
Moddergooi
Watchet, die is my terrain en gaan julle groot 5 met modder gooi!!
Nou kan ek ook sê ek het al…
Nou kan ek ook sê ek het al die groot vyf gesien! ![]()
Nou het ek lekker gelag,…
Nou het ek lekker gelag, waar kry jy die goed of toor jy dit self op???
Prentjies
Johann, prentjies kom van oral op internet, Ek het so paar plekke waar ek aflaai, meesal vir besigheid ontwerpe, maar gooi die goed se name by soos Ek dit sien! Mens moet maar bietjie humor êrens inbring. Het so 120 smileys reeds verwerk! Ek kan nie meer self teken, so ons ploeg maar met ander mense se kalwers!
ander
Groot 5 sien
Willem ek hoop julle gaan die groot 5 sien daar in die willetuin
So gepraat
So gepraat van groot 5 het hulle gesien maar een dier wat ek graag wil sien is n wilde hond
Wilde hond
Sleep nou ons kan altyd n mak een lekker wild maak vir jou ![]()
Sal nice wees dassie
Dassie ek byny almal wat n wilde hond sien maar my beurt gaan kom my voksie is so wild sy hardloop hek toe en terug en slap dan res van die dag
Ek was so lanklaas in die…
Ek was so lanklaas in die Wildtuin - sal maar hier kom kyk.
Oom Sleep, dink daar is iets…
Oom Sleep, dink daar is iets fout met die wille honde in die willetuin. Was so week gelede in by KNP vir die dag. By die hek waar mens betaal vra die bestuur groot asseblef op n plakaat dat as enigiemand wille honde sien om die posisie aan te teken en hulle te verwittig, ook fotos te neem as moontlik.
Gesie....
Gesie, daar is niks fout met die wildehonde in die Kruger Wildtuin nie. Hulle is wel baie skaars en 'n bereigde spesie, slegs 160 volgens my jongste sensussyfer van 3 jaar gelede en omtrent 20 troppe. Daar was wel 'n spesifieke siekte 'n jaar of twee gelede wat een hele trop heeltemal uitgewis het. Daar word elke paar jaar 'n opname gedoen waar toeriste versoek word soos wat jy opgemerk het om die getalle tussen sensusse te monitor.
My laaste twee jaar se besoeke aan die Wildtuin het elke keer wildehonde opgelewer en so ook vir drie afsonderlike groepe vriende van ons tydens hul onlangse besoeke aan die Wildtuin.
Hieronder is een van ons Mei 2018 se brakke, sommer met die intrapslag vanaf Phalaborwa-hek, 10 minute nadat ons deur die hek is ! Dit was ons heel eerste diere wat ons gesien het, selfs voor die eerste rooibok !
Dis soos Len
Ou geesie dis soos Len se hulle is maar skaars maar vatbaar vir siektes glo hulle sal weer uitbrei ek saal nog my beurt kry om een dalk 10 in lewende lewe te sien
'n Wildehond eet seker enige…
'n Wildehond eet seker enige iets wat voorkom. Hulle lyk vir my genadeloos op die diere kanale. Ek dink mens moet banger wees vir hulle as vir 'n leeu. Wat sê jy, Len?
Ja Freda....
Ja Freda, wildehonde is gedugte jagters, altyd in groepe en begin al aan hul prooi vreet nog voor dié behoorlik dood is. Maar vroegoggende is hulle as 'n groep baie spelerig totdat dit jagtyd word, dan is hulle gefokus op hul prooi. Daarna is dit 'n lui slaaptyd soos op die foto hieronder.

Dankie oom Len, oom Sleep,…
Dankie oom Len, oom Sleep, bly dit is nie ernstige probleme vir die wille brakke nie, en ek dink dit nogal goed dat die bestuur, mense so betrokke probeer maak.
Mooi kiekies van die brakke oom Len.










Groot 5 liefhebbers!
Dis 'n groot 5