So na n roetine ondersoek by Groen Kloof hospitaal (Little Cump of Mary )hoop spelling is reg hoor my ma sy het agresiewe kanker beide haar borste spesialist het ons en my ma verduidelik pad vorentoe so die 6 Jullie neem hulle haar op en 7 Julie verwyder hulle beide die borste en dan n reeks van bestralling wat volg n harde pad wat volg vir maar my ma se bring it on sy gaan 100 jaar oud word en haar kleinkinders nog lank geniet sy is n vrou wat van yster gemaak is ken jy ook n vrou van yster
My moeder is n yster ...
Sterkte daar Shaun met jou Moeder, glo als sal goed gaan met die operasie en herstel proses. 🙏🙏🙏
Ai Shaun, baie sterkte vir…
Ai Shaun, baie sterkte vir jou ma en almal, ons bid vir haar🙏🙏
Ja, die bietjie wat ek van haar weet, is sy 'n yster👍
'n Pa is ons rol model en ons glo almal ons pa was DIE man, maar 'n moeder is soos 'n knoop, sy hou alles en almal toe en bymekaar.
My moeder lei aan baie vêr…
My moeder lei aan baie vêr gevorderde dimentia. My pa is nou 80 jr oud en hy sorg vir haar en doen al die huis take en kook werk ens. Laas jaar het hulle vir die familie hier bo in Gauteng kom kuier en het toe by my pa se broer in Pretoria gebly. Ons het gereeld daar gaan kuier en dit was vir my baie ontstellend dat my ma by tye nie geweet het wie ek is nie en baie benoud geraak het oor die vreemde man wat langs haar sit en met haar gesels. Nou 7 maande later het sy nog agteruit gegaan - sy onthou ons almal vanuit die verlede, maar tot aangesig ken sy ons nie - selfs my pa is 'n vreemde man in haar huis en ek kry gereelde oproepe waar sy om hulp vra dat ek my pa moet kontak en vra dat hy huistoe moet kom omdat daar 'n vreemde man in haar huis is.
Sterkte Anton
Verseker nie lekker om jou ma so te sien nie Anton sterkte
Sterkte Anton ...
Dis nie lekker nie, sterkte daar vir julle familie.
Anton, dit is hartseer om 'n…
Anton, dit is hartseer om 'n ouer so te sien weg kwyn, my ma is op 66 jaar (26 jaar terug) na 'n lang kanker stryd oorlede, en ons kinders mis haar nog steeds.
My dad is op 91 weg, en al het ons vir daai oproep gewag, was die skok steeds erg.
Na 4 maande
My ma kan na bietjie meer as 4 maande einde November terug gaan na Phalaborwa sy basies klaar met haar chemo pille wat sy sluk en na 5 operasies is daar goeie vordering so so dankbaar tog ek deel met julle
Baie goeie nuus
Al my ma se steke en drein pyp kom uit nou donderdag sy klaar met chemo pil sluk siklus en dan volgende vrydag kan sy na 5 maande terug gaan Phalaborwa toe ons familie so so dankbaar
Strength Sleep
I think I can speak for everyone here, we all hope it all goes well for you & mum.
Shaun, dit is verblydende…
Shaun, dit is verblydende nuus, sterkte vorentoe🙏
Donderdag 11/10/2022
Al my ma se steke is uit sy baie verlig en ons ook wonde lyk baie beter sy gaan die 24 November terug na kanker afdeling hulle weer n toets of so iets doen dan kan ek haar weer Phallas toe vat dis n berg van ons skouers af ![]()
Sy is skoon
Sy is skoon volgens uitslae weeg tans so 45 kg min hare maar sy is n vegter het laaste twee naweke by haar gekuier NB: Koester julle geliefde more kan dit dalk anders wees
Shaun, ons is baie dankbaar…
Shaun, ons is baie dankbaar vir haar genesing🙏
Dankie Johann Wessel en
Dankie almal vir julle omgee ja God is groot





Baie sterkte vir jou moeder…
Baie sterkte vir jou moeder Shaun. Omdat borste so 'n groot deel van vrou wees is moet dit bitter moeilik wees vir 'n vrou om hulle te verloor. EK is bly om te hoor dat sy so positief is.