Ek het al gesien by sirkus is daar mense wat spykers ens eet. Hier by my op kantoor is ook so 'n iemand. Ons koop nou 12 teelepels en 2 maande later is daar geen teelepel nie. Ek het al 10 teelepes gevat en 'n 3mm gaatjie in die skepgedeelte geboor en dit het ook nie lank gehou nie. Toe het el 4 gevat en 'n 10mm gat geboor en dit het ook nie gehou nie. Ek het myne 'n gleuf in gemaak maar die hou ek by myself. Dit hou darem.

Lepel

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 25/07/2019 - 06:09

More lekke dag vir almal ja nee Stoffel die wat so kollek kry jy ooral die koffie loop soos stroop vanoggend vrede

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 25/07/2019 - 06:53

Goeie môre Stoffel, Shaun en almal wat nog gaan kom groet, julle moet die dag geniet.👍 

Ek vat nou gou vir Adriaantjie skool toe, hy het gisteraand by oupa kom slaap want hy verlang😄

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 25/07/2019 - 07:01

Goeiemôre almal!  Julle moet 'n lekker dag hé! smiley

Ek gaan gou die kinders skool toe neem.

Stoffel, ons huishulp drink weer die Sunlight Liquid en Windowleen. laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus