TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -3 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -5 hours ago

Ford en ratkaste

Brackenfell, Weskaap
Submitted byLen Loader onFri, 09/07/2021 - 10:31

Ek wil nie graag 'n bek-geveg begin nie, maar wil tog graag sinvolle kommentare oor die onderwerp verneem.  Ek is nie van plan om my Nissan Pathfinder te vervang voor ek my karavaan-kamp-skoene oor 'n klompie jare ophang nie, maar ek dink dikwels daaraan wat sal ek doen as my P/F gesteel of om een of ander rede vernietig word.  Ek wil graag steeds 'n SUV hê en hou baie van die Ford Everest en die Toyota Fortuner.  My dogter en haar gesin het 'n Ford Ranger 3,2 diesel en my seun en sy gesin het 'n Fortuner, V6 petrol.

Op sosiale media lees 'n mens dikwels van Fords met ratkas probleme, maar in die onlangse verlede het ons hier op ons forum ook van Ford ratkas probleme verneem.

  • Ek weet Koos Mol ry 'n Ranger 3,2 en is tot vandag toe baie tevrede, maar hy het eendag in die Wildtuin met sy Ranger se ratkierie wat losgekom het, in die hand gesit
  • Ons ken almal Willem se Ford Terry se duur ratkas herstelkoste
  • So-pas verneem van ChrisWH (oppad Wildtuin toe) se Ford Everest se ratkas wat oorverhit het en olie-druppels onderaan die onderstel
  • My dogter en skoonseun se Ford Ranger staan nou al vir twee weke waar die voorste deel van die "transfer casing" vervang moet word as gevolg van 'n ernstige olielek. Hierdie Ford het maar 40 000km op die klok

Al die Fords hierbo sleep karavane.

Is dit wel 'n algemene probleem dat Fords ratkas-probleme ontwikkel as gevolg van karavaan-sleep ? 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 09/07/2021 - 10:48

Len, ek glo nie so nie.

In my geval het my Territory die ZF ratkas en hoekom hy probleme gegee het is baie ongewoon want ek is op 2 RSA fb groepe en ook 2 Auz. fb groepe en nog nooit het ek klagtes gekry van ratkas probleme nie.  Daar is ook baie ander voertuie wat die ZF ratkaste in het, BMW, Merc, Bentley, Ford ens.

Aan die anderkant van die munt is dit algemeen dat Ford produkte deur die publiek meer gemerk word as daar 'n probleem is, beslis meer as ander motor produkte.

🤷‍♂️

Vaalpark

Johann L

Fri, 09/07/2021 - 10:55

Dit laat 'n mens notal dink, ek het in die jare 80's 'n Granada gehad en moes twee keer die ratkas oop maak. Dit is ook dan een van die redes waarom ek aandring dat my voertuie se ratkas olie gereeld vervang word, veral die Kia wat outomaties is, en die karavaan sleep.

Gereeld soos in elke 100 000 kilometer, of, as dit warm geword het. Dit was nog net een keer nodig met die Kia. Die Corsa se ratkas olie is al twee meer vervang op kilo lesings. Die Hyundai staan jou eers op 36 000km.

Durban

Jan Meyer

Fri, 09/07/2021 - 11:53

Ons maatskappy het tot en met verlede jaar altyd Ford Rangers gehad en het slegs op een 'n turbo probleem gehad.  Verlede jaar het iemand die besluit geneem om die Ford floot met Isuzu DMax te vervang. 

Sovêr het 5 van die Isuzu's ratkas probleme voor 40000km. Daar staan nog Isuzu's met probleme by die handelaar waar ons die voertuie diens en hulle wag vir nuwe ratkaste. 

Ons voertuie sleep niks en van hulle dra min of geen vrag nie. 

Sal interesant wees om te hoor van die wat probleme met ratkaste ondervind hoe hulle die ratkaste gebruik wanneer hulle sleep. 

Byvoorbeeld sleep hulle met spoedbeheer kontrole of  nie.  

 

Dink mens moet verstaan dat mens slegs negatiewe stories lees op web blaaie, niemand bodder om iets goed te skryf nie! Willem is reg wat sy Terri aanbeterf, dis maar een van daai dinge gewees. My Terri se ratkas was nie die ZF ene nie maar het ook nooit probleme gehad nie. My 2de 3.2 Ranger (outomaties) wat staan op 20 000 km het ook geen probleme nie. Die Ford 6 spoed soos tans in die Ranger/Everest 3.2 en 2.2 modelle is 'n ZF ontwerp wat onder lisensie deur Ford vervaardig word, die nuwer 2.0 modelle wat die 10 speod kas het s'n is 'n gesamntlike ontwerp deur Ford en GM as ek reg onthou. Mens hoor wel van tyd tot tyd van probleme, maar dan so ook by enige vervaardiger? Ek dink nie mens kry meer regtig vrot ontwerpe nie?

Worcester

Wildehont

Fri, 09/07/2021 - 23:17

Dit was nie agv normale karavaan sleep nie. Sowat van ‘n wind het ek nog nie in my sewe jaar in Worcester gesien nie, en ons ken wind. Die fout wat ek gemaak het, is om nie die overdrive afgeskakel te hou toe ons die wind van voor gekry het nie.
 

Dit het ‘n te groot las geplaas op ‘n rat met ‘n kleiner as 1:1 verhouding, en is waarom die olie te warm geraak het. Dank die Vader dit het net 10km voor Victoria-Wes gebeur, want die naaste Ford agente weerskante daarvan is Worcester en Kimberley. Gelukkig het ek nie ver so gery nie, anders het dinge dalk baie lelik (en duur) geëindig.
 

Ons het vandag net oor 600km ver gery, sonder wind en sonder enige probleme. Inteendeel, ek het baie lekker gesleep vandag. Ek hou duim vas dit duur so voort. Ek het my lees geleer en sal nie die Everest weer so martel nie. 

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Sat, 10/07/2021 - 09:26

nPaar jaar gelede het ek vir n ratkas maatskappy gewerk as diagnostic technician, ek het honderde voertuige getoets en onder andere die Ford Ranger 3.2 auto en die 2.2 Auto. Die manual voertuie net so dan en wan. Het ook baie kursusse bygewoon by Ford en ook Hyundai.

Daar is baie vrae gevra oor hoekom die ratkaste, "Diffs en Propshafts" so baie probleme gee. Wat ek wel hier kan noem is, n Auto ratkas en Diff se olie moet na werklikheid elke 50,000 km geruil word, omdat hy harder werk as n manual ratkas, ek kan dit nie insien nie maar ok dit is wat die groot manne se, so ook moet n manual ratkas en diff se olies elke 70,000 km geruil word, maar dit geld net vir persone wat baie sleep of swaar goedere laai, sou jou voertuig nooit iets sleep of laai nie kan die Auto op 70,000km en Manual op 90,000km geruil word, dit geld vir Ratkas en Diff.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 10/07/2021 - 10:05

By ZF het hulle ook gesê dit is goed om die olie op sê so 100,000km te vervang.  Dit verstaan ek glad nie want in die werkswinkel (pdf) manual en die my voertuig handleining word gesê jy diens, vervang eers die olie sou daar ratkas probleme wees.  Wonder hoekom beveel die handleinings dan nie 'n diens of olie ruil aan nie ?

Dit is glo so op die ander fabriekate ook ?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 10/07/2021 - 10:41

Olievervanging :  Ek moet sê, om die olie in jou ratkas en ewenaar op 100 000km te vervang, kan tog net meer goed as skade doen  -  dalk onnodig, maar tog 'n veilige gebruik.  My P/F is nie outomaties nie, staan nou op 104 000km en het al 35 000km die Exclusive gesleep.

Ek gaan dadelik die ratkas- en ewenaar-olie van die P/F laat vervang.

In die oue dae het outomatiese ratkaste altyd oorverhit tydens sleep.  In daardie dae het slepers dan 'n spesiale ratkas-verkoeler geïnstalleer om die probleem te oorbrug.  Ek het nog nooit met 'n outomatiese ratkas gesleep nie en het ook nog nooit 'n oorverhitting probleem gehad met die enjin of ratkas nie.  Ek het ook al meer as eenkeer in erge hitte en windstorms van vooraf gesleep en verstom my altyd aan die P/F se enjin-temperatuur, altyd sonder uitsondering, konstant.

Worcester

Wildehont

Sat, 10/07/2021 - 14:05

Al die praatjies het my onrustig gestem, toe het ek vanoggend ‘n derde mening ingewin oor my ratkas wat oorverhit het. Die werktuigkundige het bietjie olie afgetap. Die olie is skoon, die regte kleur en ruik nie gebrand nie. Hy het ook die vlak nagegaan en sy diagnostic rekenaar ingeprop. Hy is ook van mening dat dit veilig is om verder met die olie te ry. 
 

Pierre Nolte (my uitstekende werktuigkundige in Worcester) het ook vanoggend vir my gekyk; die Everest se ratkas olie word volgens Ford se voorskrifte elke 200 000km vervang. Nou kan ek met ‘n rustige gemoed verder sleep, en net die les wat ek geleer het oor die gebruik van vyfde rat toepas. Ek dink (weet) ek was gelukkig omdat ek net omtrent 10km ver gery het nadat die waarskuwingsliggie aangekom het en voor Ford in Victoria-Wes die voertuig nagegaan het. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 10/07/2021 - 15:01

Chris, baie bly jy het nou gemoedsrus.  Kuier nou verder lekker daar in Potch want die Wildtuin-tyd is nou letterlik om die draai !

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sat, 10/07/2021 - 18:02

Ek kan net noem wat met my 2005 Pajero Auto gebeur het.

Die ratkas olie was elke 60 000km gedreineer en geruil....nie geflush of filter vervang nie. Mens haal die dipstick aff en dreineer daar. So, 40% bly agter. Dit is wat die diens schedule sê wat gedoen moet word.

Toe op 330 000Km besluit ek om die filter te vervang en die olie uit die stelsel te "purge". n' Mitsubishie ratkas deskundige het my teen dit gewaarsku en het gesê 60% van mense wat dit gedoen het die ratkas daarna geseize. Ek glo hom nie en doen dit. 3000Km later seize die auto ratkas solid in derde rat.

My nuwe 2015 Pajero het GEEN ratkas olie ruil in die diens schedule nie. Dit bly in die ratkas vir die lewe van die ratkas. Daar is net n' inspeksie met elke diens.

Ek sleep in sport mode in in 4x4 High.

Middag vriende

Iets is nie lekker met Rangers nie. My buurman in Balule moes sy Ranger op 'n platbed laat kom haal, en 'n ander bakkie is van Ogies vir hom gebring. Dit klink of sy "head" gekraak het. 

Ook het ek die afgelope week gehoor van iemand op die dorp wat se Ranger binne 30 000km ratkas probleme gegee het. dit wil voorkom od dit meer gebeur met die 3.2 modelle. Ook het dit nie altyd iets met sleep te doen nie.

Ummm..die head het niks met 'n ratkas te doen nie? Sien op byna elke voertuig forum dat byna elke model van elke vervaardiger een of ander probleem het. Dit skep vinnig die indruk dat daar 'n algemene "probleem" is. ongelukkig is dit ook so dat die forums meestal ook gerig op probleme is, effe vervelig om oor goeie ervarings te skryf? Wat die 2.2 en 3.2 modelle aanbetref gebruik hulle presies dieselfde ratkas (in outo 'n 6-2poed wat 'n ZF ontwerp is en onder lisensie deur Ford vervaardig word (die vorige Mustangs asook F150 ens. het die ook gebruik). Die nuwe 2.0 modelle gebruik 'n 10-spoed wat gesamentlik deur Ford en GM ontwikkel is en ook nou deur byna alle modelle (F150, Mustang, ens.) gebruik word. Waarna mens regtig moet kyk is die werklike falings syfers, uiteraard sal daar wel falings fees maar wat saak maak is hoeveel? Ek is ook "gewaarsku"  destyds met my twee Jeeps oor al die enjin en ratkas probleme wat ek sou kry....albei op rondom 140 000 km ingeruil met geen probleme nie, tans op my 5de Ford (2 kleinsus s'n, Ka en Figo, en myne, Territory en nou 2de 3.2 outo Ranger) en geen noemenswaardige probleme nie ingesluit die Terri...Lankal geleer  dat daar nie regtig swak voertuie is nie, die wat wel swak voertuie verkoop hou nie lank nie? 

…..die bestuurder.

Ek is nogal verbaas oor die mededeling van die Isuzu's boontoe. Ek was baie gelukkig en tevrede met my ou 1997 model. Dit het weliswaar 2 koppelaars verorber in sy lewe van 210 000km by my. Volgens ouwyfse fabels was dit glo 'n negatiewe kenmerk van daardie modelle.

Soos ek al op ander geleenthede en drade genoem het, ek glo daaraan dat 'n voertuig se snelratte vermy moet word vir harde werk. Die afgelope vakansie willetuin toe, het ek byvoorbeeld van Nelspruit af terug, tot by Milly's padstal selde in 5de rat gery. Dit was meestal 4de en selfs tot in 3de rat.

Heeltemal korrek Wessel, een ou se ratkas breek en skiellik breek almal van daai model s'n. Ek glo soos jy dat mens nooit 'n ratkas of enjin hard laat werk nie, en dus sleep ek altyd in die rat wat die naaste aan 'n 1:1 verhouding is. Ratkas en enjin wat nie onnodig hard werk nie is ook nie geneig om te oorverhit nie en is dus 'n gelukkige ratkas of enjin! 

Centurion

Voortrekker

Mon, 26/07/2021 - 09:03

Daar is dalk verskillende tipe mense.  Party meer tegnies en meganies en wat sekere dinge kan verstaan rondom sluitasie en oorverhitting en koppelaars en remskoene -  sulke tipe mense benader en hanteer moontlik 'n engine en ratkas ens met meer respek?

Die ander tipe, dalk minder tegnies en meganies mag moontlik nie dink aan sluitasie ens wanneer hulle in 'n voertuig inklim nie en sien net die stuurwiel, pedale en verrigtinge van die voertuig raak.

Ek sien myself as 'n meer tegniese en meganies persoon en ry glad nie voertuie hard nie (net partykeer devil)  'n Mens kan mos aanvoel wanneer dinge mooi rustig en reg loop, op die optinmale punt en balans tussen beste lewering en lewenstyd?      

Of dink ek nou te diep daaroor? smiley

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 26/07/2021 - 09:43

My ou storietjie oor die sleep van karavane met my sleepvoertuie se ratkaste is al holrug-gery, maar hier is dit weer : ek sleep al karavane sedert 1969 (dus 52 jaar) en onder my sleepvoertuie tel Fords, Toyotas, Mercedes' en Nissans en die sleepgoed wissel van 'n ligte karavaantjie met 10" wiele tot by my huidige  2-ton Exclusive  -  toegegee, almal was handratte en ek het nog nooit met 'n outomatiese ratkas gesleep nie. 

Ek het nog nooit met een van my voertuie ratkas-probleme gehad nie en ek aanvaar ek doen darem seker iets reg.  My gebruik is om bekend te wees met my sleepvoertuig se maksimum wringkrag en nooit in 'n rat te sleep waarvan die enjin-revolusies laer as dit daal nie.  My Pathfinder se maksimum wringkrag is by 1900 rpm en op 2000 rpm skakel ek  veiligheidshalwe al oor na 'n laer rat.  Teen 110 kpu  op 'n gelykpad sleep ek maklik in 6de rat met die enjinrevolusies bo 2000 rpm, maar as ek 100kpu ry, moet ek afskakel na 5de rat om die enjinrevolusies bo 2000 te hou.

Ek is geen kundige op die gebied nie, maar met die verskeidenheid sleepvoertuie en karavane het hierdie metode sy nut bewys deurdat ek nog nooitv 'n ratkasprobleem gehad het nie.

Ek gaan hopenlik binnekort oorslaan na 'n outomatiese turbo diesel trokkie. Ek het reeds besluit om dit handrat te ry in die berge, teen heuwels en kop-winde. Ek wil die snelratte[kleiner as 1 verhouding] liefs vermy.

Ek is nogal bekommerd dat dit helwat aanpassing gaan verg, Nadat ek tot hede meestal met petrol handrat voertuie gesleep het. Dit is nou behalwe die Territory wat in sy eie klas was.

Eseltjie het net een probleem gehad, sy koplampe het losgedraai, soos dit petrolpompe gesoek het.laugh