Deel met die Kampform wat julle gesien het of gekry het.

⚠ALERT⚠
JUST IN
⚠ALERT⚠
* Lower Sabie rest camp is on high alert as Sabie and Sand river flow is increasing.
* Phabeni - the bridge was flooded again last night.
* Crocodile Bridge is currently open, but expecting more water to come down and there is a high possibility the bridge will flood please plan to enter and exit the park via Malelane Gate.
* Low level bridge outside Skukuza closed.
* Tshokwane road closed.
* It is also raining heavily outside the north of the park.
Source : SanParks
Wildtuin is nat
Middag Willem
Dankie man, dit lyk rof in KNP. Dit is omtrent 'n bo-nauurlike jaar wat reën aanbetref.
Dit kan mens onkant vang as mens nie betyds die waarskuwings kry nie.
Groete
Gariep Dam op 123%
Met Gariep Dam op 123% vanoggend, het die watervlak in die karavaan park oornag merkbaar gestyg en die karavaan park is nou heelwat kleiner. Hier is 'n paar fotos wat ek netnou geneem het.


Wolkkombers oor SA
Wat ń mooi gesig.
Hele Oostelike helfte van die land is toe onder ń wolkkombers.
#EUMETSAT #SAWX

Hi Willem, ons het nou die…
Hi Willem, ons het nou die dag op staanplekke 60 gestaan en was nog droog gewees met die water vlak omtrent 3m onder die wal en nou moet jy koets of is dalk nat
Johan - Lapskag
Ja daai onderste staan plekke is altyd onder water as die dam vol is. En staan gewoonlig bo, maar gewoonlik net oorslaap.









St Lucia mond
Nou kan die krokodille weer in die see gaan swem. Ek het ‘98/99 by ‘n lodge naby Charters Creek gewerk op die Westelike oewer van die meer, reg waar die 16km kanaal (estuary) begin wat die meer met die see verbind. Toe was die mond oop, en die waterlewende diere het vrylik tussen see en meer beweeg.
Dit was ‘n vrek interessante plek; seekoeie, krokodille, haaie en ander see- en varswater visse in die kanaal en die meer, en krokodille in die see. Ons het tot een op die strand gesien by Cape Vidal!
Twee mense is ongelukkig ook gedood deur krokodille terwyl ek daar gewerk het. ‘n Vrou wat vis gevang het in die meer naby Cape Vidal, en een wat saam met haar ou geswem het naby die mond in die rivier tydens ‘n partytjie in die aand.