Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -9 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -9 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -9 hours ago

Watter boskaravaan koop ek?

Pretoria
Submitted by rabiel on
Forums

Goeiemiddag almal. Ek is nuut op die forum en die onderwerp was dalk reeds bespreek? Vergewe my asb en adviseer my rakende die volgende asb: Ek en my vrou kamp reeds baie jare, eers in tente en die laaste 8 jaar met 'n Jurgens XT 120 met 'n tent. Ons oorweeg nou om 'n boskaravaan/off-road te koop. Ons toer gereeld, my voertuig is goed toegerus en ons gunsteling bly steeds ons Howling Moon daktent!! Die basiese kriteria vir die koop is die volgende:

1-Dit moet 'n karavaan wees, nie weer sleepwa met tent nie. 2-Moet geskik wees vir grondpad, "off-road". 3-Slaap twee mense. 4-Moet kan opslaan in 10 to 15 minute. 5-Moet 270 grade "awning" hê. 6-Kan funksioneer op beide 220v en 12v. 7-Vakmanskap moet uitstekend wees. 8-Billike pakplek. 9-Ingeboude kombuis en yskas. 10-Klein maar nie onprakties nie. 11-Moet lugversorger kan vat.

Stort en toilet is opsioneel, verkieslik nie binne die karavaan nie. Beide die Bushlapa Vlooi en die Conquerer UEV-14 is reeds op ons huidige kortlys maar ons wil graag ook 'n paar ander opsies oorweeg asb. Voorgemelde sal jul 'n goeie idee gee van wat ons behoeftes is. Ons probeer so lig moontlik kamp en oorweeg dit nie om soms van die aardbol af te verdwyn nie.

Enige ander voorstelle en advies asb?

Groete,

Leon Rabie 

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus