Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -6 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -11 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -12 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -13 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -14 hours ago

Strydoms in KNP 2021

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
More vriende, soos reeds genoem is ons bespreek in die Kruger van 11 Julie tot 19 Julie. Na gisteraand se Voetspore program het ons terstond besluit om sommer ook in Swadini oor te bly. Dit is die Aventura oord onder in Blyde canyon. Ons gaan elkgeval die wildtuin in by Orpen hek vir 1ste aand in Maroela kampie. Die 2 aande in Swadini kos my maar net R500 in totaal.
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 24/06/2021 - 08:49

More Len

Ek gaan jou hier antwoord, anders besoedel ons Chris S se draad.

Die probleem met ompaaie is nie of my trokkie en boswa dit kan doen nie, maar veel eerder of die ompaaie deur veilige gebiede gaan. Deesdae is mens nie eers seker van 'n onbelemmerde deurgang op ons hoofpaaie nie, wat nog op landelike paaie.

As mens ingedagte hou die ervaring van Chris B toe hy sy vrieskas bedrading moes laat regmaak op Louis Trichardt, dan is ek vreeslik kieskeurig waar ek wil ry. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 25/06/2021 - 12:48

Middag vriende

Ek het vanoggend ons malaria-pille gaan haal by die apteek. So dus ook gedoen. Ek skrik nie vir Vigs nie, maar malaria en Covid wel. Ek kan myself vrywaar teen eersgenoemde, maar die ander twee bekruip 'n mens ongemerk.

Ek het Malatec gekry, mens begin dit drink 1 aand voor jy gebied ingaan, dan elke dag, en vir nog 7 dae nadat jy uit die gebied is.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/06/2021 - 13:25

Ons het net voorsorg getref dat die muskiete ons nie byt nie. Deeglike aanwending van hetsy Tabard of Peaceful Sleep room. Ons doen dit ook hier by Eiland. Ek en Ralie gaan gewoonlik in die laatmiddag (ongeveer 16:30 - 17:00) stort. As ons daarvandaan terugkom laat waai ons met genoemde middels.

Toe ons November in die wildtuin was het ek ook Malateq gebruik plus afweermiddels. Ralie word egter baie naar van Malateq en het slegs die afweermiddels gebruik. My persoonlike ervaring is dat sitronella-olie en die hond se agterkant bykans dieselfde is. Muskiete vlieg draaie om Ralie om my by te kom. Sitronella-olie lyk vir my of dit eerder muskiete na my toe aanlok. "Touch wood", maar sedert ons op 30 April in die Laeveld arriveer het, weet ons nog nie van muskietbyte nie.

Mense wat ons in Punda ontmoet het met ons onlangse verblyf het beide malaria in Punda opgedoen.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 25/06/2021 - 15:47

Wessel, ons speel ook maar altyd veilig en het getrou ons Mozitec gedrink  -  gelukkig het nie een van ons newe-effekte gehad nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 26/06/2021 - 13:00

Middag vriende

Ek het darem reggekry om die LEd lig se haardun draadjies aan 'n 30 amp BH-prop te koppel. Wat 'n gesukkel vir 'n onhandige ou.

Ek het eers 'n primere lus van dik koperdraad gemaak om in die BH se koppelinge vas te klem, en sommer soldeer ook. Die dun draadjies is toe versigtig weer daaraan gesoldeer. 

Die moeilikste deel was om daardie koppelinge in die BH in te druk, tussendeur die plastiek en metaalplaatjie, totdat in posisie klik. 

Na 'n gesukkel, brand die liggie, ewe met keuse tussen wit en geel lig. Ek is nou so lus vir die wildtuin, ek kou sommer 'n malaria pil, en sluk dit met 'n bier af.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 26/06/2021 - 13:59

Mooi so Wessel. Dis tog lekker om selfs iets te doen/maak. En al die voorbereidings maak mens net meer lus vir die toer. Ek leef nog in geloof dat ons en julle wel sal mag gaan. Ek glo die regering besef dat nog ‘n streng inperking die ekonomie te veel gaan seermaak. Blykbaar is dit in elk geval te laat daarvoor, want die mense wat tans positief toets het al ‘n tyd gelede aangesteek. Die statistieke is dus ‘n week tot 10 dae agter, en die kruin is reeds bereik. Laat my maar toe om te rasionaliseer, en hou saam duim vas dat ek reg is.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 26/06/2021 - 14:03

Veels geluk met jou elektrisiën-takie Wessel, jy vorder goed !

Hoe is julle program na die eerste nag by Maroela ?

Ns.  Onthou by Maroela moet jy redelike lang kragkabels hê  -  die kragpunte is maar swak beplan en uitgelê.  En, as jy by die mansablusie ingaan en jy val bo-oor 'n simpel trappie vir geen sinvolle rede nie, dink dan aan my wat elke keer wat ek die badkamer besoek het, daaroor geval het !

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 26/06/2021 - 16:08

Middag vriende

Soos reeds genoem, ons begin met 2 aande in Swadini, en dan

Maroela -11 Julie  

Balule: 12-17 Julie

Skukuza: 17 - 19 Julie

Berg en Dal: 19 Julie en volgende oggend uit met N4, huistoe

Ek sal hard probeer om die trappie te onthou.

 

0
pretoria

pieterc

Sat, 26/06/2021 - 20:28

Twee weke klink dalk lank, maar voor jy jou oë uitvee is dit tyd om te haak. Dit klink darem asof julle voorbereidings in plek is.

Sluk maar die malaria pil met n bier, maar sonder om dit te kou. Jy kan dalk net sooibrand kry.........

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 27/06/2021 - 08:54

... as ek na jou reisbeplanning vir die wildtuin kyk, lyk dit na 'n knap program. Lekker om vooruit te sien na 'n vakansie. Geniet!!!

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 08/07/2021 - 12:33

Middag vriende 

Die groot Pak-dag het aangebreek.  Wa staan voor huis, ekke moet die groot goete pak, die trokkie en beterhelfte maak nog kosse om saam te neem.

Ek dog die vleise, wors en brood is die kos, maar toe nie. Daar moet allerhande groente en sydisse saamgaan, arme eseltjie gaan wee brul!!!

Hopenlik laat my kommunikasie tegnologie en die internet sein toe, sodat ek darem periodiek kan gesels hierso.

More sleep ons tot Swadini, en dan Sondag verder tot in Maroela.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 08/07/2021 - 12:54

Wessel dit is mos nou lekker man, lekker klaar pak en veilig sleep. 

Hou ons asb op hoogte met die deur ry van Gauteng, hoop nie jy deel vanaand 'n sel saam zumpies niewink

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 08/07/2021 - 17:09

Naand vriende

Nee, ek gaan moeilikheid vermy.

Ek ry van Brits af, Assen, Koedoeskop, dan voor Mabalingqwe verby tot in Warmbad. Daarvandaan N1 tot voor Pietersburg.

 

Groete

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 08/07/2021 - 17:55

Wessel, ek dink dit is 'n wyse besluit, ek lees net vanoggend dat jagters nou toegelaat word om deur Gauteng te ry. Dit sê vir my ander "deur" reise is taboe.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 08/07/2021 - 19:25

geniet Wessel! Ons sit nog teen alle hoop in en wag dat die Prez die grense weer oopmaak dat ek uit Centurion pad kan vat Scotties toe :( Maar met die syfers wat hulle is dink ek dis nog 'n jaar by die huis...

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 09/07/2021 - 06:21

Ek dink ook dis ‘n wyse besluit om Gauteng te vermy. Ons het gister net voor Laingsburg en voor Beaufort-Wes standaard padblokkades gehad waar lisensies nagegaan word. By Beaufort-Wes het hulle ons nie eers gestop nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus