
Koffie enigiemand?
Môre van nog n stormagtige…
Môre van nog n stormagtige nag hier, en die wind waai nog steeds verwoed. Ek voel al soos n bledie biltong. Hierdie globale verwarming lyk my gaan ons wêreld hier teen die berg in ñ stofgat verander. Waar jy ook al is, geniet die dag.
Byt vas Frikadel
Frik die week word twee weke dan n maand byt vas jy gaan sien hoeveel geld jy spaar met die nie rook nie![]()
Goeie môre almal.....nou…
Goeie môre almal.....nou lekker gelag oor die teelepels wat wegraak.
Môre. Bibberend koud hier by…
Môre. Bibberend koud hier by Eiland Spa vandag waar 'n uiters lae maksimum temperatuur van 24° vir vandag voorspel word.
Môre sê Kampforum Ja Chris…
Môre sê Kampforum
Ja Chris maak ons maar lus ![]()
Geniet jou dag goluit in vrede.
Ek sit met 'n erge…
Ek sit met 'n erge aamborstigheid, sal nie volgende week kan gaan kamp nie, gelukkig nog niks bespreek nie.
Johann, sterkte daarmee. Glo…
Johann, sterkte daarmee. Glo dit sal gou beter word.
As jy dit nou vir 'n vriend van my vertel sal hy sê jy moet vodka drink.
Ek is op my 2de groot bottel…
Ek is op my 2de groot bottel Vitamine C pille, jir die bruis een nie.

Goeie môre oggend vriende. …
Goeie môre oggend vriende.
Amper weer naweek. Koffie is besig om te prutt vir wanneer kolega inkom. Tee is ook lekker.
Lekker dag en naweek vir elkeen
Vrydag jou lekke ding
More forum skink daai koffie / tee dis naweek geniet jou dag verder vrede
Goeiemôre maters! Geniet…
Goeiemôre maters! Geniet die Vrydag en naweek. Aan die pensionarisse geniet die dag! ![]()
Goeie môre kampforum vriende…
Goeie môre kampforum vriende, julle moet 'n lekker dag en naweek geniet.👍
Môre mense, baie bly dis…
Môre mense, baie bly dis amper naweek. Geniet die dag en naweek.
Môre sê Kampforum Dit was…
Môre sê Kampforum
Dit was net 3° toe ek Wijan met sy kortbroek by die skool aflaai.
Geniet jou dag voluit in vrede.
Goeie dag al julle pragtige…
Goeie dag al julle pragtige kamp mense en andere. Ek is nog hier rond en kry net nie altyd tyd om saam te gesels nie. Die werk hou my so 'n bietjie besig ook daarby maar kla nie.
Groete aan almal van julle en hoop die Bokke doen daai ding Saterdag.





Ja, die Hilus se Rooibok…
Ja, die Hilus se Rooibok horings het ook vandag aangegaan, dan is dit 3 grade of kouer.
Vandag 7 dae, 2 ure en whatever minute.